1 00:00:02,050 --> 00:00:05,310 Goeie môre. Hoe gaan dit? 2 00:00:05,310 --> 00:00:06,280 (Gelag) 3 00:00:06,280 --> 00:00:08,800 Dis fantasties sover, of hoe? 4 00:00:08,800 --> 00:00:11,000 Die hele ding het my stomgeslaan. 5 00:00:11,000 --> 00:00:12,680 Eintlik is ek op pad. 6 00:00:12,680 --> 00:00:14,880 (Gelag) 7 00:00:18,150 --> 00:00:20,140 Daar was drie temas sover, 8 00:00:20,140 --> 00:00:23,810 deur die konferensie, wat relevant is vir waaroor ek wil praat. 9 00:00:23,810 --> 00:00:28,460 Een is die ongelooflike bewyse van menslike kreatiwiteit 10 00:00:28,460 --> 00:00:31,130 in al die aanbiedings 11 00:00:31,130 --> 00:00:33,260 en in al die mense hier. 12 00:00:33,260 --> 00:00:36,400 Net die blote verskeidenheid en omvang daarvan. 13 00:00:36,400 --> 00:00:38,550 Tweedens is ons op ’n plek 14 00:00:38,550 --> 00:00:41,100 waar ons geen idee het wat gaan gebeur nie, 15 00:00:41,100 --> 00:00:42,520 ten opsigte van die toekoms. 16 00:00:42,520 --> 00:00:45,290 Geen idee hoe dinge dalk kan verloop nie. 17 00:00:45,290 --> 00:00:47,410 Ek't ’n belang by opvoedkunde. 18 00:00:47,410 --> 00:00:51,430 Eintlik het ons almal ’n belang by opvoedkunde. 19 00:00:51,430 --> 00:00:52,666 Het julle nie? 20 00:00:52,666 --> 00:00:54,333 Ek vind dit baie interessant. 21 00:00:54,333 --> 00:00:56,000 As jy by ’n ete is, 22 00:00:56,000 --> 00:00:58,380 en jy sê jy werk in opvoedkunde -- 23 00:00:58,380 --> 00:01:03,000 eintlik, om die waarheid te sê, is jy nie gereeld by etes nie. 24 00:01:03,000 --> 00:01:04,990 (Gelag) 25 00:01:04,990 --> 00:01:07,860 As jy in opvoedkunde werk, word jy nie genooi nie. 26 00:01:07,860 --> 00:01:10,320 (Gelag) 27 00:01:10,320 --> 00:01:14,460 En jy word nooit teruggenooi nie, snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. 28 00:01:14,460 --> 00:01:17,190 Maar as jy is, en jy sê vir iemand, 29 00:01:17,190 --> 00:01:18,350 hulle sê mos: "Wat doen jy vir ’n lewe?" 30 00:01:18,350 --> 00:01:20,000 en jy sê jy werk in opvoedkunde, 31 00:01:20,000 --> 00:01:21,680 kan jy sien hoe hulle verbleek. 32 00:01:21,680 --> 00:01:25,170 Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?" 33 00:01:25,170 --> 00:01:26,280 (Gelag) 34 00:01:26,280 --> 00:01:29,111 "My een aand uit hierdie hele week." 35 00:01:29,111 --> 00:01:30,472 (Gelag) 36 00:01:30,472 --> 00:01:33,696 Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding, druk hulle jou in ’n hoek vas. 37 00:01:33,696 --> 00:01:36,720 Want dis een van daai dinge wat mense na aan die hart lê, is ek reg? 38 00:01:36,720 --> 00:01:40,720 Soos geloof, en geld en ander dinge. 39 00:01:42,660 --> 00:01:45,180 Ek't ’n groot belang by opvoedkunde en ek dink ons almal het. 40 00:01:45,180 --> 00:01:46,910 Ons't ’n groot persoonlike belang daarby, 41 00:01:46,910 --> 00:01:51,930 deels omdat dit opvoeding is wat ons in hierdie onbegryplike toekoms moet in neem. 42 00:01:51,930 --> 00:01:55,500 Dink net, kinders wat dié jaar skool begin 43 00:01:55,500 --> 00:02:00,240 tree af in 2065. 44 00:02:00,240 --> 00:02:01,990 Niemand het ’n idee -- 45 00:02:01,990 --> 00:02:05,720 t.s.v. al die kennis wat die laaste vier dae hier vertoon is -- 46 00:02:05,720 --> 00:02:08,030 hoe die wêreld gaan lyk oor vyf jaar nie. 47 00:02:08,030 --> 00:02:10,290 En tog is ons veronderstel om hulle daarvoor op te voed. 48 00:02:10,290 --> 00:02:12,950 So die onvoorspelbaarheid is ongelooflik. 49 00:02:12,950 --> 00:02:14,560 En die derde deel is dat 50 00:02:14,560 --> 00:02:17,510 ons almal nietemin saamgestem het 51 00:02:17,510 --> 00:02:21,980 oor die werklik buitengewone kapasiteite wat kinders het -- 52 00:02:21,980 --> 00:02:24,336 hulle kapasiteite vir innovasie. 53 00:02:24,336 --> 00:02:27,173 Sirena gisteraand was ongelooflik. 