1 00:00:00,000 --> 00:00:07,000 Goeie môre. Hoe gaan dit? Dis fantasties sover, of hoe? 2 00:00:07,000 --> 00:00:11,000 Die hele ding het my stomgeslaan. 3 00:00:11,000 --> 00:00:15,000 Eintlik is ek oppad. (Gelag) 4 00:00:15,000 --> 00:00:19,000 Daar was drie temas sover, of hoe, 5 00:00:19,000 --> 00:00:23,000 wat deur die konferensie loop, wat relevant is 6 00:00:23,000 --> 00:00:25,000 vir waaroor ek wil praat. 7 00:00:25,000 --> 00:00:29,000 Een is die ongelooflike bewyse van menslike kreatiwiteit 8 00:00:29,000 --> 00:00:32,000 in al die aanbiedings wat ons gesien het 9 00:00:32,000 --> 00:00:35,000 en in al die mense hier. Net die blote verskeidenheid daarvan 10 00:00:35,000 --> 00:00:38,000 en die omvang daarvan. Die tweede is dat 11 00:00:38,000 --> 00:00:41,000 dit ons op ’n plek gesit het waar ons geen idee het wat gaan gebeur nie, 12 00:00:41,000 --> 00:00:43,000 ten opsigte van die toekoms. Geen idee 13 00:00:43,000 --> 00:00:45,000 hoe dinge dalk kan verloop nie. 14 00:00:45,000 --> 00:00:48,000 Ek het ’n belang by opvoedkunde -- 15 00:00:48,000 --> 00:00:51,000 eintlik, wat ek vind is dat almal ’n belang by opvoedkunde het. 16 00:00:51,000 --> 00:00:53,000 Het julle nie? Ek vind dit baie interessant. 17 00:00:53,000 --> 00:00:56,000 As jy by ’n ete is, en jy sê 18 00:00:56,000 --> 00:00:59,000 jy werk in opvoedkunde -- 19 00:00:59,000 --> 00:01:06,000 eintlik, om die waarheid te sê, is jy nie gereeld by etes as jy in opvoedkunde werk nie. 20 00:01:06,000 --> 00:01:09,000 (Gelag) Jy word nie genooi nie. 21 00:01:09,000 --> 00:01:14,000 En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. 22 00:01:14,000 --> 00:01:16,000 Maar as jy is, en jy sê vir iemand, 23 00:01:16,000 --> 00:01:18,000 jy weet, hulle sê: "Wat doen jy vir ’n lewe?" 24 00:01:18,000 --> 00:01:20,000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 25 00:01:20,000 --> 00:01:24,000 kan jy sien hoe die bloed uit hulle gesig vloei. Hulle's soos: 26 00:01:24,000 --> 00:01:30,000 "Aggenee," jy weet, "Hoekom ek? My een aand uit hierdie hele week." (Gelag) 27 00:01:30,000 --> 00:01:32,000 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding, 28 00:01:32,000 --> 00:01:34,000 druk hulle jou in ’n hoek vas. Want dis een van daai dinge 29 00:01:34,000 --> 00:01:37,000 wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 30 00:01:37,000 --> 00:01:40,000 Soos geloof, en geld en ander dinge. 31 00:01:40,000 --> 00:01:44,000 Ek het ’n groot belang by opvoedkunde en ek dink ons almal het. 32 00:01:44,000 --> 00:01:46,000 Ons het 'n groot persoonlike belang daarby, 33 00:01:46,000 --> 00:01:49,000 deels omdat dit opvoeding is wat veronderstel is om 34 00:01:49,000 --> 00:01:52,000 ons in hierdie toekoms wat ons nie kan begryp nie in te neem. 35 00:01:52,000 --> 00:01:55,000 As jy daaroor dink, kinders wat hierdie jaar skool begin 36 00:01:55,000 --> 00:02:01,000 tree af in 2065. Niemand het ’n idee -- 37 00:02:01,000 --> 00:02:04,000 ten spyte van al die kennis wat die laaste vier dae hier op vertoon was -- 38 00:02:04,000 --> 00:02:06,000 hoe die wêreld gaan lyk 39 00:02:06,000 --> 00:02:08,000 oor vyf jaar nie. En tog is ons veronderstel 40 00:02:08,000 --> 00:02:11,000 om hulle daarvoor op te voed. So die onvoorspelbaarheid, dink ek, 41 00:02:11,000 --> 00:02:13,000 is ongelooflik. 42 00:02:13,000 --> 00:02:15,000 En die derde deel hiervan is dat 43 00:02:15,000 --> 00:02:20,000 ons almal nietemin saamgestem het oor die 44 00:02:20,000 --> 00:02:23,000 werklik buitengewone kapasiteite wat kinders het -- 45 00:02:23,000 --> 00:02:25,000 hulle kapasiteite vir innovasie. Ek bedoel, Sirena gisteraand was ongelooflik, 46 00:02:25,000 --> 00:02:28,000 of hoe? Net om te sien wat sy kan doen. 47 00:02:28,000 --> 00:02:33,000 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie sy's, soos hulle sou sê, 48 00:02:33,000 --> 00:02:36,000 uitsonderlik in die geheel van kindwees nie. 49 00:02:36,000 --> 00:02:39,000 Wat ’n mens daar het is ’n persoon van ongelooflike toewyding 50 00:02:39,000 --> 00:02:41,000 wat ’n talent gevind het. En ek voer aan dat 51 00:02:41,000 --> 00:02:43,000 alle kinders geweldige talente het. 52 00:02:43,000 --> 00:02:45,000 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. 