"Die ou appèlle na rassistiese, seksuele en geloof chauvinisme,
na mal nasionalistiese geesdrif het begin om nie meer te werk nie."
Die besigheid oor wie ek is en of ek goed genoeg is, of sleg is, of ek dinge bereik of nie,
dit word alles aangeleer met die tyd.
Dit is net 'n reis
en ons kan dit enige tyd verander as ons wil.
Dit is net 'n keuse. Geen moeite, geen werk, geen gespaar van geld nie.
"Ek het agtergekom ek verstaan die speletjie verkeerd.
Die speletjie was om uit te vind wat ek alreeds was."
Ons het gesien
hoe baie belangrik dit is
om teweeg te bring, in die menslike psige,
die radikale revolusie.
Die krisis is 'n krisis van bewustheid.
'n Krisis wat nie kan nie, nie meer nie,
die ou norme kan aanvaar nie,
die ou patrone,
en die oeroue tradisies.
En, inagname wat die wêreld nou is,
met al sy hartseer,
konflik,
vernietigende brutaliteit,
aggressie,
ensovoorts...
Die mens
is nog steeds soos hy was.
Hy is nog steeds brutaal,
geweldadig,
aggressief,
hebsugtig,
kompeterend.
En, hy het 'n samelewing gebou
op hierdie beginsels."
Dit is geen mate van gesondheid om goed aangepas te wees tot 'n uiterste siek samelewing. J. Krishnamurti
Samelewing vandag,
is saamgestel uit verskeie instellings.
Van politieke instellings,
wetgewende instellings,
godsdienstige instellings.
Tot institusies van sosiale klas,
alledaagse waardes,
beroep gespesialiseerd.
Dit is vanselfsprekend, wat se diepgaande invloed hierdie tradisionele strukture het
in die vorming van ons insigte en perspektiewe.
Tog, van al die sosiale institusies, waarin ons gebore word,
geredigeer deur en in gekondisioneer is,
is daar geen sisteem wat so maklik aanvaar word,
en misverstaan,
soos die geldstelsel nie.
Dit neem amper godsdienstige status aan,
en die daargestelde geldstelsel bestaan as een van die mees aanvaarde vorme van geloof wat daar is.
Hoe geld geskep word,
die reëls waarmee dit bestuur word,
en hoe dit werklikwaar die samelewing beïnvloed,
is ongeregistreerde belange van die groot meerderheid van die bevolking.
In 'n wêreld waar 1% van die bevolking 40% van die planeet se rykdom besit.
In 'n wêreld waar 34.000 kinders elke liewe dag sterf
van armoede en voorkombare siektes,
en, waar 50% van die wêreld se bevolking leef van minder as 2 dollar per dag...
Is een ding seker.
Iets is baie verkeerd.
En, of ons dit weet of nie, die lewensbloed van ons voorgestelde instellings,
en dus die gemeenskap self,
is geld.
Dus, is die verstaan van hierdie instelling van geldelike beleid
krities om te kan verstaan hoekom ons lewens is soos hulle is.
Ongelukkig, word ekonomiese sake dikwels gesien as onverstaanbaar en vervelig.
Eindelose strome van finansiële jargon, gekoppel met intimiderende wiskunde,
ontmoedig mense vinnig van pogings om dit te verstaan.
Hoe ook al, die feit is:
Die kompleksiteit wat met die geldstelsel geassosieer word, is slegs 'n masker.
Ontwerp om een van die mees magteloos latente sosiale strukture weg te steek,
wat die mensdom nog ooit ervaar het.
Geeneen is meer hopeloos verslaaf as diegene wat valslik glo hulle is vry nie. - Johann Wolfgang von Goethe - 1749-1832
'n Klompie jare gelede, het die sentrale bank van die Verenigde State, die Federale Reserwe-bank,
'n dokument geproduseer genaamd "Die Moderne Geld Meganisme".
Hierdie publikasie bevat die gedetailleerde geïnstitusionaliseerde praktyk van hoe geld geskep word
soos geïnkorporeer deur die Federale Reserwe-bank en die web van die globale kommersiële banke wat dit ondersteun.
Op die openingsbladsy word die dokument se voorwerpsnaam verklaar.
"Die doel van hierdie boekie is om die basiese proses van geld vervaardiging te beskryf
in 'n 'fraksionele reserwe' bankstelsel."
Dit gaan dan voort om hierdie fraksionele reserwe proses te beskryf
deur gebruik te maak van verskeie bank terminologie.
'n Vertaling wat soos iets as volg gaan:
Die Verenigde State van Amerika se regering besluit dit het geld nodig.
So dit laat die Federale Reserwe-Bank weet dit het, kom ons sê 10 biljoen dollar nodig.
Die FED laat weet: " geen probleem, ons koop 10 biljoen se staat obligasies van julle af".
So die Staat vat 'n paar stukkies papier,
verf so paar ontwerpe wat offisieel lyk daarop en noem hulle staatsbank aandele.
Dan heg dit 'n waarde aan hierdie aandele van 10 biljoen dollar
en stuur dit oor na die FED.
In antwoord daarop verskaf die FED ook 'n klomp indrukwekkende stukkies papier.
Maar dié word Federale Reserwe note genoem.
'n Waarde van 10 biljoen dollar word dan daaraan toegevoeg.
Die FED vat dan die note en ruil hulle vir die aandele.
Sodra hierdie ruiltransaksie klaar is,
vat die staat die 10 biljoen in federale reserwe note,
en betaal dit in 'n bankrekening in.
En, sodra hierdie papier note gedeponeer is word dit geld.
So word 10 biljoen bygesit by die VSA se geldvoorraad.
En daar is dit, tien biljoen in nuwe geld is gemaak.
Maar natuurlik, is hierdie voorbeeld 'n veralgemening.
Want, in werklikheid, sal die transaksie elektronies geskied. Met geen papier wat gebruik is nie.
Die feit is, dat slegs 3% van die VSA se geld voorraad bestaan as werklike geld.
Die ander 97% bestaan essensieel slegs op rekenaars.
Nou, Staat aandele is by ontwerp instrumente van skuld.
En wanneer die FED hierdie aandele koop
met geld wat essensieel uit niks uit gemaak is nie,
belowe die staat in werklikheid om die
geld wat dit by die FED geleen het terug te betaal. In ander woorde, die geld is uit skuld gemaak.
Hierdie brein verlammende paradoks, oor hoe geld of waarde
uit skuld vervaardig kan word,
of aanspreeklikheid, sal duideliker word namate ons hierdie oefening verder neem.
So, die ruiltransaksie is gemaak. En nou, is daar tien biljoen dollar in 'n kommersiële bankrekening.
Dis hier waar dit regtig interessant raak. Sodra, gebaseer op die fraksionele reserwe praktyk,
word daardie tien biljoen dollar deposito
dadelik deel van die bank se reserwes.
Net soos alle deposito's.
En, rakende reserwe reëls soos saamgevat in "Moderne Geld Meganismes":
"Moet 'n bank wettige reserwes behou
gelykstaande aan 'n voorgeskrewe persentasie van sy deposito's".
Dit kwalifiseer dan die bogenoemde deur die volgende stelling:
"Onder huidige regulasies,
is die reserwe komponent teen die meeste transaksies 10 persent".
Dit beteken dat met 'n tien biljoen dollar deposito,
tien persent, of een biljoen,
word gehou as die wettige reserwe,
terwyl die ander nege biljoen as 'n buitensporige ekstra reserwe beskou word,
en kan gebruik word as die basis
vir nuwe lenings.
Nou, is dit logies om te reken, dat dié nege biljoen
letterlik kom uit die bestaande 10 biljoen dollar deposito.
Alhoewel, dit egter nie die geval is nie. Wat werklik gebeur, is dat die nege biljoen
eenvoudig uit niks uit gemaak word
bo op die tien biljoen dollar deposito.
Dit is hoe die geld aanbod uitgebrei word.
Soos verklaar in "Moderne Geld Meganismes":
"Natuurlik hulle" - die banke - "betaal nie regtig lenings vir die geld wat hulle as deposito's ontvang nie.
As hulle dit gedoen het, sal geen addisionele geld vervaardig word nie.
Wat hulle doen wanneer hulle lenings maak
is om belofte notas te aanvaar"
- lenings kontrakte -
"in ruil vir krediet"- geld - "teen die krediet nemer se leningsrekening."
In ander woorde, die nege biljoen kan uit niks gemaak word nie.
Eenvoudig omdat daar 'n aanvraag is vir so 'n lening en
omdat daar 'n tien biljoen dollar deposito gemaak is om aan die reserwe eise te voldoen.
Kom ons neem nou aan dat iemand in die bank inloop en
hy leen die nuwe beskikbare nege biljoen dollar.
Dan sal hy heel waarskynlik daardie geld deponeer
in sy eie bankrekening.
Die proses herhaal homself dan.
Daardie deposito raak deel van die bank se reserwes.
Tien persent word dan geïsoleer en 90 persent van die nege biljoen,
of dan nou 8.1 biljoen is nou beskikbaar as nuut vervaardigde geld vir meer lenings.
En dan, kan daardie 8.1 weer uitgeleen word en gedeponeer word om 'n addisionele 7.2 biljoen
tot 6.5 biljoen... tot 5.9 biljoen... ens...
Hierdie geld deposito lenings siklus kan tegnies aangaan tot in ewigheid.
Die gemiddelde wiskundige bevinding is dat omtrent 90 biljoen dollar gemaak kan word bo en behalwe die aanvanklike 10 biljoen.
So in ander woorde, vir elke deposito wat ooit in die bank sisteem plaasvind, kan daar omtrent nege keer daardie hoeveelheid gemaak word uit niks uit nie.
Monetêre-Jitte. Vra vir die mededeelsame Bank van Amerika vir 'n pot
vol kalmerende onmiddellike geld.
G-E-L-D in die vorm van 'n gerieflike persoonlike lening.
So, noudat ons verstaan hoe geld gemaak word deur die fraksionele reserwe bank sisteem.
Daar kan nou 'n logiese tog bedrieglike vraag gevra word:
wat gee die nuut vervaardigde geld waarde?
Die antwoord: die geld wat alreeds bestaan.
Die nuwe geld steel essensieel waarde van die bestaande geld hoeveelheid.
Sien die totale poel van geld word vergroot ongeag die aanvraag na goedere en dienste.
En, omrede vraag en aanbod ekwilibrium bepaal,
styg pryse, en verlaag dan so die koopkrag van elke individuele dollar.
Daar word algemeen hierna verwys as inflasie.
Inflasie is in werklikheid 'n verborge belasting op die publiek.
Wat is die advies wat jy oor die algemeen kry? En dit is, infleer die geldeenheid.
Hulle sê nie: Verlaag die geldeenheid nie. Hulle sê nie verlaag die waarde van die geldeenheid nie.
Hulle sê nie: verneuk die mense wat veilig is nie. Hulle sê: verminder die rentekoers.
Die werklike bedrog vind plaas wanneer ons die waarde van geld versteur.
Wanneer ons geld maak uit niks uit nie, het ons geen spaargeld nie. Tog is daar sogenaamde "kapitaal".
So, my vraag is dan: hoe in die wêreld kan ons verwag om die probleem van inflasie die hoof te bied?
Dit is: verhoog die aanbod van geld met meer inflasie."
Maar natuurlik, dit kan nie.
Die fraksionele reserwe sisteem van geldelike groei is per definisie inflasie gebonde.
So wanneer die geld hoeveelheid groei, sonder dat daar 'n
proporsionele verhoging na die aanvraag van goedere en dienste is,
sal die geldwaarde altyd verminder.
Die feit is, wanneer ons kyk na die historiese waarde van die dollar, gemeet teen die geld hoeveelheid
is die refleksie van die punt
die duidelike inverse verhouding.
Een dollar in 1913 het $21.60 in 2007 nodig gehad om dieselfde waarde te hê.
Dit is 'n 96% vermindering in waarde vandat die Federale Reserwe-bank sy verskyning gemaak het.
Nou, as hierdie werklikheid van oorgeërfde en voortdurende inflasie absurd lyk en ekonomies die punt mis.
Hou vas aan daardie gedagte, absurditeit is 'n versagtende term van hoe die finansiële sisteem werklik werk.
In ons finansiële sisteem is geld gelyk aan skuld,
en skuld is geld.
Hier is 'n grafiek van de Amerikaanse geld hoeveelheid 1950-2006.
Hier is 'n grafiek van die Amerikaanse nasionale skuld vir daardie selfde periode.
Hoe interessant is dit, dat die patroon, feitlik dieselfde is.
Vir hoe meer geld daar is hoe meer skuld is daar.
Hoe meer skuld daar is hoe meer geld is daar.
Om dit anders te stel, vir elke liewe dollar in jou beursie word geskuld aan iemand deur iemand.
Onthou: die enigste manier vir geld om geskep te word is om lenings toe te staan.
Daarom, sou almal in die land al hulle skuld kon afbetaal asook die staat,
sal daar nie een dollar in sirkulasie wees nie.
"As daar geen skuld in die geld sisteem was nie, was daar geen geld nie."
- Marriner Eccles -Goewerneur van die Federale Reserwebank September 30ste, 1941
Die feit is, die laaste keer toe die Amerikaanse skuld afbetaal is was
was in 1835 nadat president Andrew Jackson die sentrale bank toegemaak het wat die voorganger was van die Federale Reserwebank.
Jackson se hele politieke platvorm het essensieel daarom gedraai
om sy verpligting om die sentrale bank toe te maak.
Die punt gestel: " Die pogings wat die huidige bank gemaak het om die regering te beheer... is net 'n voorsmakie van die lot wat die Amerikaanse mense in die gesig staar
sou hulle verlei word in die voortbestaan van hierdie instelling
of, die daarstelling van een soos dit." Ongelukkig was hierdie van korte duur.
En die internasionale bankiers het geseëvier om nog 'n sentrale bank daar te stel in 1913,
die Federale Reserwe Bank. En solank as wat hierdie instelling bestaan
is voortdurende skuld gewaarborg.
Nou, tot dusver het ons bespreek hoe geld in werklikheid vervaardig word uit skuld deur lenings.
Hierdie lenings is gebaseer op 'n bank se reserwes,
en reserwes word bepaal deur deposito's. En deur hierdie fraksionele reserwe sisteem,
kan enige deposito 9 keer sy eie waarde tot gevolg hê.
Op sy beurt, 'n verlaging in waarde van die huidige geld toevoer wat prysstygings tot gevolg het in die samelewing.
En, omrede al die geld uit skuld gemaak is,
en willekeurig versprei word deur die handel,
raak mense los van hulle oorspronklike skuld.
'n Onewewigtigheid ontstaan waar mense geforseer word om te kompeteer vir arbeid
in orde om genoegsame geld uit die geld hoeveelheid te onttrek
om hulle lewenskoste te dek.
So disfunksioneel en omgekeerd as wat alles mag blyk te wees,
is daar nog een ding wat ons uit hierdie berekening gelaat het.