54 00:02:27,173 --> 00:02:29,070 Net om te sien wat sy kan doen. 55 00:02:29,070 --> 00:02:33,500 En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie 56 00:02:33,500 --> 00:02:37,390 sy's uitsonderlik in die geheel van kindwees nie. 57 00:02:37,390 --> 00:02:39,280 Sy's ’n persoon met ongelooflike toewyding 58 00:02:39,280 --> 00:02:40,890 wat ’n talent gevind het. 59 00:02:40,890 --> 00:02:43,000 Ek voer aan dat alle kinders geweldige talente het. 60 00:02:43,000 --> 00:02:46,160 En ons vermors dit, nogal meedoënloos. 61 00:02:46,160 --> 00:02:48,000 So ek wil praat oor opvoedkunde 62 00:02:48,000 --> 00:02:50,270 en ek wil praat oor kreatiwiteit. 63 00:02:50,270 --> 00:02:56,040 Kreatiwiteit is nou net so belangrik soos geletterheid in opvoeding 64 00:02:56,040 --> 00:02:59,590 en ons moet dit dieselfde status toeken. 65 00:02:59,590 --> 00:03:01,960 (Applous) Dankie. 66 00:03:01,960 --> 00:03:05,750 (Applous) 67 00:03:05,750 --> 00:03:07,320 Dit was dit, terloops. 68 00:03:07,320 --> 00:03:08,386 Baie dankie. 69 00:03:08,386 --> 00:03:10,194 (Gelag) 70 00:03:10,194 --> 00:03:12,444 So, nog 15 minute. 71 00:03:12,444 --> 00:03:14,822 (Gelag) 72 00:03:14,822 --> 00:03:16,822 Wel, ek is gebore... nee. 73 00:03:16,822 --> 00:03:17,810 (Gelag) 74 00:03:19,990 --> 00:03:22,490 Ek't onlangs ’n goeie storie gehoor -- ek vertel dit graag -- 75 00:03:22,490 --> 00:03:25,220 van ’n dogtertjie in ’n tekenklas. 76 00:03:25,220 --> 00:03:27,000 Sy was ses, agter in die klas, aan't teken, 77 00:03:27,000 --> 00:03:29,850 en die juffrou het gesê dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, 78 00:03:29,850 --> 00:03:32,120 maar in dié tekenklas het sy. 79 00:03:32,120 --> 00:03:33,506 Die juffrou was gefassineerd. 80 00:03:33,506 --> 00:03:36,250 Sy't haar gaan vra: "Wat teken jy?" 81 00:03:36,250 --> 00:03:40,000 Die kind sê toe: "Ek teken ’n prentjie van God." 82 00:03:40,000 --> 00:03:43,190 Die juffrou sê: "Maar niemand weet hoe God lyk nie." 83 00:03:43,190 --> 00:03:46,460 En die dogtertjie sê toe: "Hulle sal nou-nou." 84 00:03:46,460 --> 00:03:52,890 (Gelag) 85 00:03:56,750 --> 00:03:59,440 Toe my seun vier was in Engeland -- 86 00:03:59,440 --> 00:04:01,630 eintlik was eerlikwaar oral vier. 87 00:04:01,630 --> 00:04:03,560 (Gelag) 88 00:04:03,560 --> 00:04:06,270 Strenggesproke, waarookal hy gegaan het, was hy vier daai jaar. 89 00:04:06,270 --> 00:04:09,630 Hy was in die Kersspel. Onthou julle die storie? 90 00:04:09,630 --> 00:04:10,870 (Gelag) 91 00:04:10,870 --> 00:04:12,660 Dit was ’n grote. 92 00:04:12,660 --> 00:04:15,010 Mel Gibson het die opvolg gedoen. 93 00:04:15,010 --> 00:04:16,330 (Gelag) 94 00:04:16,330 --> 00:04:17,540 "Kersspel II." 95 00:04:19,190 --> 00:04:21,710 James was Josef; ons was in ons noppies. 96 00:04:21,710 --> 00:04:25,130 Een van die hoofrolle! 97 00:04:25,130 --> 00:04:27,080 Ons't agente met T-hempde gehad: 98 00:04:27,080 --> 00:04:29,910 "James Robinson IS Josef!" (Gelag) 99 00:04:29,910 --> 00:04:31,540 Hy moes niks sê nie, maar julle weet mos, 100 00:04:31,540 --> 00:04:33,590 wanneer die drie wyse manne inkom? 101 00:04:33,590 --> 00:04:36,130 Hulle bring geskenke: goud, wierook [frankincense] en mirre. 102 00:04:36,130 --> 00:04:37,600 Dit het rêrig gebeur. 103 00:04:37,600 --> 00:04:40,000 Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, 104 00:04:40,000 --> 00:04:42,000 want ons't die seuntjie later gevra: 105 00:04:42,000 --> 00:04:44,180 "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê: "Ja. Was dit dan verkeerd?" 106 00:04:44,180 --> 00:04:45,840 Hulle't net geruil, dis al. 107 00:04:45,840 --> 00:04:47,000 Die drie seuns kom in -- 108 00:04:47,000 --> 00:04:49,200 vierjariges met vatdoeke om hulle koppe -- 109 00:04:49,200 --> 00:04:50,630 en hulle sit die bokse neer, 110 00:04:50,630 --> 00:04:53,390 en die eerste een sê: "Ek bring vir U goud." 111 00:04:53,390 --> 00:04:56,200 Die tweede een sê: "Ek bring vir U mirre." 