53 00:02:45,000 --> 00:02:48,000 So ek wil praat oor opvoedkunde en 54 00:02:48,000 --> 00:02:51,000 ek wil praat oor kreatiwiteit. Ek voer aan dat 55 00:02:51,000 --> 00:02:54,000 kreatiwiteit nou so belangrik soos geletterheid in opvoeding is 56 00:02:54,000 --> 00:02:58,000 en dat ons dit dieselfde status moet toeken. 57 00:02:58,000 --> 00:03:06,000 (Applous) Dankie. Dit was dit, terloops. 58 00:03:06,000 --> 00:03:10,000 Baie dankie. (Applous) So, nog 15 minute. 59 00:03:10,000 --> 00:03:17,000 Wel, ek is gebore... nee. (Gelag) 60 00:03:17,000 --> 00:03:21,000 Ek het onlangs ’n goeie storie gehoor -- ek geniet om dit te vertel -- 61 00:03:21,000 --> 00:03:25,000 van ’n klein dogtertjie in 'n tekenklas. Sy was ses 62 00:03:25,000 --> 00:03:27,000 en sy was agter in die klas, aan die teken, 63 00:03:27,000 --> 00:03:29,000 en die juffrou het gesê die dogtertjie het omtrent nooit 64 00:03:29,000 --> 00:03:33,000 aandag geskenk nie, maar in hierdie tekenklas het sy. 65 00:03:33,000 --> 00:03:35,000 Die juffrou was gefassineerd en sy het na haar toe gegaan 66 00:03:35,000 --> 00:03:38,000 en gesê: "Wat teken jy?" 67 00:03:38,000 --> 00:03:41,000 En die dogtertjie het gesê: "Ek teken ’n prentjie van God." 68 00:03:41,000 --> 00:03:44,000 En die juffrou het gesê: "Maar niemand weet hoe God lyk nie." 69 00:03:44,000 --> 00:03:51,000 En die dogtertjie sê toe: "Hulle sal nou-nou." 70 00:03:51,000 --> 00:03:52,000 (Gelag) 71 00:03:52,000 --> 00:03:57,000 Toe my seun vier was in Engeland -- 72 00:03:57,000 --> 00:04:00,000 eintlik was hy oral vier, om eerlik te wees. (Gelag) 73 00:04:00,000 --> 00:04:06,000 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, was hy vier daai jaar. 74 00:04:06,000 --> 00:04:08,000 Hy was in die Kersspel. 75 00:04:08,000 --> 00:04:11,000 Onthou julle die storie? Nee, dit was groot. 76 00:04:11,000 --> 00:04:14,000 Dit was ’n groot storie. Mel Gibson het die opvolg gedoen. 77 00:04:14,000 --> 00:04:19,000 Julle't dit dalk gesien: "Kersspel II." Maar James het die rol van Josef gekry, 78 00:04:19,000 --> 00:04:22,000 en ons was in ons noppies daaroor. 79 00:04:22,000 --> 00:04:24,000 Ons het dit as een van die hoofrolle beskou. 80 00:04:24,000 --> 00:04:26,000 Ons het die plek vol agente met T-hempde gehad: 81 00:04:26,000 --> 00:04:29,000 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 82 00:04:29,000 --> 00:04:31,000 Hy hoef nie te gepraat het nie, maar julle ken die deel 83 00:04:31,000 --> 00:04:34,000 waar die drie wyse manne inkom. Hulle bring geskenke, 84 00:04:34,000 --> 00:04:36,000 en hulle bring goud, wierook (frankincense) en mirre. 85 00:04:36,000 --> 00:04:38,000 Dit het rêrig gebeur. Ons sit toe daar 86 00:04:38,000 --> 00:04:40,000 en ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 87 00:04:40,000 --> 00:04:42,000 want ons het na die tyd met die seuntjie gepraat en gesê: 88 00:04:42,000 --> 00:04:44,000 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: "Ja, hoekom? Was dit verkeerd?" 89 00:04:44,000 --> 00:04:46,000 Hulle't net geruil, dit was dit. 90 00:04:46,000 --> 00:04:47,000 In elk geval, die drie seuntjies kom in -- 91 00:04:47,000 --> 00:04:49,000 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 92 00:04:49,000 --> 00:04:52,000 en hulle sit hierdie bokse neer, 93 00:04:52,000 --> 00:04:54,000 en die eerste seuntjie sê: "Ek bring vir U goud." 94 00:04:54,000 --> 00:04:57,000 En die tweede een sê: "Ek bring vir U mirre." 