En dit is hierdie element van die struktuur
wat werklik die bedrieglike natuur van die sisteem uitwys.
Die applikasie van rente.
Wanneer die regering geld leen by die FED, of wanneer iemand geld leen by 'n bank,
moet dit amper altyd terugbetaal word teen rente.
Met ander woorde, amper elke enkele dollar wat bestaan
moet uiteindelik teruggaan na die bank met rente daarop betaal.
Maar,
as alle geld geleen word vanaf die Sentrale Bank en deur die kommersiële banke vergroot word deur lenings,
sal slegs waarna verwys word as die "Idee"
vervaardig word in die geld hoeveelheid.
So, waar is al die geld om al die rente te dek wat gevra word?
Nêrens.
Dit bestaan nie.
Die gevolge hiervan is ontstellend,
want die hoeveelheid geld wat aan die banke geskuld word is altyd meer as die hoeveelheid geld wat beskikbaar is in sirkulasie.
Dit is waarom inflasie 'n konstante is in die ekonomie,
want nuwe geld is altyd nodig om die ewige tekort te dek wat in die sisteem ingebou is,
veroorsaak deur die noodsaak om die rente te betaal.
Wat dit ook beteken, is dat wiskundig word wanbetaling en bankrotskap
ook in die sisteem ingebou.
En daar sal altyd arm gemeenskappe wees wat die kort kant van die stok kry.
'n Voorbeeld sal wees 'n spel van 'musikale stoele',
want sodra die musiek stop is iemand uitgelaat.
En dit is die punt.
Onveranderlik word ware rykdom van die individu oorgedra aan die banke.
Want as jy nie jou huislening kan betaal nie, dan vat hulle jou eiendom.
Dit is veral kommerwekkend wanneer jy agterkom dat, nie net is so 'n wanbetaling onvermydelik nie
as gevolg van die fraksionele reserwe sisteem nie, maar ook as gevolg van die feit
dat die geld wat die bank in die eerste plak aan jou geleen het
in die eerste plek nie eers wettiglik bestaan het nie.
In 1969 was daar 'n hofsaak in Minnesota met 'n man met die naam Jerome Daly
wat die terugneem van sy huis deur die bank teengestaan het, wat hom die geld geleen het om dit te koop.
Sy argument was dat die koopkontrak beide partye,
hy en die bank, albei betrek is om wettige eiendom daar te stel vir die transaksie.
In die wetlike taal is dit
konsiderasie ( 'n kontrakbasis. 'n kontrak word bepaal deur die ruil van een vorm van konsiderasie vir die ander.)
Mnr. Daly het verduidelik dat die geld was, feitlik, nie die eiendom van die bank nie.
Dit was gemaak uit niks uit nie die oomblik toe die lenings kontrak geteken is.
Onthou jy wat "Moderne Geld Meganismes" gesê het oor lenings?
"Wat hulle doen, wanneer lenings gemaak word, is om belofte notas te aanvaar in ruil vir krediet".
"Reserwes bly onveranderd tydens die leen transaksie.
Maar deposito krediete veroorsaak nuwe bydraes tot die totale deposito's van die bank sisteem."
In ander woorde, die geld kom nie uit hulle bestaande bates uit nie. Die bank vervaardig dit net, en sit self niks neer nie,
behalwe vir 'n teoretiese aanspreeklikheid op papier.
Tydens die hofsaak het die bank se president Mnr. Morgan ook in die getuiebank verskyn.
En in die regter se persoonlike memorandum, het hy aangedui dat die Eiser - die bank se president - het erken dat, hy in kombinasie met die Federale Reserwebank die geld geskep het
deur 'n inskrywing te maak in die bank se boeke.
Die geld en krediet het eers te voorskyn gekom toe hulle dit vervaardig het, het Mnr. Morgan erken
en dat geen VSA wet of ander wet bestaan wat hom die reg gee om dit te doen nie.
'n Wettige oorweging moet bestaan en aangebied word ter ondersteuning van die Nota.
Die Jurie het bevind dat daar geen wettige oorweging bestaan het nie en ek stem saam.
Hy het poëties bygesê," Net God kan iets van waarde uit niks maak nie".
En hierop het die hof bevind dat Daly se eiendom nie teruggevat kon word nie, en Daly het sy huis gehou.
Die implikasies van hierdie hofuitspraak is enorm.
Elke keer as jy geld leen by die bank, of dit 'n huislening of kredietkaart is,
die geld wat aan jou gegee word is nie net vervals nie, dit is 'n onwettige vorm van oorweging.
Dus, die kontrak om dit terug te betaal is nietig. Die bank het nooit die geld as eiendom gehad nie.
Ongelukkig word sulke wettige realisering onderdruk en geïgnoreer.
En die spel van ewige rykdom oordrag en ewige skuld bly voortgaan.
En dit bring ons tot die uiteindelike vraag:
Hoekom?
Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het President Lincoln die hoë lenings koers lenings omseil
wat aangebied was deur Europese banke en besluit om die roete te volg wat die stigterslede daargestel het.
Dit was om 'n onafhanklike en skuld-vrye geld eenheid daar te stel.
Dit was "The Greenback" genoem.
Kort nadat die stap gevat is, is 'n interne dokument
gesirkuleer tussen private Britse en Amerikaanse bank belanghebbendes wat gesê het:
"... slawerny is maar die besit van arbeid en dra daarmee saam die versorging van die arbeiders,
terwyl die Europese plan... was dat kapitaal sal arbeid beheer deur die beheer van salarisse.
Dit kan gedoen word deur die geld te beheer.
Dit sal nie deug om die "Greenback" toe te laat nie...want ons kan dit nie beheer nie."
Die fraksionele reserwe polis,
voorgehou deur die Federale Reserwe-bank
wat versprei het na die meerderheid van die banke in die wêreld,
is, feitlik, 'n sisteem van moderne slawerny.
Dink daaroor, geld word gemaak uit skuld.
En wat doen die mense as hulle in die skuld is?
Hulle gee hulself oor aan arbeid om dit af te betaal.
Maar as geld alleenlik dan net uit lenings gemaak kan word,
hoe kan die samelewing ooit skuld vry wees?
Dit kan nie en dit is die punt.
En dit is die vrees om bates te verloor, gekoppel met die struweling om by te bly
met die altyd groeiende skuld en inflasie ingebou in die sisteem,
wat vererger word deur die onontkombare skaarsheid binne die geldvoorraad self,
vervaardig deur die rente wat nooit terugbetaal kan word nie,
wat die arbeider-slaaf in plek hou,
al hardlopende op 'n hamster wiel, saam met miljoene ander,
wat in effek die imperiale sisteem onderhou
wat werklik net die elite aan die top van die piramide bevoordeel.
Want, aan die einde van die dag,
vir wie werk jy regtig?
Die banke.
Geld word geskep in die bank en eindig altyd weer op in die bank.
Hulle is die werklike meesters, saam met die korporasies en die regerings wat hulle ondersteun.
Fisiese slawerny vereis dat mense gehuisves en gevoer word.
Ekonomiese slawerny vereis dat mense hulself moet huisves en voer.
Dit is een van die mees vernuftige swendelarye vir sosiale manipulasie wat ooit geskep is.
En in die senter,
is dit 'n onsigbare oorlog teen die populasie.
Skuld is die wapen wat gebruik word om gemeenskappe oor te neem en in slawerny te dompel,
en rente is die hoof ammunisie.
En, soos die meeste onbewus van hierdie realiteit voortgaan
gaan die banke kop in een mus met die regerings en die korporasies
om hulle taktiek te vervolmaak en uit te brei vir ekonomiese oorlogvoering,
die kuit-skiet van nuwe basisse, soos die Wêreld bank
en Internasionale Monetêre Fonds (IMF),
terwyl hulle 'n nuwe tipe soldaat daar stel.
Die geboorte van die ekonomiese sluipmoordenaar.
Daar is twee maniere om 'n nasie in slawe te verander. Die een is met die swaard. Die ander is deur skuld.
- John Adams - 1735-1826
Ons, die ekonomiese sluipmoordenaars, is regtig verantwoordelik vir die daarstelling van die eerste globale empiriese stelsel
en ons werk op baie verskillende maniere.
Maar miskien is die mees algemene manier dat ons 'n land sal identifiseer wat hulp-bronne het wat ons korporasies begeer, soos bv. olie
en dan, reël ons 'n groot lening vir daardie land vanaf die Wêreld Bank of een van die se suster organisasies.
Maar die geld gaan nooit regtig na die land toe nie.
In plaas daarvan gaan dit na ons groot korporasies vir die bou van infrastruktuur-projekte in daardie land.
Kragsentrales, industriële gebiede, hawens ...
Dinge wat 'n paar ryk mense bevoordeel in daardie land.
Bykomend tot ons korporasies.
Maar help regtig nie die groot meerderheid mense nie. Tog, daardie mense,
van daardie land word gelaat met yslike skuld.
Dit is so 'n verskriklike skuldlas dat hulle dit nie kan terugbetaal nie, en dis deel van die plan...
Hulle kan dit nie terugbetaal nie.
En so, teen 'n sekere tyd, gaan ons ekonomiese sluipmoordenaars terug na hulle toe en sê, "Luister,
julle skuld ons 'n klomp geld. Julle kan nie julle skuld betaal nie. Verkoop julle olie
teen 'n goeie prys aan ons olie maatskappye",
"laat ons toe om 'n militêre basis in jul land op te rig",
of "stuur julle troepe saam met ons sin na iewers in die wêreld soos Irak", of stem saam met ons in die volgende VN stemming",
om hulle elektriese verskaffer te privatiseer
en hulle water en riolering sisteme te privatiseer en te verkoop aan VSA korporasies of ander
multinasionale korporasies."
So daar is hierdie hele sneeubal effek en dit is so tipies van die manier waarop die IMF en die Wêreldbank werk.
Hulle sit 'n land in die skuld en dis so baie skuld hulle dit nie kan terugbetaal nie,
En dan bied jy aan om hierdie skuld te herfinansier om meer rente te kan vra.
En jy vereis
hierdie quidproquo wat jy 'n "voorvereiste" of "goeie bestuur" noem
wat basies beteken dat hulle hul hulp-bronne moet verkoop,
insluitende baie van hulle sosiale dienste, hulle nuts-maatskappye, en somtyds hulle skool sisteem,
hulle strafstelsels,
hulle versekering sisteme, aan buitelandse korporasies.
Dis 'n dubbele - trippel - viervoudige gatslag!
Die daarstelling van ekonomiese sluipmoordenaars het begin in die vroeë 50's
toe die demokraties verkose Mossadegh
wat in Iran verkies was... Hy was beskou as die hoop vir demokrasie
in die Midde-ooste en oral in die wêreld. Hy was Time-Magazine se "Man van die jaar".
Maar.... een van die dinge wat hy teweeggebring het en begin implementeer het was die idee dat
buitelandse Olie maatskappye nodig gehad het om die Iranse mense baie meer te laat betaal vir die olie wat hulle uit Iran gevat het
en die Iranse mense moet voordeel trek uit hulle eie olie. Snaakse beleid.
Ons het natuurlik nie daarvan gehou nie. Maar ons was bang om te doen wat ons gewoonlik doen, en dit was om die militêre magte in te stuur.
In stede daarvan het ons een CIA agent ingestuur, Kermit Roosevelt, 'n familielid van Teddy Roosevelt.
Kermit het ingegaan met 'n paar miljoen dollar en was baie, baie effektief en doelmatig en in 'n kort periode van tyd,
het hy dit reggekry om Mossadeg omver te werp
en het die Shah van Iran ingebring om hom te vervang, wie altyd te vinde was vir olie. En dit was uitermatig effektief.
"Bendes vat oor deur Teheran.
Weermag offisiere skreeu dat Mossadeg oorgegee het en dat sy regeringstydperk as virtuele diktator in Iran tot 'n einde gekom het.
Foto’s van die Shah wat deur die strate paradeer word soos sentiment omgekeer.
Die Shah is welkom tuis."
So terug hier in die Verenigde State, in Washington, het mense rondgekyk en gesê, "Wou, dit was maklik en goedkoop".
So dit het 'n hele nuwe manier daargestel om lande te manipuleer, om rykdom te skep.
Die enigste probleem met Roosevelt was dat hy 'n erkenbare CIA agent was
en as hy uitgevang sou geword het, sou die uitkoms redelik ernstige gevolge gehad het.
So baie vinnig, by daardie punt, was die besluit gemaak om private konsultante te gebruik
om die geld te kanaliseer deur die Wêreldbank of die IMF of een van die soortgelyke agentskappe,
om mense in te bring soos ek, wat werk vir private maatskappye.
So indien ons gevang word, sou daar geen regerings implikasie wees nie.
Toe Árbenz president word van Guatemala, was die land grootliks onder die duim van die Verenigde Vrugte maatskappy,
die groot internasionale maatskappy. Árbenz het die volgende slagspreuk gehad: "Julle weet, ons wil die land teruggee aan die mense".
En toe hy aan bewind kom, het hy maatreëls in plek gestel wat presies dit tot gevolg sou hê,
gee die besitreg terug aan die mense. "Verenigde Vrugte" het nie baie hiervan gehou nie.
En so huur hulle toe 'n groot onderhandelings firma, en loods 'n reusagtige veldtog in die Verenigde State,
om die VSA se mense, die inwoners van die VSA te oortuig,
die pers van die VSA en die kongres van die VSA,
dat Árbenz 'n Russiese pop was
en dat indien hy in beheer sou bly, die Russe 'n voet in die deur sou kry in die helfte van die wêreld.
En op daardie tydstip was daar 'n groot vrees in almal se gedagtes oor die rooi terreur, die kommunistiese terreur.
En so, om 'n lang storie kort te maak, voortspruitend uit die veldtog
het die obligasie van die CIA en die militêre mag voortgespruit om die man uit te haal.
En die feit is, ons het. Ons het vliegtuie ingestuur, soldate ingestuur, en jakkalse ingestuur,
ons het alles ingestuur om hom uit te haal. En ons het hom uitgehaal.
En so vinnig as wat hy verwyder was van sy posisie,
het die nuwe ou wat by hom oorgeneem het basies alles herstel tot die groot internasionale korporasies,
insluitende Verenigde Vrugte.
Ecuador, was vir baie jare deur pro-VSA diktators beheer, dikwels redelik brutaal.
Toe is daar besluit om 'n waarlik demokratiese verkiesing te hou.
Jaime Roldos het vir die verkiesing gestaan en sy hoofdoel, het hy gesê sou wees
om seker te maak dat Ecuador se hulpbronne gebruik sou word om die mense te help.
En hy het oorweldigend gewen.
Met meer stemme as wat enigiemand nog ooit iets gewen het in Ecuador.
En hy het begin om hierdie beleide te implementeer
Om seker te maak dat die profyt van die olie gebruik word om die mense te help.
Wel... ons het nie daarvan gehou in die Verenigde State van Amerika nie.
Ek was gestuur as een van vele Ekonomiese Sluipmoordenaars om Roldos te verander.