112 00:04:56,200 --> 00:05:02,130 En die derde een sê: "Frank sent this." (Gelag) 113 00:05:02,600 --> 00:05:05,600 (Gelag) 114 00:05:10,890 --> 00:05:14,090 Dit alles om te sê: kinders sal ’n kans vat. 115 00:05:14,090 --> 00:05:17,470 As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. 116 00:05:17,470 --> 00:05:20,950 Nie waar nie? Hulle's nie bang om verkeerd te wees nie. 117 00:05:20,950 --> 00:05:25,020 Ek bedoel nie dat verkeerd wees en kreatief wees dieselfde is nie. 118 00:05:25,020 --> 00:05:28,010 Maar as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie, 119 00:05:28,010 --> 00:05:30,610 sal jy nooit iets oorspronklik uitdink nie -- 120 00:05:30,610 --> 00:05:33,500 as jy nie bereid is om verkeerd te wees nie. 121 00:05:33,500 --> 00:05:37,810 Teen die tyd wat hulle groot is, het meeste kinders daai kapasiteit verloor. 122 00:05:37,810 --> 00:05:40,110 Hulle word bang om verkeerd te wees. 123 00:05:40,110 --> 00:05:41,770 En ons bestuur ons maatskappye so. 124 00:05:41,770 --> 00:05:43,540 Ons stigmatiseer foute. 125 00:05:43,540 --> 00:05:45,640 En nou bedryf ons nasionale opvoedingstelsels 126 00:05:45,640 --> 00:05:49,610 waar foute die ergste ding is wat ’n mens kan maak. 127 00:05:49,610 --> 00:05:51,020 En die gevolg is dat 128 00:05:51,020 --> 00:05:54,230 ons mense uit hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed. 129 00:05:54,230 --> 00:05:58,760 Picasso het gesê dat alle kinders gebore kunstenaars is. 130 00:05:58,760 --> 00:06:02,190 Die probleem is om een te bly soos ons grootword. 131 00:06:02,190 --> 00:06:05,250 Ek glo vas: ons groei nie in kreatiwiteit in nie, 132 00:06:05,250 --> 00:06:06,920 ons groei uit dit uit. 133 00:06:06,920 --> 00:06:09,710 Of ons word uit dit uit opgevoed. 134 00:06:09,710 --> 00:06:12,190 So hoekom is dit so? 135 00:06:12,190 --> 00:06:15,010 Ek't tot vyf jaar gelede op Stratford-op-Avon gewoon. 136 00:06:15,010 --> 00:06:17,970 Ons't van Stratford na Los Angeles getrek. 137 00:06:17,970 --> 00:06:20,970 So julle kan julle indink wat ’n seepgladde oorgang dit was. 138 00:06:20,970 --> 00:06:22,110 (Gelag) 139 00:06:22,110 --> 00:06:24,000 Eintlik het ons in Snitterfield gewoon, 140 00:06:24,000 --> 00:06:25,540 net buite Stratford, 141 00:06:25,540 --> 00:06:28,360 en dis waar Shakespeare se pa gebore is. 142 00:06:28,360 --> 00:06:30,820 Is julle getref deur ’n nuwe gedagte? Ek is. 143 00:06:30,820 --> 00:06:34,720 ’n Mens dink nie aan Shakespeare as iemand met ’n pa nie. 144 00:06:34,720 --> 00:06:36,890 Want ’n mens dink nie aan Shakespeare as ’n kind nie. 145 00:06:36,890 --> 00:06:38,710 Shakespeare op sewe? 146 00:06:38,710 --> 00:06:40,050 Ek't nooit daaraan gedink nie. 147 00:06:40,050 --> 00:06:42,000 Hy was tog op ’n kol sewe. 148 00:06:42,000 --> 00:06:46,220 In iemand se Engelse klas. 149 00:06:46,220 --> 00:06:49,000 (Gelag) 150 00:06:50,900 --> 00:06:54,333 Hoe irriterend moet dit nie wees nie? 151 00:06:54,333 --> 00:06:56,976 (Gelag) 152 00:06:59,906 --> 00:07:02,000 "Moet harder probeer." 153 00:07:02,000 --> 00:07:03,200 (Gelag) 154 00:07:05,640 --> 00:07:09,690 Word bed toe gestuur deur sy pa, "Klim in die bed, nou! 155 00:07:09,690 --> 00:07:11,523 "Een sit neer daai potlood." 156 00:07:11,523 --> 00:07:12,026 (Gelag) 157 00:07:12,026 --> 00:07:14,976 "En hou op om so te praat." 158 00:07:14,976 --> 00:07:17,496 (Gelag) 159 00:07:17,496 --> 00:07:20,160 "Dit verwar almal." 160 00:07:20,160 --> 00:07:23,900 (Gelag) 161 00:07:23,900 --> 00:07:29,550 In elk geval, ons't getrek van Statford na Los Angeles, 162 00:07:29,550 --> 00:07:31,750 en ek wil net iets sê oor die oorgang. 163 00:07:31,750 --> 00:07:33,000 My seun wou nie kom nie. 164 00:07:33,000 --> 00:07:35,900 Ek't twee kinders. Hy's nou 21; my dogter is 16. 165 00:07:35,900 --> 00:07:38,000 Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. 166 00:07:38,000 --> 00:07:41,970 Hy was mal daaroor, maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. 