95 00:04:57,000 --> 00:05:11,000 En die derde een sê: "Frank sent this." (Gelag) 96 00:05:11,000 --> 00:05:13,000 Wat hierdie goed in gemeen het, is dat kinders ’n kans sal vat. 97 00:05:13,000 --> 00:05:16,000 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 98 00:05:16,000 --> 00:05:19,000 Is ek reg? Hulle's nie bang om verkeerd te wees nie. 99 00:05:19,000 --> 00:05:24,000 Nou, ek bedoel nie dat verkeerd wees en kreatief wees dieselfde ding is nie. 100 00:05:24,000 --> 00:05:25,000 Wat ons wel weet is, 101 00:05:25,000 --> 00:05:28,000 as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, 102 00:05:28,000 --> 00:05:31,000 sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie. 103 00:05:31,000 --> 00:05:34,000 As jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. En teen die tyd wat hulle grootmense is, 104 00:05:34,000 --> 00:05:36,000 het meeste kinders daai kapasiteit verloor. 105 00:05:36,000 --> 00:05:39,000 Hulle het bang geword om verkeerd te wees. 106 00:05:39,000 --> 00:05:41,000 En ons bestuur ons maatskappye so, terloops. 107 00:05:41,000 --> 00:05:44,000 Ons stigmatiseer foute. En nou bedryf ons 108 00:05:44,000 --> 00:05:47,000 nasionale opvoedingstelsels waar 109 00:05:47,000 --> 00:05:50,000 foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak. 110 00:05:50,000 --> 00:05:53,000 En die gevolg is dat ons mense uit hulle kreatiewe 111 00:05:53,000 --> 00:05:56,000 kapasiteite uit opvoed. Picasso het dit gesê. 112 00:05:56,000 --> 00:05:59,000 Hy't gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is. 113 00:05:59,000 --> 00:06:03,000 Die probleem is om een te bly soos ons grootword. Ek glo dit vas: 114 00:06:03,000 --> 00:06:05,000 ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 115 00:06:05,000 --> 00:06:08,000 ons groei uit dit uit. Of eerder, ons word uit dit uit opgevoed. 116 00:06:08,000 --> 00:06:10,000 So hoekom is dit so? 117 00:06:10,000 --> 00:06:14,000 Ek het tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon. 118 00:06:14,000 --> 00:06:16,000 Ons het van Stratford na Los Angeles getrek. 119 00:06:16,000 --> 00:06:20,000 So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was. 120 00:06:20,000 --> 00:06:22,000 (Gelag) Eintlik, 121 00:06:22,000 --> 00:06:24,000 het ons in ’n plek genaamd Snitterfield gewoon, 122 00:06:24,000 --> 00:06:26,000 net buite Stratford, en dit is waar 123 00:06:26,000 --> 00:06:31,000 Shakespeare se pa gebore is. Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. 124 00:06:31,000 --> 00:06:33,000 ’n Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie, dink mens? 125 00:06:33,000 --> 00:06:35,000 Dink mens? Want ’n mens dink nie aan 126 00:06:35,000 --> 00:06:37,000 Shakespeare as ’n kind nie, of hoe? 127 00:06:37,000 --> 00:06:40,000 Shakespeare op sewe? Ek't nooit daaraan gedink nie. Ek bedoel, hy was 128 00:06:40,000 --> 00:06:42,000 sewe op een of ander stadium. Hy was in 129 00:06:42,000 --> 00:06:51,000 iemand se Engelse klas, ne? Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 130 00:06:51,000 --> 00:07:05,000 (Gelag) "Moet harder probeer." Word bed toe gestuur deur sy pa, jy weet, 131 00:07:05,000 --> 00:07:08,000 aan Shakespeare: "Gaan slaap, nou," 132 00:07:08,000 --> 00:07:10,000 aan William Shakespeare: "en sit neer die potlood. 133 00:07:10,000 --> 00:07:18,000 En hou op om so te praat. Dit verwar almal." 134 00:07:18,000 --> 00:07:23,000 (Gelag) 135 00:07:23,000 --> 00:07:26,000 In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles, 136 00:07:26,000 --> 00:07:30,000 en ek wil net iets sê oor die oorgang, eintlik. 137 00:07:30,000 --> 00:07:33,000 My seun wou nie kom nie. 138 00:07:33,000 --> 00:07:36,000 Ek het twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16. 139 00:07:36,000 --> 00:07:38,000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. Hy was mal daaroor, 140 00:07:38,000 --> 00:07:43,000 maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. Die liefde van sy lewe, Sarah. 141 00:07:43,000 --> 00:07:45,000 Hy't haar al ’n maand geken. 