Om hom korrup te maak. Om hom te laat omkeer...Om hom te laat verstaan... jy weet.
"Ok., jy weet, jy kan baie ryk word, jy en jou familie, as jy die speletjie speel."
"Maar as jy die beleid volhou wat jy belowe het, gaan jy groet."
Hy wou nie luister nie...
Hy is vermoor...
Die oomblik toe die vliegtuig val was die hele gebied afgebaken.
Die enigste mense daar toegelaat was, was VSA militêre lede van die nabygeleë basis...
en party van die Ecuador militêre magte.
Toe daar 'n ondersoek geloods is,
het twee van die hoofgetuies gesterf in motor ongelukke
voordat hulle 'n kans gehad het om te getuig.
'n Klomp baie, baie snaakse dinge het gebeur rondom die
moord van Jaime Roldos.
Ek, soos die meeste mense wat na die saak gekyk het,
het absoluut geen twyfel gehad dat dit 'n sluipmoord was nie.
En, natuurlik, in my posisie as ekonomiese sluipmoordenaar,
het ek al die tyd verwag dat iets sou gebeur met Jaime,
of die 'n oorname sou wees of sluipmoord, ek was nie seker nie, maar dat hy onttroon sou word. Want
hy was nie korrup nie, hy het homself nie toegelaat om korrup te word soos ons hom korrup wou hê nie.
Omar Torrijos, president van Panama,
was, julle weet, een van my gunsteling mense. Ek het regtig van hom gehou.
Hy was baie charismaties Hy was 'n ou wat regtig sy land wou help.
En toe ek hom probeer omkoop het of hom korrup wou maak, het hy gesê: "Kyk, John"
- hy het my Juanito genoem -
Hy het gesê: "Kyk Juanito, ek het nie die geld nodig nie. Wat ek regtig nodig het is vir my land
om regverdig behandel te word.
Ek het nodig dat die VSA sy skuld betaal aan die mense vir al die vernietiging wat hier plaasgevind het.
Ek het nodig om in 'n posisie te wees waar ek ander Latyns Amerikaanse lande kan help
om hulle onafhanklikheid te kry en om vry te wees van hierdie,
van hierdie aaklige teenwoordigheid van die Noorde.
Julle mense is besig om ons te gebruik.
Ek het nodig om die Panama Kanaal terug te kry in die hande van die mense van Panama.
Dis wat ek wil hê.
So, los my uit, jy weet, moet my nie probeer omkoop nie".
Dit was 1981, in Mei, toe Jaime Roldos vermoor was.
En Omar was baie bewus hiervan.
Torjirros het sy familie bymekaar gekry en gesê:
"Eks heel waarskynlik volgende, maar dis OK,
want ek het gedoen wat ek hier wou doen
Ek het die Kanaal weer onderhandel.
Die kanaal sal nou in ons hande wees, ons het nou net die onderhandelinge met Jimmy Carter afgehandel en 'n ooreenkoms gesluit.
In Junie van dieselfde jaar, net 'n paar maande later,
het hy ook gesterf in 'n vliegtuig ongeluk,
en daar is geen twyfel, dit was deurgevoer deur CIA geborgde jakkalse.
'n Geweldige hoeveelheid bewyse wat
een van Torijjos se sekuriteitswagte aan hom oorhandig het, op die laaste oomblik
terwyl hy op die vliegtuig geklim het, 'n bandopnemer was.
'n Klein bandopnemer wat 'n bom bevat het.
Dit is vir my interessant hoe hierdie
sisteem redelik op dieselfde manier aangegaan het
vir jare, en jare, en jare, behalwe dat die ekonomiese sluipmoordenaars beter en beter en beter geword het.
Toe het ons gedeel met, baie onlangs, wat in Venezuela gebeur het.
In 1988, word Hugo Chavez as president verkies,
hy volg na 'n lang lyn van presidente
wat baie korrup was en basies die ekonomie van die land vernietig het.
En Chavez was verkies ten spyte van dit.
Chavez het opgestaan teen die Verenigde State
en hy het dit gedoen deur primêr te vereis dat Venezuela se olie
gebruik word om Venezuela se mense te help.
Wel... ons het nie daarvan gehou in die Verenigde State nie.
So, in 2002,
was 'n staatsgreep gereël, en daar was geen twyfel by my, by die meeste
mense dat die CIA agter die staatsgreep was nie.
Die manier, waarop die staatsgreep ontvou het
was baie dieselfde as wat Kermit Roosevelt gedoen het in Iran.
Om mense te betaal om die strate in te vaar,
om te tooi-tooi, om te protesteer, om te sê dat Chavez baie onpopulêr was.
Jy weet, as jy 'n paar duisend mense kan kry
om dit te doen, Televisie kan dit laat lyk asof
dit die hele land is_ en dinge begin sneeubal.
Behalwe in die geval van Chavez, hy was
slim genoeg en die mense het sterk agter hom gestaan,
sodat hulle dit oorkom het.
Dit was 'n fenomenale moment in die geskiedenis van Latyns Amerika.
Irak, eintlik, is 'n perfekte voorbeeld van die manier
waarop die hele stelsel werk. So, ons, die ekonomiese sluipmoordenaars, is die eerste linie van verdediging.
Ons gaan in, en probeer om die regerings korrup te maak
en ons kry hulle om hierdie groot lenings te aanvaar,
wat ons dan as voordeel gebruik om hulle te besit.
As ons faal, soos ek gefaal het in Panama met Omar Torrijos en in Ecuador met Jaime Roldos,
manne wat geweier het om korrup te word,
dan is die tweede lyn van verdediging om die Jakkalse in te stuur.
En die jakkalse gooi regerings omver of hulle voer 'n sluipmoord uit.
En, sodra dit gebeur het en die nuwe regering vat oor,
dan word die lyn gehou
want die nuwe president weet wat sal gebeur as hy dit nie doen nie.
In die geval van Irak, het beide van die aanslae gefaal.
Die ekonomiese sluipmoordenaars kon nie deurdring tot Saddam Hussain nie.
Ons het baie hard probeer, ons het probeer om hom 'n aanbod te laat aanvaar wat soortgelyk was aan die een wat die Huis van Saoedi aanvaar het in
Saoedi Arabië, maar hy wou dit nie aanvaar nie.
En so het die jakkalse ingegaan om hom uit te haal.
Hulle kon dit nie regkry nie. Sy sekuriteit was baie goed.
In elk geval, het hy, op 'n tyd, vir die CIA gewerk.
Hy was gehuur om 'n sluipmoord uit te voer op 'n vorige president van Irak en het gefaal,
maar hy het die sisteem geken.
So, in '91, het ons die troepe ingestuur
en toe ons haal die Irakese militêre mag uit.
So, ons neem toe aan teen daardie tydstip dat
Saddam Hussain gaan bykom.
Ons kon hom natuurlik geëlimineer het op die tyd,
maar ons wou nie. Hys die tipe sterk man wat ons van gehou het.
Hy beheer sy mense. Ons het gedink hy sal die Koerde beheer,
en die Iraniërs binne hul grense hou en aanhou olie pomp vir ons. En wanneer ons sy militêre mag oorgeneem het,
sal hy bykom.
So, die ekonomiese sluipmoordenaars gaan terug in die 90's
sonder sukses.
As hulle sukses gehad het
sou hy nog steeds die land regeer het. Ons sou aan hom al die vegvliegtuie verkoop het wat hy wou hê,
en alles wat hy wou hê, maar hulle kon nie, hulle was onsuksesvol.
Die jakkalse kon hom weereens nie elimineer nie, toe stuur ons die militêre mag in
vir nog 'n keer en die keer het ons die hele taak uitgevoer
en hom uitgehaal. En in die proses, geskep het ons vir onsself
baie, baie winsgewende konstruksiewerke
om die land weer op te bou wat ons
essensieel vernietig het. Dit is 'n baie goeie geleentheid as jy die
konstruksiemaatskappy besit, grotes.
So, Irak wys die drie fases.
Die ekonomiese sluipmoordenaars het daar gefaal.
Die Jakkalse het daar gefaal. En as finale skuif gaan die militêre mag in.
En op daardie manier het ons groot rykdom verwesenlik,
maar ons het dit baie, baie subtiel gedoen. Dis agterbaks.
Alle rykdomme van die verlede was op die militêre mag gebou,
en almal het geweet hulle was besig om hulle te bou.
Die Britte het geweet hulle bou hulle, die Franse, die Duitsers, die Romeine, die Grieke,
en hulle was trots daarop. Hulle het altyd een of ander verskoning gehad soos
die verspreiding van die beskawing, die verspreiding van een of ander godsdiens, iets soos dit,
maar hulle het geweet hulle doen dit.
Ons nie.
Die meerderheid van die mense, in die Verenigde State,
het geen idee dat ons van die voordele af leef van die hebsugtige keiserryk.
Vandag is daar meer slawerny in die wêreld as ooit van tevore.
Dan moet jy jouself afvra: "Wel, as dit 'n keiserryk is, wie is dan die keiser?"
Vanselfsprekend is ons presidente van die Verenigde State nie keisers nie.
'n Keiser is iemand wat nie verkies word nie, dien nie 'n bepaalde termyn nie,
en doen essensieel nie verslag aan iemand nie.
So jy kan nie ons presidente so klassifiseer nie.
Maar ons het die ekwivalent wat ek sien as die keiser en dis wat ek noem die korporatisme
Die korporatisme is 'n groep individue
wat ons grootste korporasies bedryf.
En hulle is regtig die keisers van dié keiserryk.
Hulle beheer ons media,
of deur direkte besit of advertensie.
Hulle beheer die meeste van ons politikusse,
want hulle finansier hulle verkiesingsveldtog,
of deur die korporasies
of deur persoonlike bydraes
wat kom uit die korporasies.
Hulle word nie verkies nie,
hulle dien nie 'n bepaalde termyn uit nie,
hulle rapporteer nie aan iemand nie,
en aan die heel boonste punt van die korporatisme kan jy nie eintlik sê
of die persoon werk vir 'n private korporasie
of vir die staat nie, want hulle beweeg heeltyd van die een na die ander.
So jy het 'n ou wat die een oomblik die president is van
'n groot konstruksiemaatskappy soos Halliburton,
en die volgende oomblik is hy die Vise President van die Verenigde State.
Of die President wat in die olie besigheid was.
En dit is die waarheid of jy Demokrate of Republikeine het wat dien.
Jy het die heen-en-weer beweging deur 'n draaideur.
En op 'n manier, is ons regering onsigbaar vir baie van die tyd,
die beleide word uitgevoer deur ons korporasies
op een of ander vlak. En dan weer,
is die beleide van ons regering basies
vervals deur die korporatiewe stelsel,
en dan voorgestel aan die regering
en dan word dit regeringsbeleid.
So, daar is 'n ongelooflike intieme verhouding.
Hierdie is nie 'n tipe sameswerings teorie nie.
Hierdie mense hoef nie bymekaar te kom
om dinge te plot nie. Hulle almal
werk basies onder een primêre aanname,
en dit is dat hulle profyt moet vermeerder
ongeag die sosiale-en omgewingskoste.
Hierdie proses van manipulasie deur die korporatisme
deur die gebruik van skuld, omkopery en politiese omverwerping word genoem:
Een wêreld vorming
Net soos die Federale Reserwe-bank die Amerikaanse publiek in 'n posisie hou
van ingeboekte dienslewering, deur altyd groeiende skuld, inflasie en rente,
dien die Wêreldbank en IMF in die rol op 'n globale skaal.
Die basiese komplot is eenvoudig.
Plaas 'n land in skuld en die eie word verdeel en dwaal af,
of deur die leier van daardie land korrup te maak,
en dan dwing jy "kondisies" of "strukturele veranderings beleide" af
wat dikwels bestaan uit die volgende.
Geld waardevermindering.
Wanneer die waarde van 'n geldeenheid val, so val alles van waarde in dit.
Dit maak binnelandse hulpbronne beskikbaar vir predatoriese lande
teen 'n fraksie van hul waarde.
Groot fondsbesteding vir sosiale programme,
hierdie sluit gewoonlik in onderwys en gesondheidsorg,
met die in gevaar stel van die gesondheid en integriteit van die samelewing, wat die publiek kwesbaar laat
tot uitbuiting.
Privatisering van staatsbeheerde ondernemings.
Dit beteken dat sosiaal belangrike stelsels gekoop kan word en beheer kan word
deur buitelandse korporasies vir profyt
As voorbeeld, in 1999, het die Wêreldbank daarop aangedring dat die Boliviaanse regering die
publieke water sisteem verkoop van sy derde grootste stad aan 'n filiaalmaatskappy van die VSA korporasie "Bechtel".
Die oomblik toe dit gebeur het water rekeninge vir die alreeds verarmde lokale inwoners
die hoogte ingeskiet.
Eers nadat daar 'n grootskaalse betoging was deur die mense is die Bechtel kontrak teruggetrek.
Dan is daar handel liberalisering
of die oopmaak van die ekonomie deur die verwydering van enige beperkings op buitelandse handel.
Dit laat die deur oop vir verskeie onregmatige ekonomiese manifestasies,
soos transnasionale korporasies wat hulle eie massa-geproduseerde goedere inbring
wat die ondersnyding van lokale produksie teweegbring en die lokale ekonomie ruïneer.
'n Voorbeeld is Jamaika,
wat na die aanvaarding van lenings en kondisies vanaf die Wêreldbank
sy grootste kontantgewasse mark verloor het as gevolg van kompetisie met Westerse invoere.
Vandag is 'n ontelbare hoeveelheid boere uit werk uit want hulle kan nie kompeteer
met groot korporasies nie.
Nog 'n variasie is die daarstelling van verskeie, oënskynlike onopgemerkte, ongereguleerde, onmenslike
bloedsweet-fabrieke, wat voordeel trek uit die misbruik van die ekonomiese teenspoed.
Addisioneel, as gevolg van die produksie deregulering, is omgewing vernietiging onophoudelik
wanneer 'n land se hulpbronne dikwels uitgebuit word deur die onverskillige korporasies
terwyl groot hoeveelhede doelbewuste besoedeling uitgesit word.
Die grootste omgewings hofsaak in die geskiedenis van die wêreld, word tans behartig vir 30 000 Ecuadoriaanse en Amasone inwoners teen
Taxaco, wat nou besit word deur Chevron, so dis teen Chevron, maar vir aktiwiteite wat deur Texaco uitgevoer was.
Daar word gereken dat dit 18 keer meer is as wat Exxon Valdez gestort het teen die Kus van Alaska.
In die geval van Ecuador was dit nie 'n ongeluk nie. Die olie maatskappye het dit met opset gedoen; hulle het geweet hulle doen dit om geld te spaar eerder as om te reël vir behoorlike verwydering.
Verder, as ons 'n vinnige kykie vat na die prestasie rekord van die Wêreldbank sien ons dat dié instelling, wat in die openbaar beweer dat
hy arm lande help ontwikkel en armoede verlig, niks anders gedoen het as om armoedigheid te vergroot asook die rykdom gaping,
terwyl korporatiewe profyt die hoogte in skiet.