167 00:07:41,970 --> 00:07:44,820 Die liefde van sy lewe, Sarah. 168 00:07:44,820 --> 00:07:46,846 Hy't haar al ’n maand geken. 169 00:07:46,846 --> 00:07:47,763 (Gelag) 170 00:07:47,763 --> 00:07:50,990 Maar hulle't al vier herdenkings gevier, 171 00:07:50,990 --> 00:07:53,100 want dis ’n lang tyd as jy 16 is. 172 00:07:53,100 --> 00:07:54,380 Hy was rêrig ontsteld op die vliegtuig, 173 00:07:54,380 --> 00:07:56,980 hy't gesê: "Ek sal nooit weer ’n meisie soos Sarah kry nie." 174 00:07:56,980 --> 00:08:00,666 Ons was nogals opgemaak daaroor, om die waarheid te sê -- 175 00:08:00,666 --> 00:08:05,333 (Gelag) 176 00:08:07,483 --> 00:08:10,660 Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. 177 00:08:10,660 --> 00:08:12,400 (Gelag) 178 00:08:16,260 --> 00:08:17,950 Maar iets tref jou wanneer jy Amerika toe trek 179 00:08:17,950 --> 00:08:19,390 en wanneer jy om die wêreld reis: 180 00:08:19,390 --> 00:08:23,590 Elke opvoedingstelsel op aarde het dieselfde hiërargie van vakke. 181 00:08:23,590 --> 00:08:25,570 Elke een. Maak nie saak waar jy gaan nie. 182 00:08:25,570 --> 00:08:27,170 ’n Mens sou dink dis anders, maar nee. 183 00:08:27,170 --> 00:08:29,000 Heel bo is wiskunde en tale, 184 00:08:29,000 --> 00:08:31,000 dan die wysbegeerte, en heel onder is die kunste. 185 00:08:31,000 --> 00:08:33,000 Orals op aarde. 186 00:08:33,000 --> 00:08:36,000 En in min of meer elke stelsel is daar ook ’n hiërargie binne die kunste 187 00:08:38,000 --> 00:08:40,000 Kuns en musiek kry gewoonlik ’n hoër status in skole 188 00:08:40,000 --> 00:08:41,000 as drama en dans. 189 00:08:41,000 --> 00:08:43,000 Daar is nie ’n opvoedingstelsel 190 00:08:43,000 --> 00:08:45,000 wat dans elke dag vir kinders leer 191 00:08:45,000 --> 00:08:48,000 soos ons vir hulle wiskunde leer nie. Hoekom? 192 00:08:48,000 --> 00:08:50,000 Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. 193 00:08:50,000 --> 00:08:53,000 Ek dink wiskunde is belangrik, maar dans is ook. 194 00:08:53,000 --> 00:08:56,000 Kinders dans heeltyd as hulle mag, ons almal doen dit. 195 00:08:56,000 --> 00:08:59,000 Ons het almal liggame, of hoe? Het ek ’n vergadering misgeloop? 196 00:08:59,000 --> 00:09:00,000 (Gelag) 197 00:09:00,000 --> 00:09:03,000 Inderwaarheid, wat gebeur is, soos kinders grootword 198 00:09:05,000 --> 00:09:06,000 begin ons hulle geleidelik van die middellyf af boontoe opvoed. 199 00:09:06,000 --> 00:09:08,000 En dan fokus ons op hulle koppe. 200 00:09:08,000 --> 00:09:10,000 En effens na een kant toe. 201 00:09:10,000 --> 00:09:14,000 As jy opvoeding sou besoek, as ’n ruimtewese, 202 00:09:14,000 --> 00:09:17,000 en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?" 203 00:09:17,000 --> 00:09:19,000 dink ek jy sou tot die gevolgtrekking moes kom -- as jy kyk na die uitset, 204 00:09:19,000 --> 00:09:21,000 wie behaal werklik sukses hierdeur, 205 00:09:21,000 --> 00:09:23,000 wie doen alles wat hulle moet, 206 00:09:23,000 --> 00:09:26,000 wie kry al die "brownie points", wie is die wenners -- 207 00:09:26,000 --> 00:09:29,000 sou jy tot die gevolgtrekking moes kom dat die hele doel van openbare opvoeding 208 00:09:29,000 --> 00:09:30,666 regoor die wêreld 209 00:09:32,333 --> 00:09:33,555 is om universiteitsprofessors te lewer. 210 00:09:33,555 --> 00:09:34,777 Of hoe? 211 00:09:34,777 --> 00:09:36,000 Hulle is die mense wat bo uitkom. 212 00:09:37,000 --> 00:09:38,000 En ek was een, so vat so. 213 00:09:38,000 --> 00:09:40,000 (Gelag) 214 00:09:40,000 --> 00:09:44,000 En ek hou van universiteitsprofessors, maar julle weet, 215 00:09:44,000 --> 00:09:45,000 ons moet hulle nie as die hoogtepunt 216 00:09:45,000 --> 00:09:48,000 van alle menslike prestasie voorhou nie. 217 00:09:48,000 --> 00:09:50,000 Hulle's net ’n vorm van lewe, 218 00:09:50,000 --> 00:09:51,333 nog ’n vorm van lewe. 219 00:09:51,333 --> 00:09:52,666 Maar hulle's nogal vreemd, en ek sê dit uit toegeneentheid vir hulle. 