142 00:07:45,000 --> 00:07:48,000 Maar sien, hulle't al hulle vierde herdenking gevier, 143 00:07:48,000 --> 00:07:52,000 want dis ’n lang tyd as jy 16 is. 144 00:07:52,000 --> 00:07:54,000 In elk geval, hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig, 145 00:07:54,000 --> 00:07:56,000 en hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie." 146 00:07:56,000 --> 00:07:58,000 Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê, 147 00:07:58,000 --> 00:08:10,000 want sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 148 00:08:10,000 --> 00:08:13,000 (Gelag) 149 00:08:13,000 --> 00:08:16,000 Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek 150 00:08:16,000 --> 00:08:18,000 en wanneer jy om die wêreld reis: 151 00:08:18,000 --> 00:08:22,000 Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hierargie van vakke. 152 00:08:22,000 --> 00:08:24,000 Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie. 153 00:08:24,000 --> 00:08:26,000 ’n Mens sou dink dis anders, maar dit is nie. 154 00:08:26,000 --> 00:08:29,000 Heel bo is wiskunde en tale, 155 00:08:29,000 --> 00:08:31,000 dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste. 156 00:08:31,000 --> 00:08:33,000 Orals op aarde. 157 00:08:33,000 --> 00:08:36,000 En in min of meer elke stelsel 158 00:08:36,000 --> 00:08:38,000 is daar ook ’n hierargie binne die kunste. 159 00:08:38,000 --> 00:08:40,000 Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole 160 00:08:40,000 --> 00:08:43,000 as drama en dans. Daar is nie ’n opvoedingstelsel op die planeet 161 00:08:43,000 --> 00:08:45,000 wat dans elke dag vir kinders leer 162 00:08:45,000 --> 00:08:48,000 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom? 163 00:08:48,000 --> 00:08:50,000 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 164 00:08:50,000 --> 00:08:53,000 Ek dink wiskunde is belangrik, maar dans is ook. 165 00:08:53,000 --> 00:08:56,000 Kinders dans heeltyd as hulle mag, ons almal doen dit. 166 00:08:56,000 --> 00:08:59,000 Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop? 167 00:08:59,000 --> 00:09:03,000 (Gelag) Inderwaarheid, wat gebeur is, 168 00:09:03,000 --> 00:09:05,000 soos kinders grootword, begin ons hulle geleidelik 169 00:09:05,000 --> 00:09:08,000 van die middellyf af boontoe opvoed. En dan fokus ons op hulle koppe. 170 00:09:08,000 --> 00:09:10,000 En effens na een kant toe. 171 00:09:10,000 --> 00:09:14,000 As jy opvoeding sou besoek, as 'n ruimtewese, 172 00:09:14,000 --> 00:09:17,000 en sê: "Waarvoor is dit, openbare opvoeding?" 173 00:09:17,000 --> 00:09:19,000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom -- as jy kyk na die uitset, 174 00:09:19,000 --> 00:09:21,000 wie behaal werklik sukses hierdeur, 175 00:09:21,000 --> 00:09:23,000 wie doen alles wat hulle moet, 176 00:09:23,000 --> 00:09:26,000 wie kry al die "brownie points", wie is die wenners -- 177 00:09:26,000 --> 00:09:29,000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom dat die hele doel van openbare opvoeding 178 00:09:29,000 --> 00:09:30,000 regoor die wêreld 179 00:09:30,000 --> 00:09:34,000 is om universiteitsprofessors te lewer. Of hoe? 180 00:09:34,000 --> 00:09:36,000 Hulle is die mense wat bo uitkom. 181 00:09:37,000 --> 00:09:40,000 En ek was een, so vat so. (Gelag) 182 00:09:40,000 --> 00:09:44,000 En ek hou van universiteitsprofessors, maar julle weet, 183 00:09:44,000 --> 00:09:48,000 ons moet hulle nie as die hoogtepunt van alle menslike prestasie voorhou nie. 184 00:09:48,000 --> 00:09:50,000 Hulle is net ’n vorm van lewe, 185 00:09:50,000 --> 00:09:52,000 nog ’n vorm van lewe. Maar hulle's nogal vreemd, 186 00:09:52,000 --> 00:09:54,000 en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle. 187 00:09:54,000 --> 00:09:57,000 Daar's iets vreemd omtrent professors in my ervaring -- 188 00:09:57,000 --> 00:10:00,000 nie almal van hulle nie, maar tipies -- lewe hulle in hul koppe. 