In 1960 was die inkomste gaping tussen 'n vyfde van die wêreld se mense en die rykste lande, teenoor 'n vyfde in die armste lande dertig teen een.
Teen 1998, was dit vier-en-sewentig teen een.
Terwyl globale GNP 40% gestyg het tussen 1970 en 1985, het die in armoede gestyg, met 17%.
Terwyl van 1985 tot en met 2000, het die wat leef van minder as een dollar 'n dag gestyg met 18%.
Selfs die Gesamentlike Ekonomiese Komitee van die VSA Kongres het ingestem dat daar 'n skamele 40% sukseskoers is vir al die Wêreldbank projekte.
In die laat 1960's, het die Wêreldbank ingegryp in Ecuador met groot lenings. In die volgende 30 jaar, het armoede gegroei van 50% tot 70%.
Werkloosheid het toegeneem van 15% tot 70%. Die publieke skuld het toegeneem van 240 miljoen tot 16 biljoen,
terwyl die aandeel van hulpbronne aan die armes gedaal het van 20% tot en met 6%.
Die feit is, teen die jaar 2000, moes 50% van Ecuador se nasionale begroting allokeer word om sy skuld te betaal.
Dit is belangrik om te verstaan: die Wêreldbank is, in werklikheid, 'n VSA bank, en dit ondersteun VSA belange.
Die Verenigde State het veto-mag oor besluite, want dit is die grootste verskaffer van kapitaal.
En waar het dit die geld gekry? Jy het reg geraai: dit het dit gemaak uit niks uit nie deur die fraksionele reserwe bankstelsel.
Van die wêreld se top 100 ekonomieë, soos gebaseer op jaarlikse GDP, is 51 korporasies. En 47 van die 51 is in die VSA.
Walmart, General Motors en Exxon, is ekonomies sterker as Saoedi-Arabië, Poolland, Noorweë, Suid-Afrika, Finland, Indonesië en baie ander.
En, terwyl beskermende handel struikelblokke afgebreek word, geldeenhede saamgegooi word en gemanipuleer word in drywende markte en Staat ekonomieë omvergewerp word
ten gunste van kompetisie en globale kapitalisme, vergroot die keiserryk.
Jy klim op jou klein 21 duim monitor en tjank oor Amerika en demokrasie.
Daar is geen Amerika, daar is geen demokrasie.
Daar is net IBM en ITT en AT&T, en DuPont, DOW, Union Carbide, en Exxon.
Hulle is die nasies van die wêreld vandag.
Wat dink julle praat die Russe oor in hulle toe-deur gesprekke - Karl Marx?
Hulle haal hulle lineêre programmeerkaarte uit, statistiese besluitnemings teorieë,
minimum en maksimum oplossings teorieë en bereken die pryskontrak waarskynlikheid van hulle transaksies en beleggings net soos ons.
Ons leef nie meer in 'n wêreld van nasies en ideologieë nie, Mnr. Beale.
Die wêreld is 'n kollege van korporasies, meedoënloos gedetermineerd deur die onveranderlike
verordening van besigheid.
Die wêreld is 'n besigheid, Mnr. Beale.
Kumulatief geneem, is die integrasie van die wêreld as 'n geheel,
partikulier in terme van ekonomiese een wêreld vorming
en die mitiese kwaliteite van "vrye mark" kapitalisme,
voorgehou as 'n werklike "keiserryk" in sy eie reg...
Min het dit kon regkry om die "strukturele verandering" en "kondisies"
van die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds,
of die Wêreldhandelsorganisasie, daardie internasionale finansiële instellings wat,
hoe onbevoeg ook-al, steeds bepaal wat ekonomiese een wêreld vorming beteken...
So is die mag van een wêreld vorming dat ons moontlik binne ons leeftyd die integrasie daarvan sal sien,
selfs al is dit ongelyk, van alle nasionale ekonomieë in die wêreld in 'n enkele globale, vryemarkstelsel.
Die Wêreld word oor gevat deur 'n handjie vol besigheid magte wat die natuurlike hulpbronne wat ons nodig het om van te leef, domineer,
terwyl hulle die geld beheer wat ons nodig het om die hulpbronne te bekom.
Die eindresultaat is wêreld monopolie nie gebaseer op menslike lewe nie, maar finansiële en korporatiewe mag.
En, soos die ongelykheid groei, natuurlik, word meer en meer mense desperaat.
So is die handelshuis genoodsaak om voor en dag te kom met 'n nuwe manier om te handel
met enigiemand wat die sisteem uitdaag. So het hulle geboorte geskenk aan die 'Terroris'.
Die term 'terroris' is 'n leë onderskeiding ontwerp vir enige persoon of groep wat kies om die handelshuis uit te daag.
Die moet nie verwar word met die fiktiewe 'Al Quaida' nie, wat in werklikheid die naam was van 'n rekenaar databasis van die VSA- ondersteunde Mujahideen
in die 1980's.
"Die waarheid is, daar is geen Islamitiese weermag of terroriste groep met die naam Al Quaida nie. En enige ingeligte intelligensie offisier weet dit.
Maar daar is 'n propaganda veldtog om die publiek te laat glo in die teenwoordigheid van 'n geïdentifiseerde entiteit...
Die land agter hierdie propaganda is die VSA" Pierre-Henri Bunel - Vorige Franse Militêre Intelligensie.
In 2007, het die Departement van Verdediging 161.8 Biljoen dollar gekry vir die sogenaamde globale oorlog teen terrorisme.
Volgens die nasionale anti-terroriste sentrum het, in 2004 rofweg 2000 mense internasionaal omgekom as gevolg van veronderstelde terroriste aanvalle.
Van daardie hoeveelheid, was 70 Amerikaners.
Deur van hierdie getal gebruik te maak as 'n gemiddeld, wat baie vrygewig is, is dit interessant om te sien dat twee keer soveel
mense sterf aan grondboontjie allergieë in 'n jaar as deur terroriste aanvalle.
Gelyktydig hiermee, is die hoofoorsaak van dood in Amerika koronêre hartsiekte, en rofweg gaan 450,000 elke jaar daaraan dood.
En in 2007, was die regering se befondsing bydrae tot navorsing van hierdie saak omtrent 3 biljoen dollar.
Dit beteken, dat die VSA regering, in 2007, 54 keer meer gespandeer het om terrorisme te bekamp,
as wat dit gespandeer het om die siektetoestand te voorkom, wat 6600 keer meer mense jaarliks dood, as wat terrorisme doen.
Tog, word die woord terrorisme en Al Quaida
arbitrêr gestempel op elke nuusberig wat betrekking het tot enige aksie wat geneem word teen Amerikaanse belange
en die mite groei groter.
In mid-2008 het die "VSA Prokureur-Generaal"
voorgestel, dat die VSA-kongres
offisieel oorlog verklaar teen die fantasie.
Om nie eens te noem, dat vanaf Julie 2008, is daar nou meer as 1 miljoen mense
tans op die VSA terroriste dophou-lys.
Hierdie sogenaamde "Anti-terroriste Mates" het natuurlik niks te doen met sosiale beskerming nie
en alles te doen met die bewaring van die handelshuis
onder die groeiende anti-Amerikaanse sentiment
beide plaaslik en internasionaal
wat wettiglik gegrond is op die vraatsugtig gebaseerde korporatiewe keiserryk se vergroting
wat die wêreld uitbuit.
Die werklike terroriste van ons wêreld, ontmoet nie in die donker stegies teen middernag nie
of skreeu "Allah Akbar" voor een of ander gewelddadige aksie nie.
Die ware terroriste van ons wêreld, dra 5000 dollar pakke
en werk in die hoogste posisies van finansies, die regering en besigheid.
So, wat staan ons te doen?
Hoe stop ons 'n sisteem van gulsigheid en korrupsie, wat so baie mag en momentum het?
Hoe stop ons hierdie afwykende groep gedrag, wat geen medelye voel nie
kom ons sê, die miljoene wat afgemaai is in Irak en Afganistan,
sodat die korporatisme energie kan beheer en opium produksie vir Wall Str. profyt
Voor 1980, het Afganistan 0% van die wêreld se opium geproduseer.
Nadat die VSA-CIA, Mujahideen gesteun het en die Russiese-Afgaan oorlog gewen het, produseer hulle teen 1986 40% van die wêreld se heroïen-aanbod.
Teen 1988, het hulle 80% van die totale mark bedien met hulle produksie.
Maar toe, gebeur iets onverwags.
Die Taliban rys tot mag en teen 2000 het hulle die meeste van die opium velde vernietig. Produksie het gedaal van 3.000 ton tot slegs 185 ton, 'n 94% daling.
Op Sept. 9de 2001, was die volledige Afganistan inval plan op President Bush se tafel
Twee dae later het hulle hul verskoning
Vandag se opium produksie is in VSA beheerde Afganistan,
wat nou meer as 90% van die wêreld se heroïne verskaf, nuwe produksierekords word feitlik elke jaar opgestel.
Hoe stop ons 'n stelsel van gulsigheid en korrupsie
wat arm populasies veroordeel tot "Bloedsweet- Slawerny" vir die voordeel van Madison Laan?
Of wat toe-deur terreur aanvalle uitvoer ter wille van manipulasie?
Of wat ingeboude modules van sosiale bestuur genereer, wat dan uitgebuit word?
Of wat sistematies vele burgerlike vryhede verminder en menseregte skend,
in orde om dít self te beskerm, teen sy eie tekortkominge.
Hoe handel ons met al die ondergrondse instellings,
soos die Raad van Buitelandse Betrekkinge, die Trilaterale Kommissie en die Bilderberg Groep en die ander ondemokraties verkose groepe
wat agter geslote deure onderhands saamwerk om die politieke-, finansiële-, sosiale- en omgewings elemente van ons lewens te beheer?
In orde om die antwoord te vind, moet ons eerste vind, wat die ware onderliggende oorsaak is.
Die feit is, die selfsugtige, korrupte mag en profyt gebaseerde groepe is nie die ware basis van die probleem nie.
Hulle is simptome.
"Gierigheid en Kompetisie is nie die gevolg van onveranderlike menslike temperament nie...
... gierigheid en vrees van skaarsheid word in werklikheid geskep en vergroot...
die direkte gevolg is dat ons met mekaar moet baklei om te oorleef".
- Bernard Liertaer - Stigter van die EU Geldeenheid Sisteem
My naam is Jacque Fresco.
Ek is 'n industriële ontwerper en sosiale ingenieur.
Ek is baie geïnteresseerd in die gemeenskap en in die ontwerp van 'n sisteem wat dalk onderhoudend is, vir alle mense.
Eerste van alles, die woord "korrupsie" is 'n monetêre uitvindsel, daardie afwykende gedrag, gedrag wat steurend is vir die welstand van mense.
Wel jy handel hier met menslike gedrag. En menslike gedrag blyk dat dit deur die omgewing bepaal word.
Bedoelde, dat as jy as baba deur die Seminoolse Indiane groot gemaak is, nooit iets anders gesien het nie
sal jy daardie waarde sisteem hê.
En dit geld vir nasies, vir individue, vir families, hulle probeer hulle kinders indoktrineer
na hulle spesifieke geloof en hulle land, en maak hulle glo dat hulle deel is daarvan.
En hulle bou 'n samelewing, wat hulle vasstaande noem.
Hulle het 'n werkbare visie daargestel en gaan daarmee voort vir altyd.
Maar in werklikheid, is alle samelewings ontwikkelend, nie vasstaande nie.
En so beveg hulle nuwe idees, wat 'n dwarsboom is vir die vesting.
Regerings probeer voortgaan met wat hulle in die magsposisie hou. Mense word nie verkies om politiese verandering teweeg te bring nie.
Hulle word daar geplaas, om dinge te hou soos dit is.
So julle sien, die basis van korrupsie is in ons samelewing.
Laat ek dit duidelik maak. Alle nasies is dan basies korrup want hulle neig om bestaande instellings te onderhou.
Ek bedoel nie om alle nasies te ondersteun of af te kraak nie, maar kommunisme, sosialisme, fascisme die vryemarkstelsel en alle ander subkulture is dieselfde.
Hulle is almal basies korrup.
Die mees fundamentele karaktereienskap van ons sosiale instellings
is die noodsaaklikheid vir self-preservering.
Of jy nou te doen het met 'n korporasie, 'n godsdiens of 'n regering,
die eerste belang is die preservering van die instelling self.
Byvoorbeeld, die laaste ding wat 'n olie maatskappy ooit wil hê is die gebruik van energie wat buite sy beheer is.
Want dit maak die maatskappy minder relevant vir die gemeenskap.
Insgelyks was die koue oorlog en die ineenstorting van die Soviet Unie, in werklikheid,
'n manier van preservering en uitbreiding van die daar gestelde ekonomiese en globale heerskappy van die Verenigde State.
Desgelyks, geloof kondisioneer mense om skuldig te voel oor natuurlike inklinasie,
en elkeen maak daarop aanspraak dat hulle die enigste pad is na vergewing en redding.
In die hart van hierdie institusionele self-preservering lê die monetêre sisteem.
Want dit is geld wat voorsiening maak vir mag en oorlewing.
Eweneens, net soos 'n arm persoon dalk geforseer word om te steel om te kan oorleef,
is dit 'n natuurlike inklinasie om enige iets te doen wat nodig mag wees om 'n instelling se profyt te laat voortduur.
Dit maak dit inherent moeilik vir profyt-gebaseerde instellings om te verander,
want dit plaas nie net die oorlewing van groot groepe mense in gevaar nie,
maar ook die opgemaakte materialistiese leefstyl wat geassosieer word met die oorvloed van mag.
Daarom is die verlammende noodsaaklikheid om die instelling te preserveer
ongeag die sosiale relevansie daarvan grootliks gegrond in die behoefte vir geld en profyt
"Wat is in dit vir my?", is wat mense dink.
En so, as 'n man geld maak deur die verkoop van 'n sekere produk,
is dit daar waar hy gaan baklei vir oorlewing teen 'n ander produk wat moontlik sy instelling gaan bedreig.
Daarom, kan mense nie regverdig wees nie. En mense vertrou mekaar nie.
'n Ou sal na jou toe kom en vir jou sê " Ek het net die huis waarna jy soek",
hys 'n verkoopsman.
Wanneer 'n dokter sê, " Ek dink jou nier moet uitgehaal word",
Ek weet nie of hy probeer om sy seiljag af te betaal of dat my nier moet uit nie.
Dis moeilik in 'n monetêre sisteem om mense te vertrou.
As jy in my winkel inkom en ek sê:
"hierdie lamp wat ek het is nogal goed, maar die lamp langsaan is baie beter",
Dit sal nie lank in besigheid wees nie. Dit sal nie werk nie.
As ek eties was, kan dit nie werk nie.
So wanneer jy sê dat industrie omgee vir mense, is dit vals.
Hulle kan nie bekostig om eties te wees nie.
So jou sisteem is nie ontwerp om die welstand van mense te dien nie.