220 00:09:54,000 --> 00:09:57,000 Daar's iets vreemd omtrent professors in my ervaring -- 221 00:09:57,000 --> 00:10:00,000 nie almal van hulle nie, maar tipies, lewe hulle in hul koppe. 222 00:10:00,000 --> 00:10:02,000 Hulle lewe daar bo, en effens na een kant toe. 223 00:10:02,000 --> 00:10:06,000 Hulle's ontliggaam, julle weet, op ’n soortvan letterlike manier. 224 00:10:06,000 --> 00:10:08,000 Hulle kyk na hul liggame as ’n vervoermiddel vir hul koppe. 225 00:10:08,000 --> 00:10:14,000 (Gelag) 226 00:10:14,000 --> 00:10:17,000 Of hoe? 227 00:10:17,000 --> 00:10:21,000 Dis ’n manier om hul koppe by vergaderings te kry. 228 00:10:21,000 --> 00:10:24,000 (Gelag) 229 00:10:24,000 --> 00:10:27,000 As julle ware bewys soek van buiteliggaamlike ervarings, 230 00:10:27,000 --> 00:10:30,000 besoek ’n residensiële konferensie van senior akademici, 231 00:10:32,000 --> 00:10:33,000 en maak ’n draai by die sokkie op die laaste aand. 232 00:10:33,000 --> 00:10:35,000 (Gelag) 233 00:10:35,000 --> 00:10:36,000 En daar sal julle dit sien. 234 00:10:36,000 --> 00:10:39,000 Volwasse mans en vroue wat ritmeloos wriemel. 235 00:10:40,000 --> 00:10:43,000 (Gelag) 236 00:10:43,000 --> 00:10:44,000 Terwyl hulle wag vir dit om klaar te maak, sodat hulle tuis ’n artikel daaroor kan gaan skryf. 237 00:10:44,000 --> 00:10:47,000 (Gelag) 238 00:10:47,000 --> 00:10:53,000 Ons opvoedingstelsel berus op die idee van akademiese vaardigheid. 239 00:10:53,000 --> 00:10:56,000 En daar's ’n rede daarvoor. 240 00:10:56,000 --> 00:10:58,000 Regoor die wêreld was daar geen openbare opvoedingstelsels 241 00:10:58,000 --> 00:11:00,000 voor die 19de eeu nie. 242 00:11:00,000 --> 00:11:03,000 Hulle't almal tot wording gekom om in die behoeftes van industrialisme te voorsien. 243 00:11:04,000 --> 00:11:07,000 So die hierargie is gewortel in twee idees. 244 00:11:07,000 --> 00:11:11,000 Een, dat die mees nuttige vakke vir werk heel bo is. 245 00:11:11,000 --> 00:11:13,000 So op skool is jy waarskynlik goedgunstiglik van 246 00:11:13,000 --> 00:11:15,000 goed waarvan jy gehou het weggestuur, 247 00:11:15,000 --> 00:11:17,000 op grond daarvan dat jy nooit ’n werk daardeur sou kry nie. Nie waar nie? 248 00:11:20,000 --> 00:11:22,000 Moenie musiek neem nie, jy gaan nie ’n musikant word nie; 249 00:11:22,000 --> 00:11:24,000 moenie kuns neem nie, jy gaan nie ’n kunstenaar word nie. 250 00:11:25,000 --> 00:11:29,000 Goedgunstige advies -- nou, uiters verkeerd. 251 00:11:29,000 --> 00:11:30,000 Die hele wêreld is verswelg in ’n rewolusie. 252 00:11:30,000 --> 00:11:33,000 En die tweede is akademiese vaardigheid, 253 00:11:33,000 --> 00:11:34,000 wat werklik ons idee van intelligensie oorskadu, 254 00:11:34,000 --> 00:11:37,000 omdat die universiteite die stelsel na hul eie beeld ontwerp het. 255 00:11:37,000 --> 00:11:39,000 As ’n mens daaroor dink, die hele stelsel regoor die wêreld 256 00:11:39,000 --> 00:11:41,000 is ’n uitgerekte proses van universiteitstoelating. 257 00:11:43,000 --> 00:11:46,000 En die gevolg is dat baie uiters talentvolle, 258 00:11:46,000 --> 00:11:48,000 briljante, kreatiewe mense dink dat hulle nie is nie, 259 00:11:48,000 --> 00:11:50,000 omdat die ding waarin hulle goed was op skool 260 00:11:50,000 --> 00:11:54,000 nie waardeer is nie, of selfs gestigmatiseer is. 261 00:11:54,000 --> 00:11:56,000 En ek dink nie ons kan bekostig om so voort te gaan nie. 262 00:11:56,000 --> 00:11:58,000 In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, 263 00:11:58,000 --> 00:12:01,000 gaan meer mense wêreldwyd deur opvoeding gradueer 264 00:12:01,000 --> 00:12:03,000 as sedert die begin van geskiedenis. 265 00:12:03,000 --> 00:12:05,000 En dis die kombinasie van alles waaroor ons gepraat het -- 266 00:12:07,000 --> 00:12:10,000 tegnologie en hoe dit werk getransformeer het, 267 00:12:10,000 --> 00:12:12,000 en demografie en die massiewe bevolkingsontploffing. 