189 00:10:00,000 --> 00:10:02,000 Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe. 190 00:10:02,000 --> 00:10:06,000 Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier. 191 00:10:06,000 --> 00:10:08,000 Hulle kyk na hul liggame 192 00:10:08,000 --> 00:10:17,000 as ’n vervoermiddel vir hul koppe, of hoe? 193 00:10:17,000 --> 00:10:24,000 (Gelag) Dis ’n manier om hul koppe by vergaderings te kry. 194 00:10:24,000 --> 00:10:27,000 As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings, 195 00:10:27,000 --> 00:10:30,000 terloops, besoek ’n residensiële konferensie 196 00:10:30,000 --> 00:10:32,000 van senior akademici, 197 00:10:32,000 --> 00:10:35,000 en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand. 198 00:10:35,000 --> 00:10:39,000 (Gelag) En daar sal julle dit sien -- volwasse mans en vroue 199 00:10:39,000 --> 00:10:43,000 wat ritmeloos wriemel, terwyl hulle wag 200 00:10:43,000 --> 00:10:47,000 vir dit om klaar te maak sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf. 201 00:10:47,000 --> 00:10:53,000 Nou, ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid. 202 00:10:53,000 --> 00:10:56,000 En daar's ’n rede daarvoor. 203 00:10:56,000 --> 00:10:58,000 Die hele stelsel is uitgedink -- regoor die wêreld, was daar, in werklikheid, 204 00:10:58,000 --> 00:11:00,000 geen openbare opvoedingstelsels voor die 19de eeu nie. 205 00:11:00,000 --> 00:11:03,000 Hulle het almal tot wording gekom 206 00:11:03,000 --> 00:11:04,000 om in die behoeftes van industrialisme te voorsien. 207 00:11:04,000 --> 00:11:07,000 So die hierargie is gewortel in twee idees. 208 00:11:07,000 --> 00:11:11,000 Een, dat die mees nuttige vakke vir werk 209 00:11:11,000 --> 00:11:13,000 heel bo is. So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van 210 00:11:13,000 --> 00:11:15,000 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 211 00:11:15,000 --> 00:11:17,000 op grond daarvan dat jy nooit 212 00:11:17,000 --> 00:11:20,000 ’n werk daardeur sou kry nie. Is dit reg? 213 00:11:20,000 --> 00:11:22,000 Moenie musiek neem nie, jy gaan nie ’n musikant word nie; 214 00:11:22,000 --> 00:11:24,000 moenie kuns neem nie, jy gaan nie ’n kunstenaar word nie. 215 00:11:25,000 --> 00:11:29,000 Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. Die hele wêreld 216 00:11:29,000 --> 00:11:30,000 is verswelg in ’n rewolusie. 217 00:11:30,000 --> 00:11:33,000 En die tweede is akademiese vaardigheid, wat werklik ons idee 218 00:11:33,000 --> 00:11:34,000 van intelligensie oorskadu, 219 00:11:34,000 --> 00:11:37,000 omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het. 220 00:11:37,000 --> 00:11:39,000 As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel 221 00:11:39,000 --> 00:11:41,000 van openbare opvoeding regoor die wêreld is ’n uitgerekte proses 222 00:11:41,000 --> 00:11:43,000 van universiteitstoelating. 223 00:11:43,000 --> 00:11:46,000 En die gevolg is dat baie hoogs talentvolle, 224 00:11:46,000 --> 00:11:48,000 briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie, 225 00:11:48,000 --> 00:11:50,000 omdat die ding waarin hulle goed was op skool 226 00:11:50,000 --> 00:11:54,000 nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is. 227 00:11:54,000 --> 00:11:56,000 En ek dink nie ons kan bekostig om so voort te gaan nie. 228 00:11:56,000 --> 00:11:58,000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 229 00:11:58,000 --> 00:12:01,000 gaan meer mense wêreldwyd deur 230 00:12:01,000 --> 00:12:03,000 opvoeding gradueer as sedert die begin van geskiedenis. 231 00:12:03,000 --> 00:12:05,000 Meer mense, en dis die kombinasie 232 00:12:05,000 --> 00:12:07,000 van al die dinge waaroor ons gepraat het -- 233 00:12:07,000 --> 00:12:10,000 tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, en demografie 234 00:12:10,000 --> 00:12:12,000 en die massiewe bevolkingsontploffing. 235 00:12:12,000 --> 00:12:15,000 Skielik is grade niks werd nie. Nie waar nie? 236 00:12:15,000 --> 00:12:19,000 Toe ek ’n student was, as jy ’n graad gehad het, het jy ’n werk gehad. 