As jy nog nie verstaan dat daar geen werk na buite uitgegee sal word nie
as hulle omgegee het vir mense nie.
Industrie gee nie om nie.
Hulle huur net mense omdat dit nog nie geoutomatiseer is nie.
So moenie van ordentlikheid en etiese gedrag praat nie, ons kan dit nie bekostig en in besigheid bly nie.
Dit is belangrik om uit te wys dat ongeag die sosiale sisteem-
of dit nou fascisties, sosialisties, kapitalisties of kommunisties -
die onderliggende meganisme is nog steeds geld, arbeid en kompetisie.
Kommunistiese China is niks minder kapitalisties as die Verenigde State nie.
Die enigste verskil is die graad van inmenging deur die staat in ondernemings.
Die realiteit is dat "Monetêrisme", om dit so te stel, die ware meganisme is,
wat die belange van alle lande op die planeet stuur.
Die mees aggressiewe en voortspruitend dominante variasie van hierdie monetêrisme
is die vryemarkstelsel.
Die fundamentele perspektief, soos uiteengesit deur vroeë-mark ekonome
soos Adam Smith,
is dat eie belang en kompetisie lei tot sosiale welvarendheid,
soos die daad van mededinging aansporing skep, wat as motivering dien vir mense om te volhard.
Maar, wat nie oor gepraat word nie, is hoe 'n mededinging gebaseerde ekonomie
uiteindelik lei tot strategiese korrupsie, mag en rykdom konsolidasie,
sosiale stratifikasie, tegnologiese verlamming, arbeid misbruik
en uiteindelik tot 'n tipe vorm van regerings diktatorskap
deur die ryk elite.
Die woord "korrupsie" word dikwels gedefinieer as morele perversie.
As 'n besigheid toksiese stowwe in die oseaan stort om geld te spaar,
sien die meeste mense dit as "korrupte gedrag".
Op 'n meer subtiele vlak,
wanneer Walmart in 'n klein dorpie inbeweeg en die klein besighede uit besigheid sit, omrede hulle nie kan kompeteer nie,
word daar 'n grys gebied geskep.
Want wat presies doen Walmart dan nou verkeerd?
Hoekom moet hulle omgee oor Ma-en-Pa organisasies wat hulle vernietig?
Selfs nog meer subtiel,
wanneer 'n persoon afgedank word van sy werk, omrede 'n nuwe masjien gemaak is,
wat die werk kan doen vir minder geld,
dan aanvaar mense dit maar as
"dis hoe dit is",
en hulle sien nie die inherente korrupte onmenslikheid van so 'n aksie nie.
Want die feit is,
of dit nou toksiese storting van afval is, 'n monopolie onderneming of die afskaal van die arbeidsmag,
die motief bly dieselfde:
Profyt.
Hulle is almal deel van die gradiënt van dieselfde self-preservering meganisme,
wat altyd die welstand van die mense tweede plaas ten opsigte van monetêre gewin.
Daarom, is korrupsie nie 'n by-produk van monetêrisme nie,
dit is die fondasie daarvan.
En alhoewel die meeste mense hierdie neiging erken op een vlak of die ander,
bly die grootste gros naïef ten opsigte van die breë konsekwensies
om so 'n selfsugtige meganisme as die riglyn mentaliteit te hê in die gemeenskap.
Interne dokumente wys dat nadat die maatskappy absoluut positief geweet het dat
hulle 'n medikasie het wat geïnfekteer was met die AIDS virus,
het hulle die produk van die mark afgehaal in die VSA,
en dit toe gestort in Frankryk, Europa, Asië en Latyns-Amerika.
Die VSA regering het dit toegelaat om te gebeur.
Die FDA het dit toegelaat om te gebeur en nou kyk die regering heeltemal anderpad.
Duisende onskuldige bloeiers is dood van die AIDS virus.
Hierdie maatskappy het absoluut geweet dat dit geïnfekteer was met die AIDS virus,
hulle het dit gestort sodat hulle hierdie tragedie in 'n profyt kan verander.
So jy sien, jy het ingeboude korrupsie.
Ons kap so bietjie van mekaar af,
en jy kan nie verwag daar moet ordentlikheid wees in die tipe van ding nie.
... 'n gevoel dat hulle nie weet wie om te verkies nie.
Hulle dink in terme van demokrasie,
wat nie moontlik is in 'n monetêre gebaseerde ekonomie nie.
As jy meer geld het om jou posisie te adverteer,
die posisie wat jy wil hê in die regering,
dit is nie 'n demokrasie nie.
Dit dien diegene in posisies van differensiële voordeel.
So dis altyd 'n diktatorskap van die elite,
die finansiële rykes.
"Ons kan of demokrasie hê in hierdie land of
ons kan groot rykdom hê wat gekonsentreerd is in die hande van 'n paar,
maar ons kan nie beide hê nie". - Louis Brandeis - Hooggeregshof Regter
Dit is 'n interessante opmerking om op te let hoe oënskynlik onbekende persoonlikhede
uit die bloute uit op die toneel verskyn as presidensiële kandidate.
Dan voor jy weet,
op een of ander manier word jy gelaat om iemand te kies uit 'n klein groepie baie ryk mense
wat almal dieselfde verdraagsame breë sosiale uitkyk deel.
Natuurlik is dit 'n grap.
Die mense wat op die kieserslys geplaas word, word daar geplaas
omdat hulle vooraf bepaal is om aanvaarbaar te wees
deur die gevestigde finansiële magte wat eintlik die dinge beheer.
Tog is daar baie wat die illusie van demokrasie verstaan, wat dikwels dink
"As ons maar net ons eerlike, etiese politikus in beheer kan kry,
dan sal ons reg wees."
Wel, terwyl hierdie idee as redelik voorkom
in ons gevestigde wêreld uitkyk,
is dit ongelukkig nog 'n denkfout.
Want wanneer dit regtig ter tafel gestel word oor wat belangrik is,
die instelling van politiek en dus die politikusse self,
het absoluut geen betrekking op wat ons wêreld en die gemeenskap laat funksioneer nie.
Dit is nie politikusse wat probleme kan oplos nie.
Hulle het geen tegniese vermoëns nie.
Hulle weet nie hoe om probleme op te los nie.
Selfs al was hulle opreg, weet hulle nie hoe om probleme op te los nie.
Dit is die tegnikusse wat die ontsoutingsaanlegte oprig.
Dit is die tegnikusse wat jou elektrisiteit gee.
Wat jou motorvoertuie gee.
Wat jou huis warm maak en koel in die somer.
Dis tegnologie wat probleme oplos, nie politiek nie.
Politikusse kan nie probleme oplos nie, want hulle is nie opgelei om dit te doen nie.
Baie min mense vandag stop en oorweeg
wat dit is wat eintlik hulle lewens verbeter.
Is dit geld? Natuurlik nie.
Jy kan nie geld eet nie of dit in jou kar in druk om dit te kry om te ry nie.
Is dit politiek?
Al wat politikusse kan doen is wette maak,
begrotings vestig en oorlog verklaar.
Is dit godsdiens?
Natuurlik nie, godsdiens sorg vir niks behalwe
ontasbare emosionele troos vir diegene wat dit nodig het.
Die ware gawe wat ons as menslike wesens het,
wat alleenlik verantwoordelik was vir alles wat ons lewens verbeter het,
is tegnologie.
Wat is tegnologie?
Tegnologie is 'n potlood,
wat jou toelaat om idees neer te pen op papier vir kommunikasie.
Tegnologie is 'n voertuig, wat jou toelaat om vinniger te beweeg as met die voet.
Tegnologie is 'n bril, wat sig verbeter vir die wat dit nodig het.
Tegnologie wat aangewend word is self net 'n ekstensie van menslike kenmerke,
wat menslike inset verminder, en mense bevry van 'n spesifieke taak of probleem.
Verbeel jou hoe jou lewe sou gewees het vandag sonder 'n telefoon,
of 'n oond,
of 'n rekenaar,
of 'n vliegtuig.
Alles in jou huis, wat jy vat as vanselfsprekend, van 'n deurklokkie,
tot 'n tafel,
tot 'n skottelgoedwasser,
is tegnologie, gegenereer van kreatiewe wetenskaplike vindingrykheid van menslike tegnikusse.
Nie geld, politiek of godsdiens nie.
Dit is valse instellings.
...en om vir jou kongreslid te skryf is fantasties.
Hulle vertel jou, "skryf vir jou kongreslid as jy iets gedoen wil hê".
Dan moet mans in Washington aan die voorpunt wees van tegnologie.
Die voorpunt van menslike studie.
Die voorpunt van misdaad.
Al die faktore wat menslike gedrag vorm.
Jy hoef nie vir jou kongreslid te skryf nie.
Wat se tipe mense is hulle dat hulle aangestel word vir daardie werk?
Die toekoms gaan groot moeilikheid hê...
en die vraag wat gevra word deur die politikusse is:
Hoeveel sal 'n projek kos?
Die vraag is nie "hoeveel sal dit kos nie".
Het ons die hulpbronne?
En ons het die hulpbronne vandag om almal te huisves,
bou hospitale oral oor die wêreld,
bou skole oral oor die wêreld,
die beste toerusting in laboratoriums vir opleiding en mediese navorsing.
So jy sien, ons het dit alles, maar ons is in die monetêre sisteem,
en in die monetêre sisteem is daar profyt
En wat is die fundamentele meganisme wat die profyt sisteem aandryf
behalwe eiebelang?
Wat is dit presies wat die kompeterende punt in sy wese behoue laat bly?
Is dit hoë werkverrigting en onhoubaarheid?
Nee. Dit is nie deel van hulle ontwerp nie.
Niks wat in ons profyt gebaseerde samelewing geproduseer word is enigsins onderhoudend of effektief nie.
As dit was, sou daar nie 'n multimiljoene dollar diens industrie vir voertuie gewees het nie.
Nog sal die gemiddelde lewensduur van die meeste elektroniese apparaat drie maande wees
voordat hulle verouder is.
Is dit oorvloed?
Absoluut nie.
Oorvloed, soos gebaseer op die wette van vraag en aanbod,
is eintlik 'n negatiewe ding.
As 'n diamant besigheid tien keer die hoeveelheid diamante kry as gewoonlik tydens hulle mynbedrywighede,
beteken dit die aanbod van diamante het toegeneem,
wat beteken die koste en profyt per diamant val.
Die feit is: effektiwiteit, onderhoudend en oorvloed
is vyande van profyt
Om dit kortliks te verduidelik,
dit is die meganisme van skaarsheid wat profyt verhoog.
Wat is skaarsheid?
Gebaseer daarop om produkte waardevol te hou.
'n Vertraging in die produksie van olie lig die prys.
Die handhawing van skaarsheid van diamante hou die prys hoog.
Hulle brand diamante by die Kimberley Diamant myne. Hulle is gemaak van koolstof.
Dit hou die prys hoog.
So dan, wat beteken dit vir die samelewing wanneer skaarsheid,
of natuurlik geproduseer of deur manipulasie
as 'n gunstige toestand vir industrie?
Dit beteken dat onderhoudend en oorvloed sal nooit ooit voorkom in 'n profyt sisteem nie.
Want dit gaan eenvoudig teen die natuur van die struktuur.
Daarom, is dit onmoontlik om 'n wêreld te hê sonder oorlog of armoede.
Dit is onmoontlik om aanhoudend tegnologie te verbeter
tot sy mees effektiewe en produktiewe staat.
En nog meer dramaties,
is dit onmoontlik om te verwag dat mense
moet optree
in 'n etiese of ordentlike manier.
Mense gebruik die woord instink want hulle kan nie verantwoordelikheid vat vir die gedrag nie.
Hulle sit terug en hulle evalueer met hulle gebrek aan kennis, jy weet,
en hulle sê dinge soos
"mense is op 'n sekere manier gebou", "gierigheid is 'n natuurlike ding",
asof hulle jare daaraan gewerk het.
En dis niks meer natuurlik as om klere te dra nie.
Wat ons wil doen is om te elimineer
wat die probleme veroorsaak.
Elimineer die proses wat
gierigheid produseer, en bekrompenheid, en vooroordeel,
en mense wat voordeel trek uit ander, en elitisme.
Die uitskakeling van die nut van tronke en welsyn.
Ons het nog altyd hierdie probleme gehad, want ons het nog altyd binne skaarsheid geleef,
en ruil, en monetêre stelsels wat skaarsheid produseer.
As jy die toestande elimineer wat die generasie
van wat jy noem maatskaplik aanstootlike gedrag,
dit bestaan nie.
'n Ou sê: "wel luister, is dit aangebore?"
Nee dit is nie.
Daar is geen menslike natuur nie, daar is menslike optrede,
en dit het nog altyd deur die geskiedenis verander.
Jy word nie gebore met bigotterie, en gierigheid, en korrupsie, en haat nie.
Jy tel dit op binne in die gemeenskap.
Oorlog, armoede, korrupsie, honger, mismoedigheid, menslike lyding
sal nie verander binne 'n monetêre stelsel nie.
Dit beteken, daar sal weinig beduidende verandering wees.
Dit gaan die herontwerp van ons kultuur vat,
ons waardes,
en dit moet verband hou met die dra vermoë van die aarde,
nie een of ander mens se opinie of een of ander politikus se opvattings
oor die manier wat die wêreld behoort te wees nie.
Of een of ander godsdiens se opvattinge oor die verloop van menslike sake nie.
En dit is waaroor Die Venus Projek gaan.
Die gemeenskap, waarvan ons nou gaan praat,
is 'n gemeenskap wat vry is van al die ou bygelowe,
opsluiting, tronke, polisie wreedheid en die wet.
Alle wette sal verdwyn
en die beroepe sal verdwyn, wat nie meer nodig is nie,
soos aandelemakelaars, bankiers, advertensie.
Weg! Vir altyd
Want dit is nie meer relevant nie.
Wanneer ons verstaan dat dit tegnologie is,
uitgedink deur menslike vindingrykheid
wat mense vry maak en ons kwaliteit van lewe verbeter
dan besef ons, dat die belangrikste fokus wat ons kan hê
is op die intelligente bestuur van die aarde se hulpbronne.
Dit is van hierdie natuurlike bronne, waarvan ons materiale kry om voort te gaan op ons pad na welvaart.
Sodra ons dit verstaan sien ons,
dat geld fundamenteel bestaan as 'n keerwal tot hierdie hulpbronne,
want feitlik alles het 'n finansiële oorsaak.
En hoekom het ons geld nodig om hierdie hulpbronne te kan kry?
As gevolg van werklike of veronderstelde skaarsheid.
Ons betaal gewoonlik nie vir lug of kraanwater nie,
want dit is in so 'n hoë oorvloed,
om dit te verkoop sal nutteloos wees.
So dan, logies gepraat,
indien hulpbronne en tegnologie, van toepassing is op die skep van alles in ons samelewing
soos byvoorbeeld huise, stede en vervoer, en ons was in hoog genoeg oorvloed daarvan,
dan sou daar geen rede wees om iets te verkoop nie.