268 00:12:12,000 --> 00:12:13,000 Skielik is grade niks werd nie. 269 00:12:13,000 --> 00:12:15,000 Nie waar nie? 270 00:12:15,000 --> 00:12:19,000 Toe ek ’n student was, het jy met ’n graad ’n werk gehad. 271 00:12:19,000 --> 00:12:22,000 As jy nie ’n werk gehad het nie, wou jy nie een hê nie. 272 00:12:22,000 --> 00:12:25,000 En ek wou nie een hê nie, om die waarheid te sê. (Gelag) 273 00:12:25,000 --> 00:12:30,000 Maar deesdae is kinders met grade 274 00:12:30,000 --> 00:12:31,000 gereeld oppad huis toe om verder te gaan TV speletjies speel, 275 00:12:31,000 --> 00:12:34,000 omdat jy ’n MA nodig het waar die vorige posisie ’n BA vereis het, 276 00:12:34,000 --> 00:12:37,000 en jy nou ’n PhD benodig vir die ander. 277 00:12:37,000 --> 00:12:39,000 Dis ’n proses van akademiese inflasie. 278 00:12:39,000 --> 00:12:41,000 En dit dui daarop dat die hele struktuur van opvoeding 279 00:12:41,000 --> 00:12:43,000 besig is om onder ons voete te skuif. 280 00:12:43,000 --> 00:12:44,000 Ons moet drasties ons siening van intelligensie hersien. 281 00:12:44,000 --> 00:12:46,000 Ons weet drie dinge omtrent intelligensie. 282 00:12:46,000 --> 00:12:47,000 Een, dis divers. 283 00:12:47,000 --> 00:12:49,000 Ons dink oor die wêreld op al die maniere wat ons dit ervaar. 284 00:12:51,000 --> 00:12:54,000 Ons dink visueel, ons dink in klank, ons dink kineties. 285 00:12:54,000 --> 00:12:57,000 Ons dink in abstrakte terme, ons dink in beweging. 286 00:12:57,000 --> 00:12:59,000 Tweedens, intelligensie is dinamies. 287 00:12:59,000 --> 00:13:02,000 As ’n mens kyk na die interaksies van ’n menslike brein, 288 00:13:02,000 --> 00:13:05,000 soos ons gister tydens heelwat aanbiedings gehoor het, 289 00:13:05,000 --> 00:13:07,000 is intelligensie wonderlik interaktief. 290 00:13:07,000 --> 00:13:10,000 Die brein is nie opgedeel in kompartemente nie. 291 00:13:10,000 --> 00:13:13,000 Inderwaarheid, is kreatiwiteit -- 292 00:13:13,000 --> 00:13:15,000 wat ek definieer as die proses van oorspronklike idees met waarde hê -- 293 00:13:15,000 --> 00:13:18,000 gewoonlik iets wat gebeur deur die interaksie 294 00:13:18,000 --> 00:13:21,000 van verskillende maniere van dinge sien. 295 00:13:23,000 --> 00:13:26,000 Daar's ’n senuweebundel wat die twee helftes van die brein verbind, 296 00:13:26,000 --> 00:13:27,333 genaamd die corpus callosum. 297 00:13:27,333 --> 00:13:28,666 Dis dikker by vroue. 298 00:13:28,666 --> 00:13:30,000 Om aan te sluit by Helen gister: 299 00:13:30,000 --> 00:13:34,000 Dis waarskynlik hoekom vroue beter is met "multi-tasking". 300 00:13:34,000 --> 00:13:36,000 Want julle is mos, nè? 301 00:13:36,000 --> 00:13:39,000 Daar's baie navorsing, maar ek ervaar dit persoonlik. 302 00:13:39,000 --> 00:13:41,000 As my vrou besig is om te kook -- nie gereeld nie, dankie tog. 303 00:13:41,000 --> 00:13:45,000 (Gelag) 304 00:13:45,000 --> 00:13:48,000 Nee, sy's goed met sommige dinge -- maar as sy kook, 305 00:13:50,000 --> 00:13:52,000 hanteer sy foonoproepe, 306 00:13:52,000 --> 00:13:55,000 praat sy met die kinders, verf sy die plafon. 307 00:13:55,000 --> 00:13:58,000 Sy doen ’n oophart-operasie hier. 308 00:13:58,000 --> 00:14:01,000 As ek kook, is die deur toe, die kinders is uit, 309 00:14:01,000 --> 00:14:04,000 die foon is van die mikkie af, as sy inkom raak ek geïrriteerd. 310 00:14:04,000 --> 00:14:14,000 Ek sê: "Terry, asseblief, ek probeer ’n eier bak hier." 311 00:14:14,000 --> 00:14:15,000 (Gelag) 312 00:14:15,000 --> 00:14:16,333 "Gee my tog ’n kans." 313 00:14:16,333 --> 00:14:17,666 (Gelag) 314 00:14:17,666 --> 00:14:19,000 Eintlik ken julle daai ou filosofiese ding, 315 00:14:19,000 --> 00:14:22,000 as ’n boom in die bos val en niemand hoor dit nie, het dit gebeur? 