237 00:12:19,000 --> 00:12:22,000 As jy nie ’n werk gehad het nie wou jy nie een hê nie. 238 00:12:22,000 --> 00:12:25,000 En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag) 239 00:12:25,000 --> 00:12:30,000 Maar deesdae is kinders met grade gereeld 240 00:12:30,000 --> 00:12:31,000 oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel, 241 00:12:31,000 --> 00:12:34,000 omdat jy ’n MA nodig het waar die vorige posisie ’n BA vereis het, 242 00:12:34,000 --> 00:12:37,000 en jy nou ’n PhD benodig vir die ander. 243 00:12:37,000 --> 00:12:39,000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 244 00:12:39,000 --> 00:12:41,000 En dit dui daarop dat die hele struktuur van opvoeding 245 00:12:41,000 --> 00:12:43,000 besig is om onder ons voete te skuif. Ons moet drasties ons 246 00:12:43,000 --> 00:12:44,000 siening van intelligensie hersien. 247 00:12:44,000 --> 00:12:46,000 Ons weet drie dinge omtrent intelligensie. 248 00:12:46,000 --> 00:12:49,000 Een, dis divers. Ons dink oor die wêreld op al die maniere 249 00:12:49,000 --> 00:12:51,000 wat ons dit ervaar. Ons dink visueel, 250 00:12:51,000 --> 00:12:54,000 ons dink in klank, ons dink kineties. 251 00:12:54,000 --> 00:12:57,000 Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging. 252 00:12:57,000 --> 00:12:59,000 Tweedens, intelligensie is dinamies. 253 00:12:59,000 --> 00:13:02,000 As ’n mens kyk na die interaksies van ’n menslike brein, soos ons gister 254 00:13:02,000 --> 00:13:05,000 tydens heelwat aanbiedings gehoor het, 255 00:13:05,000 --> 00:13:07,000 is intelligensie wonderlik interaktief. 256 00:13:07,000 --> 00:13:10,000 Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie. 257 00:13:10,000 --> 00:13:13,000 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- wat ek definieer as die proses 258 00:13:13,000 --> 00:13:15,000 van oorspronklike idees met waarde hê -- 259 00:13:15,000 --> 00:13:18,000 gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie 260 00:13:18,000 --> 00:13:21,000 van verskillende dissiplinêre maniere van dinge sien. 261 00:13:21,000 --> 00:13:23,000 Die brein is doelbewus -- terloops, 262 00:13:23,000 --> 00:13:26,000 daar is ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind, 263 00:13:26,000 --> 00:13:28,000 genaamd die corpus callosum. Dis dikker by vrouens. 264 00:13:28,000 --> 00:13:30,000 Om aan te sluit by Helen gister, dink ek 265 00:13:30,000 --> 00:13:34,000 dis waarskynlik hoekom vrouens beter is met "multi-tasking". 266 00:13:34,000 --> 00:13:36,000 Want julle is mos, ne? 267 00:13:36,000 --> 00:13:39,000 Daar's baie navorsing, maar ek weet dit uit persoonlike ervaring. 268 00:13:39,000 --> 00:13:41,000 As my vrou besig is om te kook by die huis -- 269 00:13:41,000 --> 00:13:45,000 wat nie baie is nie, dankie tog. (Gelag) 270 00:13:45,000 --> 00:13:48,000 Maar julle weet, sy's besig -- nee, sy's goed met sommige dinge -- 271 00:13:48,000 --> 00:13:50,000 maar as sy kook, julle weet, 272 00:13:50,000 --> 00:13:52,000 hanteer sy foonoproepe, 273 00:13:52,000 --> 00:13:55,000 praat sy met die kinders, verf sy die plafon. 274 00:13:55,000 --> 00:13:58,000 Sy doen 'n oophart-operasie hier. 275 00:13:58,000 --> 00:14:01,000 As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit, 276 00:14:01,000 --> 00:14:04,000 die foon is van die mikkie af, as sy inkom raak ek geïrriteerd. 277 00:14:04,000 --> 00:14:17,000 Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier. Gee my ’n kans." (Gelag) 278 00:14:17,000 --> 00:14:19,000 Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding, 279 00:14:19,000 --> 00:14:22,000 as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie, 280 00:14:22,000 --> 00:14:25,000 het dit gebeur? Onthou julle daai ou sê-ding? 281 00:14:25,000 --> 00:14:28,000 Ek het onlangs ’n goeie T-hemp gesien wat gesê het: "As ’n man homself uitspreek 282 00:14:28,000 --> 00:14:31,000 in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie, 283 00:14:31,000 --> 00:14:40,000 is hy steeds verkeerd?" (Gelag) 284 00:14:40,000 --> 00:14:42,000 En die derde ding omtrent intelligensie is, 285 00:14:43,000 --> 00:14:45,000 dis spesifiek. Ek is besig met ’n nuwe boek op die oomblik, 286 00:14:45,000 --> 00:14:47,000 met die naam "Epiphany," wat gebaseer is op ’n reeks 287 00:14:47,000 --> 00:14:49,000 onderhoude met mense oor hoe hulle hul talent 288 00:14:49,000 --> 00:14:51,000 ontdek het. Ek vind hoe mense daar uitgekom het fassinerend. 