Terselfdertyd, as outomatisering en masjinerie so tegnologies gevorderd was,
dat dit mense kan verlos van arbeid
sal daar geen rede wees om 'n werk te hê nie.
En met hierdie sosiale aspekte uitgesorteer,
sal daar geen rede wees om geld te hê nie.
So die uiteindelike vraag bly:
Het ons hier op die aarde genoeg hulpbronne
en tegnologiese kundigheid
om 'n samelewing te skep met sulke oorvloed,
dat alles wat ons het nou beskikbaar kan wees sonder 'n prys
en sonder die behoefte vir onderdanigheid deur middel van indiensneming?
Ja, ons het.
Ons het die hulpbronne en die tegnologie
om dit te implementeer as 'n minimum
tesame met die vermoë om die standaard van lewensstyl so hoog te lig
dat mense in die toekoms sal terugkyk na ons beskawing tans
en sal kop skud oor hoe primitief en onvolwasse ons samelewing was.
Wat die Venus Projek voorstel,
is 'n totale ander stelsel
wat opgedateer word na vandag se kennis
Ons het nog nooit wetenskaplikes die probleem gegee van
hoe ontwerp jy 'n samelewing wat vervelige en eentonige werk uitskakel,
wat ongelukke in vervoer sal uitskakel,
wat mense in staat sal stel om 'n hoë standaard van lewe te hê,
wat gif in ons kos sal illumineer,
wat vir ons ander bronne van energie sal gee, wat skoon en effektief is.
Ons kan dit daar buite doen.
'n Hulpbron gebaseerde ekonomie.
Die groot verskil tussen 'n hulpbron gebaseerde ekonomie en 'n monetêre sisteem
is dat 'n hulpbron gebaseerde ekonomie is werklik besorg oor mense
en hulle welstand
waar die monetêre sisteem so verdraai geword het dat die bekommernisse van die mense sekondêr is, as hulle enigsins daar is.
Produkte wat gemaak word is vir:
hoeveel geld jy kan kry.
As daar 'n probleem in die samelewing is en jy kan nie geld maak deur dit op te los nie, dan word dit nie gedoen nie.
Die hulpbron gebaseerde ekonomie is nie naby enigiets wat al probeer is nie.
En met al ons tegnologie vandag kan ons oorvloed skep. Dit kan gebruik word om almal se lewensstyl te verbeter.
Oorvloed orals oor die wêreld as ons, ons tegnologie slim gebruik
en sorg vir die behoud van die omgewing/natuur.
Dit is 'n heel ander stelsel
en dit is baie moeilik om oor te praat
want die publiek is nie goed genoeg ingelig
ten opsigte van die stand van tegnologie nie.
Energie
Huidiglik, hoef ons nie fossiel brandstowwe te brand nie.
Ons hoef niks te gebruik wat die omgewing besoedel nie.
Daar is baie bronne van energie beskikbaar.
Alternatiewe energie oplossings wat gedruk word deur die instellings, soos
waterstof, biomassa en selfs kernkrag is baie oneffektief, en gevaarlik
en bestaan net ter wille van die bestendiging van die wins-struktuur wat industrie geskep het.
Wanneer ons verby die propaganda en self-dienende oplossings kyk
wat deur die energie besighede voorgehou word
vind ons 'n klaarblyklike eindelose stroom
van skoon volop en hernubare energie om krag te genereer.
Solêre en wind energie is bekend aan die publiek. Maar die ware potensiaal van hierdie mediums bly onuitgedruk.
Solêr energie, afgelei van die son,
is so volop, dat een uur van sonlig teen middag
het meer energie as wat die hele wêreld in 'n jaar gebruik.
As ons 1/100ste van 'n persent van die energie kon vasvang,
sal die wêreld nooit weer olie of gas of enigiets anders nodig hê nie.
Die vraag is nie beskikbaarheid nie,
maar die tegnologie om dit te harnas.
En daar is baie gevorderde mediums vandag
wat presies dit kan bereik,
as hulle nie gehinder was deur die behoefte om te kompeteer vir 'n markaandeel
met die gevestigde energie mag strukture nie.
Dan is daar wind energie.
Wind energie is lankal afgemaak as swak
en, weens die feit dat dit plek gedrewe is, onprakties.
Dit is eenvoudig onwaar.
Die VSA departement van energie het erken in 2007
dat as wind ten volle geoes sou word in slegs drie van Amerika se 50 state
kan dit die totale nasie van krag voorsien.
En dan is daar die onbekende mediums van getye en golf krag.
Getye krag word verkry deur die gety veranderings in die oseaan.
Deur turbines te installeer wat hierdie beweging vasvang, kan energie opgewek word.
In die Verenigde Koninkryk is 42 plekke tans as beskikbaar aangedui,
daar word voorspel dat 34% van al die VK se energie opgewek kan word deur getye krag alleen.
Golf krag, wat energie neem uit die beweging van die oppervlak van die oseaan,
word beraam om 'n globale potensiaal van tot 80,000 megawatt-uur per jaar te hê.
Dit beteken dat 50% van die planeet se energie verbruik kan geproduseer word van die energie bron alleenlik.
Nou, dit is belangrik om uit te wys dat gety, golf, solêre en windkrag
vereis feitlik geen voorafgaande energie om dit te kan benut nie,
in teenstelling met steenkool, olie-, gas-, biomassa-, waterstof en al die ander.
Wanneer gekombineerd kan hierdie vier mediums alleen, indien effektief benut deur tegnologie,
genoeg krag verskaf aan die wêreld vir altyd.
Dit gesê, is daar 'n ander vorm van skoon hernubare energie, wat hulle almal oorskadu.
Geotermiese energie.
Geotermiese energie, benut wat bekend is as "hitte ontginning".
Wat, deur 'n eenvoudige proses met die gebruik van water, groot hoeveelhede skoon energie kan opwek.
In 2006, het 'n MIT verslag aangaande geotermiese energie
gevind dat 13.000 zetajoules krag tans beskikbaar is op die aarde
met 'n moontlikheid van 2.000 ZJ wat maklik verkry kan word met verbeterde tegnologie.
Die totale energieverbruik van al die lande op die planeet is omtrent
'n halwe zetajoule per jaar.
Dit beteken dat omtrent 4000 jaar se planetêre krag opgewek kan word
in hierdie medium alleen.
En wanneer ons verstaan dat die aarde se hitte generering konstant plaasvind,
is hierdie vorm van energie werklik grensloos.
Dit kan vir altyd gebruik word.
Hierdie energie bronne is net 'n paar van die hernubare bronne beskikbaar
en soos tyd aangaan sal ons meer kry.
Die besef waartoe ons kom is dat ons totale oorvloed het sonder die nodigheid vir besoedeling,
tradisionele instandhouding of, trouens, 'n prys-etiket.
En wat van vervoer?
Die gewildste maniere van vervoer in ons samelewing is met motorvoertuie en vliegtuie,
beide van die benodig hoofsaaklik fossiel brandstowwe om te funksioneer.
In die geval van die motorvoertuig, die battery tegnologie wat nodig is
om 'n elektriese kar krag te gee wat meer as 'n honderd myl per uur kan haal
vir meer as tweehonderd myl op een lading,
bestaan wel en dit bestaan alreeds vir etlike jare.
As gevolg van die battery patente, beheer deur die olie industrie, word die battery industrie se markaandeel ingeperk en
gekoppel met politieke druk van die energie industrie,
is die toeganklikheid en bekostigbaarheid van hierdie tegnologie beperk.
Daar is absoluut geen rede, anders as suiwer, korrupte wins belange,
dat elke enkele voertuig in die wêreld nie
elektries kan wees nie, en skoon, met geen noodsaaklikheid vir petrol.
Wat vliegtuie betref,
is dit tyd dat ons verstaan dat hierdie vorm van vervoer oneffektief is,
dit is lomp, stadig en veroorsaak heeltemal te veel besoedeling.
Hierdie is 'n mag-lef trein.
Dit gebruik magnete vir aandrywing.
Dit is heeltemal swewend deur 'n magnetiese veld
en het minder as twee persent van die energie nodig as wat vir vliegtuig vervoer benodig word.
Die trein het geen wiele nie, so niks kan onklaar raak nie.
Die huidige maksimum snelheid van die weergawes van hierdie tegnologie,
soos gebruik in Japan, is drie-honderd-een-en-sestig myl per uur.577km/h
Hierdie weergawe van die tegnologie is egter alreeds verouderd.
'n Organisasie genaamd ET3, wat konneksies het met die Venus projek,
het 'n buis-gebaseerde mag-lef wat kan reis tot 4000 kilometer per uur
in 'n beweginglose, wrywingsvry buis, wat kan gaan oor land of onder water.
Stel jou voor, jy gaan van LA na New York vir 'n lang middagete
of van Washington D.C. na Beijing, China, in twee ure.
Hierdie is die toekoms vir kontinentale en inter kontinentale vervoer.
Vinnig, skoon, met slegs 'n fraksie van die energie gebruik van wat ons vandag gebruik vir dieselfde doel.
In werklikheid, tussen mag-lef-tegnologie, gevorderde battery stoor tegnologie en geotermiese energie
sal daar geen rede wees om ooit weer fossiel brandstowwe te brand nie.
En ons kan dit nou doen, as ons nie teruggehou word deur die verlammende wins strukture nie.
werk
Amerika is geneig tot Fascisme.
Dit het 'n geneigdheid deur sy dominante filosofie en godsdiens om 'n fascistiese oogpunt te handhaaf.
Amerikaanse industrie is essensieel 'n fascistiese instelling.
As jy dit nie verstaan nie, die oomblik wanneer jy inklok, stap jy in 'n diktatorskap in.
Daar word begrippe aan ons voorgehou oor die eerbaarheid van werk,
en ek kyk in werklikheid daarna as betaalde slawerny.
Jy is grootgemaak om te glo dat jy jou lewe sal verdien in die sweet van jou aangesig.
Dit hou mense terug.
Bevryding van mense
van somberheid, herhalende werk wat hulle onkundig maak.
Jy beroof hulle.
In ons samelewing, wat 'n hulpbron gebaseerde ekonomie is,
maak masjiene mense vry.
Jy sien, ons kan ons dit nie indink nie want ons het nog nooit so 'n wêreld gesien nie.
outomatisering
As ons terugkyk na die geskiedenis, sien ons 'n baie duidelike patroon van masjien outomatisering
wat stadigaan menslike arbeid vervang.
Van die verdwyning van die hysbak man,
tot die amper volledige outomatisering van die motor fabriek,
die werklikheid is dat, soos tegnologie groei sal die nut van mense in die werksplek
'n konstante afname toon.
Dit veroorsaak 'n ernstige botsing,
wat die valsheid van die monetêr-gebaseerde arbeid sisteem uitwys,
want menslike arbeid is in direkte kompetisie met tegnologiese ontwikkeling.
Daarom, gegewe die fundamentele prioriteit van wins deur die industrie,
mense sal deur die verloop van tyd afgedank word en vervang word met masjiene.
Wanneer industrie 'n masjien aanskaf, eerder as om die werksdag te verkort,
krimp hulle. Jy verloor jou werk, so jy het die reg om bang te wees vir masjiene.
In 'n hoë tegnologiese, hulpbron gebaseerde ekonomie,
is dit konserwatief om te sê dat omtrent 90% van alle huidige beroepe
kan uitfaseer word deur masjiene.
Bevryding van mense om hul lewens te lei sonder serwituut.
Want dit is die punt van tegnologie self.
En deur tyd, met nano-tegnologie en ander vorme van gevorderde wetenskap,
Dit is nie onmoontlik om te sien hoe selfs komplekse mediese prosedures ook deur masjiene uitgevoer kan word nie.
En gebaseer op die patroon met 'n veel hoër sukseskoers as wat mense vandag kry.
Die pad is duidelik, maar ons monetêre basis struktuur
wat arbeid nodig het vir inkomste, blok hierdie vooruitgang,
want mense het werk nodig om te kan oorleef.
Die feit van die saak is dat die sisteem moet gaan
of ons sal nooit vry wees nie en tegnologie sal konstant verlam word.
Ons het 'n masjien wat die riole skoonmaak en 'n mens vrymaak om dit nie te doen nie.
So kyk na masjiene as uitbreidings van menslike prestasie.
Daarbenewens, sal baie beroepe van vandag eenvoudig geen basis hê om te bestaan in 'n hulpbron gebaseerde ekonomie nie.
So byvoorbeeld enigiets wat geassosieer word met die bestuur van geld, advertensie, tesame met die wetlike stelsel self,
want, sonder geld, sal die groot meerderheid van misdade van vandag nie plaasvind nie.
Feitlik alle vorme van misdaad is die gevolg van die monetêre sisteem, direk of deur neurose ingestel deur finansiële verslegting.
Daarom kan wette self uiteindelik uitsterf.
In stede daarvan om 'n bord op te sit "ry versigtig, glibberig wanneer nat", heg growwe materiaal op die snelweg, sodat dit nie meer glad is nie.
En wanneer 'n persoon dronk in 'n kar klim
en die kar skommel baie
is daar 'n klein slinger
wat op en terug swaai en dan die motor van die pad af trek...
Nie 'n wet nie.
'n Oplossing.
Sit sonar en radar in voertuie sodat hulle nie kan bots nie.
Mens-gemaakte wette is pogings
om te handel met probleme wat voorkom
en nie weet hoe om hulle op te los nie -
dan maak hulle 'n wet.
In die Verenigde State, die mees geprivatiseerde, kapitalistiese land op die planeet,
is dit geen verrassing
dat hulle die grootste prisonier populasie in die wêreld het nie.
En dit groei elke jaar.
Statisties, is die meeste van hierdie mense ongeskool
en kom van arm, ontneemde samelewings.
En in teenstelling met propaganda,
is dit hierdie omgewings kondisionering wat hulle intrek in kriminele en gewelddadige gedrag neem.
Maar die samelewing kyk anderpad
met betrekking tot hierdie punt.
Die wetlike- en tronkstelsel is net nog voorbeelde
van hoe ons samelewing weier om ondersoek in te stel
na die oorsake van gedrag.
Biljoene word elke jaar gespandeer
op tronke en polisie,
terwyl net 'n fraksie gespandeer word op
programme vir armoede,
wat een van die mees fundamentele veranderlikes, is verantwoordelik is misdaad.
En, solank as wat ons 'n ekonomiese sisteem het
wat verkies, en feitlik verantwoordelik is, vir die skep
van skaarsheid en ontneming, sal misdaad nooit weggaan nie.
aansporing
As mense toegang het tot die noodsaaklikhede van die lewe,
sonder serwituut, skuld, ruil en handel,
sal hulle baie anders optree.
Jy wil al hierdie dinge beskikbaar hê sonder 'n prys-etiket.
En nou, moet jy 'n prys-etiket hê. Wat sal mense motiveer?
'n Man kry alles wat hy wil hê, dan wil hy net rondlê in die son.
Dit is die mite wat hulle voorhou.
Mense in ons kultuur is afgerig om te glo
dat die monetêre sisteem motivering produseer.