316 00:14:22,000 --> 00:14:25,000 Onthou julle daai ou sê-ding? 317 00:14:25,000 --> 00:14:28,000 Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien: 318 00:14:28,000 --> 00:14:31,000 "As ’n man homself uitspreek in ’n bos, en geen vrou hoor hom nie, 319 00:14:31,000 --> 00:14:37,000 is hy steeds verkeerd?" 320 00:14:37,000 --> 00:14:40,000 (Gelag) 321 00:14:40,000 --> 00:14:42,000 En die derde ding omtrent intelligensie is, 322 00:14:43,000 --> 00:14:45,000 dis spesifiek. 323 00:14:45,000 --> 00:14:47,000 Ek's skryf aan ’n nuwe boek op die oomblik -- "Epiphany" -- 324 00:14:47,000 --> 00:14:48,333 wat gebaseer is op ’n reeks onderhoude met mense 325 00:14:48,333 --> 00:14:49,666 oor hoe hulle hul talent ontdek het. 326 00:14:49,666 --> 00:14:51,000 Dis fassinerend hoe mense daar uitgekom het. 327 00:14:51,000 --> 00:14:54,000 Dis aangespoor deur ’n gesprek met ’n wonderlike vrou, 328 00:14:56,000 --> 00:14:58,000 wat meeste mense miskien nog nooit van gehoor het nie, Gillian Lynne. 329 00:14:58,000 --> 00:15:00,000 Al gehoor? Sommige het. 330 00:15:00,000 --> 00:15:02,000 Sy's ’n choreograaf en almal ken haar werk. 331 00:15:02,000 --> 00:15:04,000 Sy't "Cats" en "Phantom of the Opera" gedoen. 332 00:15:04,000 --> 00:15:05,000 Sy's wonderlik. 333 00:15:05,000 --> 00:15:08,000 Ek was van te vore raadslid van die Koninklike Ballet, 334 00:15:08,000 --> 00:15:10,000 soos julle kan sien. 335 00:15:10,000 --> 00:15:12,000 Elk geval, ons't eendag saam geëet en ek sê toe: 336 00:15:12,000 --> 00:15:14,000 "Gillian, hoe't jy ’n danser geword?" 337 00:15:14,000 --> 00:15:15,666 Dit was interessant. 338 00:15:15,666 --> 00:15:17,333 Toe sy op skool was, was sy rêrig hopeloos. 339 00:15:17,333 --> 00:15:19,000 En die skool, in die 30's, skryf toe vir haar ouers: 340 00:15:19,000 --> 00:15:21,000 "Ons dink Gillian het ’n leerprobleem." 341 00:15:21,000 --> 00:15:23,000 Sy kon nie konsentreer nie, sy't gevroetel. 342 00:15:23,000 --> 00:15:25,000 Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS. 343 00:15:25,000 --> 00:15:29,000 Maar dit was die 1930's, en aandagafleibaarheid was nog nie uitgedink nie. 344 00:15:32,000 --> 00:15:33,000 Dit was nie ’n beskikbare kwaal nie. 345 00:15:33,000 --> 00:15:35,000 (Gelag) 346 00:15:35,000 --> 00:15:36,000 Mense was nie bewus hulle kon daaraan ly nie. 347 00:15:36,000 --> 00:15:39,000 (Gelag) 348 00:15:39,000 --> 00:15:43,000 In elk geval, sy gaan sien toe ’n spesialis. 349 00:15:43,000 --> 00:15:46,000 So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma 350 00:15:46,000 --> 00:15:49,000 en sy't op ’n stoel se punt gaan sit, 351 00:15:49,000 --> 00:15:51,000 op haar hande vir 20 minute terwyl hierdie man met haar ma gepraat het 352 00:15:53,000 --> 00:15:57,000 oor al die probleme wat Gillian by die skool het. 353 00:15:57,000 --> 00:15:59,000 Want sy't ander ontwrig; haar huiswerk was altyd laat; ens. -- 354 00:15:59,000 --> 00:16:01,000 kleine kind van agt. 355 00:16:01,000 --> 00:16:04,000 Op die ou end, gaan sit die dokter langs Gillian en sê: 356 00:16:04,000 --> 00:16:06,000 "Gillian, ek't nou geluister na al die dinge wat jou ma my vertel het, 357 00:16:06,000 --> 00:16:08,000 nou moet ek privaat met haar gesels. 358 00:16:10,000 --> 00:16:13,000 "Wag hier, ons is nou-nou terug." 359 00:16:13,000 --> 00:16:15,000 En hulle't haar daar gelos. 360 00:16:15,000 --> 00:16:17,000 Maar soos hulle uitgegaan het, 361 00:16:17,000 --> 00:16:19,000 het hy die radio op sy lessenaar aangesit. 362 00:16:19,000 --> 00:16:21,000 En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma: "Hou haar net dop." 363 00:16:21,000 --> 00:16:24,000 En die oomblik toe hulle uit is, 364 00:16:24,000 --> 00:16:28,000 was sy op haar voete, besig om saam met die musiek te beweeg. 365 00:16:28,000 --> 00:16:30,000 En hulle't vir ’n paar minute gekyk en hy't na haar ma gedraai en gesê: 366 00:16:33,000 --> 00:16:37,000 "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie; sy's ’n danser. 