289 00:14:51,000 --> 00:14:54,000 Dit is aangespoor deur ’n gesprek wat ek gehad het 290 00:14:54,000 --> 00:14:56,000 met ’n wonderlike vrou wat meeste mense miskien 291 00:14:56,000 --> 00:14:58,000 nog nooit van gehoor het nie, haar naam is Gillian Lynne, 292 00:14:58,000 --> 00:15:00,000 al van haar gehoor? Sommige het. Sy's ’n choreograaf 293 00:15:00,000 --> 00:15:02,000 en almal ken haar werk. 294 00:15:02,000 --> 00:15:04,000 Sy het "Cats," en "Phantom of the Opera" gedoen. 295 00:15:04,000 --> 00:15:08,000 Sy's wonderlik. Ek was van te vore op die raad van die Koninklike Ballet, in Engeland, 296 00:15:08,000 --> 00:15:10,000 soos julle kan sien. 297 00:15:10,000 --> 00:15:12,000 In elk geval, Gillian en ek het eendag saam geëet en ek sê toe: 298 00:15:12,000 --> 00:15:14,000 "Gillian, hoe het jy ’n danser geword?" En sy sê toe 299 00:15:14,000 --> 00:15:16,000 dit was interessant, toe sy op skool was, 300 00:15:16,000 --> 00:15:19,000 was sy rêrig hopeloos. En die skool, in die 30's, 301 00:15:19,000 --> 00:15:21,000 skryf toe vir haar ouers en sê: "Ons dink 302 00:15:21,000 --> 00:15:23,000 Gillian het ’n leerprobleem." Sy kon nie konsentreer nie, 303 00:15:23,000 --> 00:15:25,000 sy het gevroetel. Ek dink deesdae sou hulle sê 304 00:15:25,000 --> 00:15:29,000 sy't aandagafleibaarheid. Sou julle nie ook nie? Maar hierdie was die 1930's, 305 00:15:29,000 --> 00:15:32,000 en aandagafleibaarheid was nog nie toe al uitgedink nie. 306 00:15:32,000 --> 00:15:35,000 Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. (Gelag) 307 00:15:35,000 --> 00:15:39,000 Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. 308 00:15:39,000 --> 00:15:43,000 In elk geval, sy gaan sien toe hierdie spesialis. So, hierdie eikepaneel kamer, 309 00:15:43,000 --> 00:15:46,000 en sy's daar saam met haar ma, 310 00:15:46,000 --> 00:15:49,000 en sy's ingelei en sy't op ’n stoel op die punt gesit, 311 00:15:49,000 --> 00:15:51,000 en op haar hande gesit vir 20 minute terwyl 312 00:15:51,000 --> 00:15:53,000 hierdie man met haar ma gepraat het oor al 313 00:15:53,000 --> 00:15:57,000 die probleme wat Gillian by die skool het. En na dit -- 314 00:15:57,000 --> 00:15:59,000 want sien sy het ander ontwrig, 315 00:15:59,000 --> 00:16:01,000 haar huiswerk was altyd laat, ensovoorts, 316 00:16:01,000 --> 00:16:04,000 klein kind van agt -- op die ou end, gaan sit die dokter 317 00:16:04,000 --> 00:16:06,000 langs Gillian en sê: "Gillian, 318 00:16:06,000 --> 00:16:08,000 ek't nou geluister na al die dinge wat jou ma 319 00:16:08,000 --> 00:16:10,000 my vertel het, en ek moet nou privaat met haar gesels." 320 00:16:10,000 --> 00:16:13,000 Hy sê toe: "Wag hier, ons is nou terug, ons sal nie lank wees nie." 321 00:16:13,000 --> 00:16:15,000 en hulle't haar daar gelos. 322 00:16:15,000 --> 00:16:17,000 Maar soos hulle uitgegaan het, het hy die radio wat op sy 323 00:16:17,000 --> 00:16:19,000 lessenaar was aangesit. En toe hulle 324 00:16:19,000 --> 00:16:21,000 uit die kamer is, sê hy vir haar ma, 325 00:16:21,000 --> 00:16:24,000 "Hou haar net dop." En die oomblik toe hulle uit die kamer is, 326 00:16:24,000 --> 00:16:28,000 sê sy, was sy op haar voete, besig om saam met die musiek te beweeg. 327 00:16:28,000 --> 00:16:30,000 En hulle't vir ’n paar minute gekyk 328 00:16:30,000 --> 00:16:33,000 en hy't na haar ma gedraai en gesê: 329 00:16:33,000 --> 00:16:37,000 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie, sy's 'n danser. 330 00:16:37,000 --> 00:16:39,000 Neem haar na 'n dansskool." 331 00:16:39,000 --> 00:16:41,000 Ek sê toe: "Wat het gebeur?" 