As hulle toegang het tot dinge, hoekom sal hulle iets wil doen?
Hulle sal hulle motivering verloor.
Dis wat jy geleer is om die monetêre sisteem te ondersteun.
Wanneer jy geld uit die prentjie verwyder,
sal daar ander motiverings wees, baie anderse motiverings.
Wanneer mense toegang het tot die noodsaaklikhede van die lewe,
sal hulle motivering verander.
Wat van die maan en die sterre?
Nuwe motiverings sien die lig.
As jy 'n skildery maak wat jy geniet,
dan sal jy dit geniet om dit vir ander mense te gee, nie te verkoop nie.
onderwys
Ek dink dat die onderwys van vandag, essensieel besig is om 'n persoon te produseer vir 'n werk.
Dit is baie gespesialiseerd. Hulle is nie generaliste nie.
Mense weet nie baie van 'n groot hoeveelheid onderwerpe nie. Ek dink nie jy kan mense kry om oorlog te voer,
as hulle baie weet van 'n klomp dinge.
Ek glo onderwys is meestal papegaai werk
en hulle word nie geleer hoe om probleme op te los nie.
Hulle word nie die gereedskap gegee nie, emosioneel, of binne hulle eie veld nie,
oor hoe om krities te dink nie.
In 'n hulpbron gebaseerde ekonomie, sal die onderwys baie anders wees.
Ons samelewing se hoof fokus is geestelike ontwikkeling
en om elke persoon te motiveer
tot hul hoogste potensiaal.
Omrede ons filosofie is hoe slimmer mense is hoe ryker is die wêreld
want almal word 'n bydraer.
Hoe slimmer jou kinders is,
hoe beter sal my lewe wees.
Want hulle sal meer konstruktief bydra tot die omgewing
en tot my lewe. Omrede alles wat ons
ontwikkel binne 'n hulp-bron gebaseerde ekonomie
toegepas sal word op die samelewing, sal daar niks wees
om dit terug te hou nie.
beskawing
Patriotisme, wapens, weermagte, vlote,
is alles 'n teken,
dat ons nog nie beskaafd is nie.
Kinders sal hulle ouers vra:
"het julle nie die noodsaaklikheid van die masjiene gesien nie?"
"Pa, kon jy nie sien dat oorlog onvermydelik was
as jy skaarsheid produseer nie?"
Is dit nie ooglopend nie? Natuurlik, sal die kind verstaan
dat julle speldekoppe was, opgevoed om slegs die
daargestelde instellings te dien.
Ons is so 'n gruwelike, siek samelewing,
dat ons nie die geskiedenisboek gaan maak nie.
Hulle sal net sê dat die groot nasies grond gevat het van die kleiner nasies,
met die gebruik van krygsmag en geweld.
jy sal geskiedenis kry wat oor gepraat word as
korrupte gedrag al die pad
tot en met die begin van die beskaafde wêreld.
Dis wanneer al die nasies saamwerk.
Wêreld eenwording,
en almal werk vir die gemeenskaplike welstand van alle mense
en sonder dat iemand onderdanig is aan enige iemand anders.
Sonder sosiale stratifikasie
sou dit wees tegniese elitisme
of enige ander vorm van elitisme
uitgeroei van die gesig van die aarde.
Die "Staat" doen niks, want daar is geen "staat".
Die sisteem wat ek voorstaan,
'n hulpbron gebaseerde globale ekonomie is nie perfek nie,
dis net baie beter as wat ons nou het.
Ons kan nooit perfeksie bereik nie.
"My land is die wêreld..."
en my geloof is om goed te doen."
- Thomas Paine - 1737-1809
Die sosiale waardes van ons samelewing,
wat gemanifesteer het in ewigdurende oorlogvoering,
korrupsie,
onderdrukkende wette,
sosiale stratifikasie,
irrelevante bygelowe,
omgewing verwoesting,
en 'n eiemagtige, sosiaal onverskillige, profyt georiënteerde heersersklas,
is in wese die gevolg van 'n gesamentlike onkunde
van twee van die mees basiese insigte wat mens kan hê oor die werklikheid.
Die ontluikende en simbiotiese aspekte van die natuurlike wet.
Die ontluikende aard van die werklikheid
is dat al die stelsels - of dit nou kennis,
samelewing, tegnologie, filosofie, of enige ander skepping -
sal, wanneer ongerem,
'n vloeiende deurlopende verandering ondergaan.
Wat ons beskou as ons alledaagse vandag,
soos moderne kommunikasie en vervoer,
sou onvoorstelbaar gewees het in antieke tye.
Net so, sal die toekoms tegnologie bevat,
realisering en sosiale strukture,
wat ons nie eens in die hede kan peil nie.
Ons het gegaan van alchemie tot chemie,
van 'n geosentriese heelal na 'n heliosentriese heelal,
van die geloof dat demone siektes veroorsaak het
tot moderne medisyne.
Hierdie ontwikkeling wys geen tekens van tot 'n einde kom nie,
en dit is hierdie bewustheid wat ons in lyn bring
en ons ly op 'n deurlopende pad
van groei en vooruitgang.
Statiese empiriese kennis bestaan nie,
eerder is dit die insig van die ontstaan van alle stelsels
wat ons moet identifiseer.
Dit beteken dat ons die hele tyd toeganklik moet wees vir nuwe inligting.
selfs al bedreig dit ons huidige geloofsinsigte en dus,
identiteit.
Ongelukkig, faal die samelewing van vandag om dit te erken,
en die gevestigde institusies gaan voort om groei te verlam
deur die behoud van ou sosiale strukture.
Gelyktydig, ly die bevolking aan 'n vrees vir verandering.
Hulle kondisionering neem 'n statiese identiteit aan
en om iemand se geloof stelsel te bevraagteken,
lei meestal tot belediging en vrees.
Om verkeerd te wees is effektiewelik gekoppel aan mislukking.
Terwyl dit in werklikheid gevier moet word as jy verkeerd bewys is.
Want dit verhef iemand na 'n nuwe vlak van begrip,
en bevorder bewustheid.
Die feit is, daar is nie so iets soos 'n slim mens nie,
want dit is net 'n kwessie van tyd
voordat hulle idees opgedateer, verander of uitgewis word.
En hierdie neiging om blindelings vas te hou aan 'n geloof sisteem,
hou dit verskuil van nuwe moontlik transformerende inligting
is niks minder as 'n vorm van intellektuele materialisme.
Die monetêre sisteem is onderhoudend van hierdie materialisme
nie net deur die self-behoudende strukture nie,
maar ook deur die ontelbare hoeveelheid mense
wat gekondisioneer is om blindelings
en sonder denke hierdie strukture te handhaaf,
dus word hulle self-aangestelde bewakers van die situasie.
Skape wat nie meer 'n skaaphond nodig het om hulle te beheer nie.
Want hulle beheer mekaar deur verwerping van diegene wat nie aan die norm voldoen nie.
Hierdie neiging om verandering teen te staan
en bestaande instellings te handhaaf
ter wille van identiteit, gemaksug,
mag en profyt,
is totaal en al onvolhoubaar.
En sal slegs verdere ongebalanseerdheid veroorsaak,
fragmentering,
vervorming,
en sonder uitsondering,
verwoesting.
Dit is tyd om te verander.
Van jagters en versamelaars,
tot die landbou-revolusie,
tot die industriële-revolusie,
die patroon is duidelik.
Dit is tyd vir 'n nuwe sosiale sisteem
wat die insigte wat ons vandag ken weerspieël.
Die monetêre sisteem is 'n produk
van 'n tydperk
waar skaarsheid 'n realiteit was.
Nou, in die tydperk van tegnologie,
is dit nie meer relevant vir die samelewing nie.
Weg met die afwykende gedrag wat dit manifesteer.
Net so is die dominante wêreld uitsig,
soos teïstiese godsdiens, bedien met
dieselfde sosiale ontoepaslikheid.
Islam, Christendom, Judaïsme, Hindoeïsme en al die ander
bestaan as struikelblokke tot persoonlike en sosiale groei.
Vir elke groep volhou 'n geslote wêreld siening.
En hierdie eindige verstandhouding wat hulle aan behoort,
is eenvoudig nie moontlik in 'n ontluikende heelal nie.
Tog, het godsdiens daarin geslaag om bewustheid te stop
van hierdie opkoms
deur die vaslegging van die sielkundige vervalsing van geloof
op sy volgelinge.
Waar logika en nuwe inligting verwerp word
in die guns van tradisionele verouderde geloofsinsigte.
Die konsep van god,
is eintlik 'n metode van rekening gee vir die aard van die saak.
In die vroeë jare het mense nie genoeg geweet
oor hoe dinge gevorm het nie,
hoe die natuur werk nie.
Toe maak hulle maar hulle eie stories op,
En hulle het god na hulle eie beeld gemaak.
'n Ou wat kwaad word
wanneer mense nie reg optree nie.
Hy het vloede veroorsaak en aardbewings
en hulle sê dit is 'n daad van god.
'n Haastige blik op die onderdrukkende geskiedenis van godsdiens
blyk dat selfs die fundamentele mites self
is 'n ontluikende ophoping ontwikkel deur middel van invloed oor die tyd.
Byvoorbeeld, 'n kardinale leerstelling van die Christelike geloof
is die dood en opstand van Christus.
Hierdie begrip is so belangrik dat die Bybel self verklaar
"En as Christus nie opgestaan het nie dan is ons prediking vergeefs en jou geloof is ook tevergeefs"
Tog is dit baie moeilik om hierdie rekening letterlik op te neem,
nie net alleen is daar geen primêre bron as aanwysing van hierdie bonatuurlike gebeurtenis in sekulêre geskiedenis nie,
bewustheid van die enorme aantal van voor-Christelike redders
wat ook dood gegaan het en uit die dood opgestaan het
plaas hierdie storie onmiddellik in mitologiese grondgebied deur assosiasie.
Vroeë kerk figure,
soos Tortullian,
het baie moeite gedoen om hierdie assosiasies te verbreek,
daar is selfs beweer dat die duiwel veroorsaak het dat die ooreenkomste voorkom.
Vermeld in die tweede eeu:
"Die duiwel, wie se besigheid dit is om die waarheid te verdraai,
maak die presiese omstandighede van die Heilige Sakramente na.
Hy doop sy volgelinge en belowe vergifnis van sondes...
hy vier die offergawe van brood, en bring die simbool van opstand na vore.
Laat ons dus die listigheid van die duiwel erken,
wat gekopieer het sekere dinge van dié wat bestempel word as Goddelik. "
Wat werklikwaar hartseer is,
is dat wanneer ons die idee voorhou dat die stories uit die Christendom,
Judaïsme, Islam en al die ander
as letterlike geskiedenis,
en hulle eerder te aanvaar vir wat hulle werklik is,
suiwer denkbeeldige uitdrukkings afgelei van baie gelowe,
sien ons dat alle gelowe 'n gemeenskaplike geskiedenis het.
En dit is hierdie verenigde noodsaaklikheid
wat erkenning moet kry en gewaardeer moet word.
Godsdienstige oortuiging het meer fragmentasie en konflik veroorsaak
as enige ander ideologie.
Die Christendom alleen het meer as 34,000 verskillende subgroepe.
Die Bybel is onderhewig aan interpretasie.
Wanneer jy dit lees, sê jy
" Ek dink Jesus het dit bedoel. Ek dink Job het dat bedoel.
O Nee! Hy het dít bedoel."
So het jy die Lutherse, die Sewende-dag Adventiste, die Rooms-Katolieke,
en 'n verdeelde kerk is geen kerk nie.
En hierdie punt oor verdeling,
wat die handelsmerk is op alle teïstiese gelowe,
bring ons tot ons tweede mislukking van bewustheid.
Die vals aanname van skeiding
deur middel van die verwerping van die simbiotiese verhouding van die lewe.
Afgesien van die verstandhouding dat alle natuurlike sisteme ontluikend is,
waar al die idees van die werklikheid voortdurend ontwikkel sal word,
verander en selfs uitgeroei.
Ons moet ook verstaan dat alle sisteme is in werklikheid,
uitgevind fragmente, net ter wille van gesprek.
Want daar is geen ding soos onafhanklikheid in die natuur nie.
Die geheel van die natuur is 'n eenvormige stelsel van medeafhanklike veranderlikes,
elkeen 'n oorsaak en 'n reaksie, wat slegs bestaan as 'n gekonsentreerde geheel.
Ons sien nie meer ons verbintenis met die omgewing nie,
so dit lyk asof ons vry is daarvan... swerwende.
Neem die suurstof weg, dan sterf ons almal onmiddellik.
Vat plant lewe weg, dan sterf ons.
En sonder die son, vrek al die plante.
So ons is verbind.
Ons moet regtig rekening hou met die totaliteit.
Dit is nie net 'n menslike ervaring op hierdie planeet nie,
hierdie is 'n totale ervaring.
En ons weet ons kan nie sonder plante en diere oorleef nie.
Ons weet ons kan nie sonder die vier elemente oorleef nie, jy weet?
Wel, wanneer gaan ons dit werklik in berekening begin bring?
Dit is wat dit is om suksesvol te wees.
Sukses hang af van hoe goed ons verbind is aan alles rondom ons.
Ek is baie bewus van die feit dat my kleinseun
geensins kan hoop
om 'n volhoubare,
vreedsame, stabiele, sosiaal regverdige wêreld te erf nie,
tensy elke kind wat vandag grootword in
Ethiopië, in Indonesië, in Bolivia, in Palestina, in Israel
ook daardie selfde verwagting het.
Jy het nodig om na die hele gemeenskap om te sien
of jy gaan ernstige probleme hê.
En nou moet ons sien dat die hele wêreld die gemeenskap is.
En ons moet almal sorg vir mekaar op hierdie wyse.
En dit is nie net 'n gemeenskap van mense nie,
dit is 'n gemeenskap van plante en diere en elemente.
En ons het regtig nodig om dit te verstaan.
Dit is wat ons ook vreugde gaan gee,
en plesier.
Dis wat ons mis in ons lewens op hierdie oomblik.
Ons kan dit spiritualiteit noem,
maar die feit van die saak is
blydskap kom van die saligheid van verbondenheid.
Dis ons universele gees.
Dis daardie deel van onsself
wat dit werklik voel,
en jy kan dit diep binne in jou voel. Dis hierdie
verbasende wonderlike gevoel en jy weet dit wanneer jy dit kry.
Jy kry dit nie van geld nie,
jy kry dit van verbintenis.
Nou, as dit nie 'n gevaar is vir hierdie land nie.
Hoe gaan ons aanhou om kernwapens te bou,
jy weet wat ek bedoel?
Wat gaan gebeur met die wapenbedryf
wanneer ons bewus word dat ons almal een is?
Dit gaan die ekonomie op fok.
Die ekonomie wat in elk geval vals is.
Wat 'n regte teleurstelling sal wees.
Jy kan sien waarom die regering uitmekaar val...
oor die idee om onvoorwaardelike liefde te ervaar. "
"Ek glo dat ongewapende waarheid en onvoorwaardelike liefde die finale sê sal hê in die werklikheid."