367 00:16:37,000 --> 00:16:39,000 "Neem haar na ’n dansskool toe." 368 00:16:39,000 --> 00:16:41,000 Ek sê toe: "Wat het gebeur?" 369 00:16:41,000 --> 00:16:44,000 En sy sê: "Sy het. Ek kannie vir jou sê hoe wonderlik dit was nie. 370 00:16:44,000 --> 00:16:46,000 "Ons't in hierdie kamer ingeloop en dit was vol mense soos ek. 371 00:16:46,000 --> 00:16:49,000 "Mense wat nie kon stilsit nie. 372 00:16:49,000 --> 00:16:52,000 "Mense wat moes beweeg om te dink." Wat moes beweeg om te dink. 373 00:16:52,000 --> 00:16:54,000 Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz en moderne en kontemporêre dans. 374 00:16:56,000 --> 00:16:59,000 Sy't eindelik vir die Koninklike Ballet oudisie gedoen; 375 00:16:59,000 --> 00:17:01,000 sy't ’n solois geword; sy't ’n wonderlike loopbaan daar gehad. 376 00:17:01,000 --> 00:17:03,000 Op die ou end het sy gegradueer van die Koninklike Balletskool, 377 00:17:05,000 --> 00:17:08,000 die Gillian Lynne Dance Company gestig, 378 00:17:08,000 --> 00:17:11,000 en Andrew Lloyd Weber ontmoet. 379 00:17:11,000 --> 00:17:13,000 Sy was al verantwoordelik 380 00:17:13,000 --> 00:17:15,000 vir van die mees suksesvolle musikale teater produksies ooit, 381 00:17:15,000 --> 00:17:18,000 sy't al aan miljoene plesier gegee, en sy's ’n multi-millionêr. 382 00:17:18,000 --> 00:17:21,000 Iemand anders het haar dalk op medikasie gesit en vir haar gesê om te kalmeer. 383 00:17:25,000 --> 00:17:27,000 (Applous) 384 00:17:27,000 --> 00:17:30,000 Waarop dit neerkom is dit: 385 00:17:30,000 --> 00:17:32,000 Al Gore het die ander aand gepraat 386 00:17:32,000 --> 00:17:35,000 oor ekologie en die rewolusie wat ontketen is deur Rachel Carson. 387 00:17:35,000 --> 00:17:39,000 Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms 388 00:17:39,000 --> 00:17:42,000 is om ’n nuwe idee van menslike ekologie aan te neem, 389 00:17:42,000 --> 00:17:46,000 een waarin ons begin om ons konsep 390 00:17:46,000 --> 00:17:48,000 van die rykdom van menslike kapasiteit te hersien. 391 00:17:48,000 --> 00:17:52,000 Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn 392 00:17:52,000 --> 00:17:54,000 op die manier wat ons die aarde stroopmyn: vir ’n spesifieke kommoditeit. 393 00:17:54,000 --> 00:17:57,000 En vir die toekoms, sal dit ons nie dien nie. 394 00:17:57,000 --> 00:18:00,000 Ons moet die fundamentele beginsels 395 00:18:00,000 --> 00:18:02,000 waarmee ons ons kinders opvoed, heroorweeg. 396 00:18:02,000 --> 00:18:06,000 Jonas Salk het gesê: 397 00:18:06,000 --> 00:18:09,000 "As al die insekte van die aarde af sou verdwyn, 398 00:18:09,000 --> 00:18:12,000 sou alle lewe op aarde binne 50 jaar uitsterf. 399 00:18:12,000 --> 00:18:15,000 "As al die mense van die aarde af sou verdwyn, 400 00:18:15,000 --> 00:18:19,000 sou alle vorms van lewe binne 50 jaar floreer." 401 00:18:19,000 --> 00:18:21,000 En hy's reg. 402 00:18:21,000 --> 00:18:24,000 Wat TED vier is die skat van die menselike verbeeldingsin. 403 00:18:24,000 --> 00:18:25,000 Ons moet nou versigtig wees 404 00:18:25,000 --> 00:18:28,000 dat ons dit met wysheid gebruik 405 00:18:28,000 --> 00:18:31,000 en dat ons van die senarios vermy waaroor ons gepraat het. 406 00:18:35,000 --> 00:18:38,000 En die enigste manier is om ons kreatiewe kapasiteite te sien 407 00:18:38,000 --> 00:18:40,000 vir die rykdom wat hulle is 408 00:18:40,000 --> 00:18:43,000 en ons kinders te sien vir die hoop wat hulle is. 409 00:18:43,000 --> 00:18:44,000 En ons opdrag is om hulle hele wese op te voed, 410 00:18:44,000 --> 00:18:46,000 sodat hulle hierdie toekoms kan ingaan. 411 00:18:46,000 --> 00:18:49,000 Terloops -- ons sal dalk nie hierdie toekoms sien nie, 412 00:18:49,000 --> 00:18:52,000 maar hulle sal. 413 00:18:52,000 --> 00:18:54,000 En ons plig is om hulle te help om iets daarvan te maak. 414 99:59:59,999 --> 99:59:59,999 Baie dankie. 415 99:59:59,999 --> 99:59:59,999 (Applous)