332 00:16:41,000 --> 00:16:44,000 En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie. 333 00:16:44,000 --> 00:16:46,000 Ons't in hierdie kamer ingeloop en dit was vol 334 00:16:46,000 --> 00:16:49,000 mense soos ek. Mense wat nie kon stilsit nie. 335 00:16:49,000 --> 00:16:52,000 Mense wat moes beweeg om te dink." Wat moes beweeg om te dink. 336 00:16:52,000 --> 00:16:54,000 Hulle het ballet gedoen, tap gedoen, jazz gedoen, 337 00:16:54,000 --> 00:16:56,000 hulle het moderne en kontemporêre dans gedoen. 338 00:16:56,000 --> 00:16:59,000 Sy het eindelik vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen, 339 00:16:59,000 --> 00:17:01,000 sy het ’n solois geword, sy het ’n wonderlike loopbaan gehad 340 00:17:01,000 --> 00:17:03,000 by die Koninklike Ballet. Op die ou end het sy gegradueer 341 00:17:03,000 --> 00:17:05,000 van die Koninklike Balletskool en 342 00:17:05,000 --> 00:17:08,000 haar eie geselskap gestig -- die Gillian Lynne Dance Company -- 343 00:17:08,000 --> 00:17:11,000 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. Sy was al vir van die mees 344 00:17:11,000 --> 00:17:13,000 suksesvolle musikale teater produksies in die 345 00:17:13,000 --> 00:17:18,000 geskiedenis verantwoordelik, sy't al aan miljoene plesier gegee, 346 00:17:18,000 --> 00:17:21,000 en sy's ’n multi-millionêr. Iemand anders 347 00:17:21,000 --> 00:17:25,000 sou haar dalk op medikasie gesit het en vir haar gesê het 348 00:17:25,000 --> 00:17:27,000 om te kalmeer. 349 00:17:27,000 --> 00:17:30,000 Nou, ek dink ... (Applous) Waarop dit neerkom is dit: 350 00:17:30,000 --> 00:17:32,000 Al Gore het die ander aand gepraat 351 00:17:32,000 --> 00:17:35,000 oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson. 352 00:17:35,000 --> 00:17:39,000 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 353 00:17:39,000 --> 00:17:42,000 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem, 354 00:17:42,000 --> 00:17:46,000 een waarin ons begin om ons konsep 355 00:17:46,000 --> 00:17:48,000 van die rykdom van menslike kapasiteit te hersien. 356 00:17:48,000 --> 00:17:52,000 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn op die manier 357 00:17:52,000 --> 00:17:54,000 wat ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit. 358 00:17:54,000 --> 00:17:57,000 En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie. 359 00:17:57,000 --> 00:18:00,000 Ons moet die fundamentele beginsels waarmee 360 00:18:00,000 --> 00:18:02,000 ons ons kinders opvoed heroorweeg. Daar was 361 00:18:02,000 --> 00:18:06,000 ’n wonderlike aanhaling van Jonas Salk, wat gesê het: "As al die insekte 362 00:18:06,000 --> 00:18:09,000 van die aarde af sou verdwyn, 363 00:18:09,000 --> 00:18:12,000 sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf. 364 00:18:12,000 --> 00:18:15,000 As al die mense van die aarde af sou verdwyn, 365 00:18:15,000 --> 00:18:19,000 sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer." 366 00:18:19,000 --> 00:18:21,000 En hy's reg. 367 00:18:21,000 --> 00:18:24,000 Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin. 368 00:18:24,000 --> 00:18:28,000 Ons moet nou versigtig wees dat ons dit met wysheid 369 00:18:28,000 --> 00:18:31,000 gebruik, en dat ons van die senarios vermy 370 00:18:31,000 --> 00:18:34,000 senarios waaroor ons gepraat het. En die enigste manier 371 00:18:35,000 --> 00:18:38,000 wat ons dit kan doen is deur ons kreatiewe kapasiteite 372 00:18:38,000 --> 00:18:40,000 te sien vir die rykdom wat hulle is, en ons kinders 373 00:18:40,000 --> 00:18:43,000 te sien vir die hoop wat hulle is. En ons opdrag 374 00:18:43,000 --> 00:18:46,000 is om hul hele wese op te voed, sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan. 375 00:18:46,000 --> 00:18:49,000 Terloops -- ons sal dalk nie hierdie toekoms sien nie, 376 00:18:49,000 --> 00:18:52,000 maar hulle sal. En ons plig is om hulle 377 00:18:52,000 --> 00:18:54,000 te help om iets daarvan te maak. Baie dankie.