- Dr. Martin Luther King Jr. - 1929-1968
Sodra ons verstaan dat die integriteit van ons persoonlike bestaan
totaal en al afhanklik is
van die integriteit van alles in ons wêreld,
dan verstaan ons werklik wat die betekenis is van onvoorwaardelike liefde.
Want liefde is 'n uitbreiding van die eie ek
en jy as alles, kan geen voorwaardes hê nie,
want in werklikheid, is ons gelyktydig alles.
As dit waar is dat ons almal van die senter van 'n ster af kom,
en dat elke atoom van ons van die ster se senter af kom,
dan is ons almal dieselfde ding.
Selfs 'n Coke-masjien of 'n sigaretstompie in die straat in Buffalo
is opgemaak uit atome wat van 'n ster afkom.
Hulle is almal al duisende maal gesirkuleer,
net soos ek en jy.
En daarom, is dit net ek daarbuite.
So wat is daar om voor bang te wees? Wat is daar wat troos nodig het?
Niks. Daar is niks om voor bang te wees nie, want dit is alles ons.
Die probleem is dat ons geskei is deurdat ons gebore is
en 'n naam en identiteit gegee is en geïndividualiseer is.
Ons is geskei van die eenheid,
en dit is wat godsdiens uitbuit.
Mense het 'n hunkering om weer deel te wees van die algehele een.
Hulle buit dit uit. Hulle noem dit god, hulle sê hy het reëls,
en ek dink dit is wreed.
Ek dink jy kan dit doen sonder godsdiens.
... 'n buiteaardse besoeker wat die verskille tussen die menslike samelewings ondersoek
sal daardie verskille as onsamehangend bevind as dit vergelyk word met die ooreenkomste...
Ons lewens, ons verlede en toekoms is verbind met die son, die maan en die sterre...
Ons mense het al die atome gesien wat alles in die natuur vorm
en die kragte wat die werk gevorm het...
En ons, ons wat beliggaam die plaaslike oë en ore en gedagtes en gevoelens van die kosmos,
ons het ten minste begin om te wonder oor ons oorsprong...
sterre dinge, bespiegeling van die sterre, georganiseerde versamelings van tien biljoen, biljoen, biljoen atome,
oorweging van die evolusie van die natuur, opsporing van daardie lang pad wat dit geneem het om tot bewustheid te kom hier op die planeet aarde...
Ons lojaliteit is tot die spesies en tot die planeet. Ons praat vir die aarde.
Ons plig om te oorleef en floreer is te danke nie net aan onsself nie,
maar ook tot die kosmos, oud en uitgestrek, vanwaar ons kom.
Ons is een spesie. Ons is ster stof wat sterlig oes.
- Carl Sagan - 1934-1996
Dit is tyd om eenheid te eis,
ons verouderde sosiale sisteme het uitmekaar geval,
en om saam te werk om 'n onderhoudend,
globale gemeenskap, waarna almal omgesien word
en waar almal werklik vry is te skep.
Jou persoonlike oortuigings, wat hulle ook al mag wees,
is betekenisloos as dit kom by die noodsaaklikhede van die lewe.
Elke mens word naak gebore,
dit het warmte nodig, kos, water en skuiling.
Al die ander is hulp.
Daarom, is die belangrikste kwessie op hande
is op die intelligente bestuur van die Aarde se hulp-bronne.
Dit kan nooit behaal word binne 'n monetêre sisteem nie,
want die nastrewing van wins is die najaag van eie-belang
en daarom is wanbalans vanselfsprekend.
Terselfdertyd, is politikusse nutteloos.
Want ons ware probleme in die lewe is tegnies, nie polities nie.
Verder, ideologieë wat die mensdom skei,
soos godsdiens,
het sterk refleksie nodig binne die gemeenskap
ten opsigte van sy waarde, doel en sosiale relevansie.
Hopelik, met tyd,
sal godsdiens sy materialisme en basis in bygeloof verloor
en aan beweeg na die nuttige veld van filosofie.
Die feit is, die samelewing vandag, is agterstevoor,
met politikusse wat konstant praat van beskerming en sekuriteit
eerder as skepping, eenheid en vooruitgang.
Die VSA alleen spandeer nou omtrent $500 biljoen dollar jaarliks aan verdediging.
Dit is genoeg om elke hoërskool leerling in Amerika vier jaar kollege toe te stuur.
In die 1940's het die Manhattan Projek
die eerste werklike massa vernietigende wapen geproduseer.
Hierdie program het 130,000 mense aangestel, teen 'n ekstreme finansiële koste.
Stel jouself voor wat ons lewe sou wees vandag, as daardie groep wetenskaplikes,
instemmend daarvan om te werk aan 'n manier om mense dood te maak,
gewerk het aan 'n manier om 'n self-onderhoudende oorvloedige wêreld te skep.
Die lewe vandag sou baie, baie anders gewees het as dit hulle doel was.
In plaas van wapens van massa vernietiging,
is dit tyd om iets los te laat wat baie kragtiger is.
Wapens van massa-skepping (WMCs).
Ons ware godheid is in ons vermoë om te skep.
En toegerus met die begrip van die simbiotiese verbindings van die lewe,
terwyl dit gelei word deur die ontluikende aard van die werklikheid,
is daar niks wat ons nie kan doen of volbring nie.
Natuurlik, staar ons sterk hindernisse in die gesig
in die vorm van gevestigde mag strukture
wat weier om te verander.
In die hart van hierdie strukture is die monetêre stelsel.
Soos vroeër verduidelik, is die fraksionele reserwe beleid
'n vorm van slawerny deur skuld, waar
dit letterlik onmoontlik is vir die gemeenskap om vry te wees.
Op sy beurt, vrye-mark kapitalisme in die vorm van vrye-handel,
gebruik skuld om die wêreld gevange te hou en lande te manipuleer
in onderwerping aan 'n handjievol groot sake-en politieke magte.
Benewens hierdie ooglopende amoraliteit,
is die sisteem self gebaseer op kompetisie,
wat onmiddellik die moontlikheid vernietig
van grootskaalse vennootskappe vir die gemeenskaplike goedheid.
Vandaar verlammend vir enige poging tot ware globale volhoubaarheid.
Hierdie finansiële en korporatiewe strukture is nou verouderd,
en hulle moet ontgroei word.
Natuurlik, moet ons nie so naïef wees om te dink dat die besigheid- en finansiële elite gaan instem tot hierdie idee
want hulle gaan hulle mag en beheer verloor.
Daarom moet daar op vreedsame wyse 'n hoogs strategiese aksie geneem word.
Die mees kragtige neem van aksie is eenvoudig.
Ons moet ons optrede verander om die mag-struktuur te dwing na die wil van die mense.
Ons moet ophou om die sisteem te ondersteun.
Die enigste manier waarop die instelling sal verander
is deur ons weiering om deel te neem, terwyl
ons voortdurend die eindelose foute en korrupsie uitwys.
Hulle gaan nie die monetêre sisteem opgee nie,
nie vir ons ontwerp en vir ons aanbevelings nie.
Die sisteem moet faal,
en die mense moet vertroue verloor in hul verkose leiers.
Dit sal 'n groot keerpunt wees
as Die Venus Projek aanvaar word as 'n moontlike alternatief.
Indien nie, is ek bang vir die gevolge.
Die tendens dui nou aan dat ons land besig is om bankrot te gaan.
Die waarskynlikheid is dat ons land sal beweeg na 'n militêre diktatorskap
om onluste te verhoed asook totale sosiale verval.
Sodra die VSA ineenstort,
sal al die ander kulture soortgelyke ervarings hê.
Soos dit nou staan, is die wêreld finansiële stelsel op die rant
van ineenstorting as gevolg van sy eie tekortkominge.
Die bestuurder van geldeenhede het in 2003 gesê
dat die rente op die Amerikaanse nasionale skuld
sal nie betaalbaar wees in minder as tien jaar nie.
Dit beteken teoreties totale bankrotskap vir die Amerikaanse ekonomie
en die implikasies vir die wêreld is enorm.
Op sy beurt die fraksionele reserwe gebaseerde monetêre stelsel
is besig om sy teoretiese grense van uitbreiding te bereik
en die banke wat jy nou sien misluk is net die begin.
Dit is waarom inflasie so skerp styg,
ons skuld is op rekord vlakke
en die regering en die FED druk net nuwe geld uit
as reddingsplan vir die korrupte stelsel.
Die enigste manier om die banke aan die gang te hou
is om meer geld te maak.
Die enigste manier om meer geld te maak
is om meer skuld te maak en inflasie.
Dit is bloot 'n kwessie van tyd voordat die tafels draai
en daar niemand is wat bereid is om nuwe lenings te maak nie,
terwyl wanbetaling groei omrede mense nie geld het om hul huidige skuld te betaal nie.
Dan sal die uitbreiding van geld stop
en kontraksie sal begin op 'n skaal nog nooit gesien nie,
die einde van 'n eeu lank piramide skema.
Dit het alreeds begin.
Daarom moet ons hierdie finansiële mislukking blootstel vir wat dit is,
en hierdie swakheid gebruik tot ons voordeel.
Hier is 'n paar voorstelle:
Stel die bank bedrog bloot.
Citibank, JP Morgan Chase en die Bank van Amerika
is die mees kragtige leiers binne die korrupte Federale Reserwe-stelsel.
Dit is tyd om hierdie instellings te boikot.
Indien jy 'n bankrekening of kredietkaart by enige van hulle het,
skuif jou geld na 'n ander bank toe.
As jy 'n huislening het, herfinansier met 'n ander bank.
As jy hulle aandele besit, verkoop dit.
As jy vir hulle werk, bedank.
Hierdie gebaar sal minagting uitspreek
teen die ware magte agter die private bank kartel
bekend as die Federale Reserwe bank.
En dit sal bewustheid skep van die bedrog van die bankstelsel self.
Twee. Sit af die TV nuus.
Besoek die opkomende onafhanklike nuus agentskappe op die internet vir jou inligting.
CNN, NBC, ABC, FOX en al die ander
bied alle nuus gefiltreer aan om die huidige toestand van sake te handhaaf.
Met vier korporasies wat al die groot media-afsetpunte besit,
is objektiewe inligting onmoontlik.
Dit is die ware skoonheid van die internet.
En die georganiseerde sisteem het begin beheer verloor
as gevolg hierdie vrye vloed van inligting.
Ons moet die internet beskerm ten alle tye,
want dit is waarlik ons redding nou.
Drie.
Moet jouself nooit toelaat,
of jou familie of iemand wat jy ken, om ooit by die weermag aan te sluit nie.
Hierdie is 'n uitgediende instelling
wat nou eksklusief gebruik word om die instelling volhoubaar te maak
wat nie meer relevant is nie.
VSA soldate in Irak werk vir VSA korporasies,
nie vir die mense nie.
Propaganda dwing ons om te glo dat oorlog natuurlik is
en dat die weermag 'n eerbare instelling is.
Wel indien oorlog natuurlik is,
hoekom is daar 18 selfmoorde per dag
deur Amerikaanse veterane
wat na-traumatiese spanning stoornis het?
As ons militêre manne en vroue dan so geëer word,
hoekom is dit dat 25% van Amerika se daklose populasie
veterane is?
Vier.
Hou op om die energie verskaffers te ondersteun.
As jy in jou eie huis bly,
klim van die krag stelsel af.
Ondersoek elke moontlikheid om jou huis self-onderhoudend te maak
met skoon energie.
Solêr, wind en ander hernubare energie
is nou bekostigbare verbruikers werklikheid,
en met die oorweging van die oneindige stygende koste van die tradisionele energiebronne,
sal dit waarskynlik 'n goedkoper belegging wees oor tyd.
As jy ry, kry die kleinste kar wat jy moontlik kan
en oorweeg die gebruik van die vele omskakelings tegnologie
wat jou kar 'n baster sal maak,
elektries, of werk op enige ander vorm anders as gevestigde brandstowwe.
Vyf.
Verwerping van die politieke stelsel.
Die illusie van demokrasie is 'n belediging vir ons intelligensie.
In 'n monetêre stelsel, is daar geen ding soos ware demokrasie,
en daar was nog nooit.
Ons het twee politieke partye wat besit word deur dieselfde stel korporatiewe stemwerwers.
Hulle word in plek gestel deur die korporasies,
met populariteit kunsmatig geprojekteer deur hulle media.
In 'n stelsel van inherente korrupsie
het die verandering van personeel elke paar jaar
baie min relevansie.
In pleks daarvan om voor te gee dat politieke spel enige werklike betekenis het
fokus jou energie oor hoe om hierdie mislukte stelsel te oorbrug.
En ses.
Sluit aan by die beweging.
Gaan na thezeitgeistmovement.com
en help ons om die grootste massa beweging vir sosiale verandering daar te stel
wat die wêreld nog ooit gesien het.
Ons moet mobiliseer en almal opvoed
oor die inherente korrupsie van ons huidige wêreld stelsel,
tesame met die enigste ware onderhoudende oplossing,
die verklaring van nie-natuurlike hulpbronne op die planeet
as 'n gemeenskaplike erfenis aan alle mense,
terwyl ons almal inlig oor die werklike stand van tegnologie
en hoe ons almal vry kan wees as die wêreld saamwerk eerder as baklei.
Die keuse is joune.
Jy kan aanhou om 'n slaaf te wees tot die finansiële stelsel
en kyk na die voortdurende oorloë, depressie en die onreg oral oor die wêreld
terwyl jy jouself bevredig met nuttelose vermaak
en materialistiese gemors;
of, jy kan jou energie fokus op ware, betekenisvolle en volhoubare, holistiese verandering
wat werklik 'n realistiese vermoë het om te ondersteun
en alle mense vry te maak sodat niemand agtergelaat word nie.
Maar in die einde, sal die mees relevante verandering
eerste binne-in jou moet plaasvind.
Die werklike revolusie is die revolusie van bewustheid,
en elkeen van ons moet eers illumineer
die verdelende, materialistiese geraas
waartoe ons gekondisioneer is om te dink as die waarheid;
terwyl ons ontdek, vergroot en in lyn kom
met die sein wat kom vanaf ons ware empiriese eenheid.
Dit is oor na jou.
"Wat ons probeer met al hierdie besprekings en praatjies hier
is om te sien of ons nie 'n radikale transformasie van die intellek kan teweegbring nie.
Nie dinge aanvaar soos hulle is nie...
maar om dit te verstaan, om in dit in te gaan, om dit te ondersoek,
gee jou hart en jou intellek met alles wat jy het om uit te vind.
'n Manier om anders te leef.
Maar, dit hang van jou af en niemand anders nie.
Want hierin is geen leraar nie,
geen student,
daar is geen leier,
daar is geen ghoeroe,
daar is geen meester, geen redder.
Jy jouself is die onderwyser en die leerder, jy is die meester, jy is die ghoeroe, jy is die leier,
jy is alles
En,
om te verstaan
is om te transformeer wat is."