< Return to Video

Integrasie (deel 7)

  • 0:00 - 0:01
    ...
  • 0:01 - 0:04
    Ek gaan nou begin faktor integrasie probleme doen.
  • 0:04 - 0:08
    Ek dink dis n lekker probleem om te sien, want een, dis die
  • 0:08 - 0:10
    voorbeeld wat baie mense gebruik, soms selfs 'n strikvraag,
  • 0:10 - 0:14
    wat gegee word op 'n rerige moeilike wiskunde eksamen, of as jy
  • 0:14 - 0:18
    calculus kompetisies to gaan soos wat ek op hoerskool het.
  • 0:18 - 0:21
    Nie om myself te-- ek was eintlik nie so bleeksiel-erig as
  • 0:21 - 0:26
    hoerskool student, maar ek moet erken, was deel van die wiskunde span.
  • 0:26 - 0:30
    Maar in elk geval, hierdie is net 'n lekker faktor integrasie probleem
  • 0:30 - 0:35
    omdat jy nooit rerig die finale integraal hoef te evalueer nie.
  • 0:35 - 0:37
    So kom ons se ons wou die integraal neem-- dis
  • 0:37 - 0:39
    nogals 'n klassieke een.
  • 0:39 - 0:42
    Ek sou nie verbaas wees as jou wiskunde onderwyser dieselfde
  • 0:42 - 0:44
    probleem vir jou doen nie, net om faktor integrasie te wys nie.
  • 0:44 - 0:47
    Kom ons neem die integraal van e tot die x-- jy sal waarskynlik nooit
  • 0:47 - 0:50
    hoor dat iemand 'n wiskunde probleem klassiek noem nie maar
  • 0:50 - 0:54
    hopelik sal ek in jy 'n voorliefde vir wiskunde plant en
  • 0:54 - 0:58
    sal jy dit ook 'n klassieke probleem noem.
  • 0:58 - 1:00
    e tot die x maal cos x.
  • 1:00 - 1:03
    ...
  • 1:03 - 1:04
    Ek dink jy sien dalk reeds waarheen ek hiermee gaan,
  • 1:04 - 1:07
    want albei hierdie is lekker funksies, want e tot die x
  • 1:07 - 1:09
    se afgeleide kan jy neem, jy kon die
  • 1:09 - 1:11
    anti-afgeleide neem en dit bly steeds e tot die x.
  • 1:11 - 1:15
    Cos van x neem jy die afgeleide, en dit word minus
  • 1:15 - 1:17
    sin van x, jy neem die afgeleide dan weer en kry dan
  • 1:17 - 1:19
    minus cos van x, dan neem jy weer die afgeleide,
  • 1:19 - 1:20
    dan kry jy 'n plus sin van x.
  • 1:20 - 1:21
    Dis soos 'n siklus.
  • 1:21 - 1:24
    Dieselfde ding gebeur wanneer jy die anti afgeleide neem.
  • 1:24 - 1:26
    Dis nou nie so interessant soos e tot die x nie, dit bly nie
  • 1:26 - 1:29
    presies dieselfde nie, dit werk in siklusse.
  • 1:29 - 1:32
    As jy twee anti-afgeleides neem kom jy terug
  • 1:32 - 1:34
    tot die negatief van dit self.
  • 1:34 - 1:35
    En as jy twee anti-afgeleides neem, kom jy terug na
  • 1:35 - 1:38
    die negatief van dit self.
  • 1:38 - 1:40
    Dis ook 'n besondere funksie en ek dink jy kan
  • 1:40 - 1:46
    hier begin sien hoe faktor integrasie hier nogal interessant kan wees.
  • 1:46 - 1:49
    Wanneer ookal ek faktor integrasie doen, hou ek altyd daarvan om aan te neem
  • 1:49 - 1:51
    dat hierdie g aksent van x is.
  • 1:51 - 1:54
    Dat e tot die x g aksent van x is, omdat e tot die x
  • 1:54 - 1:55
    letterlik nie verander nie.
  • 1:55 - 1:59
    Hoewel, ons sou hierdie probleem anders om kon doen.
  • 1:59 - 2:01
    Dalk sal ek eksperimenteer om dit anders om te doen,
  • 2:01 - 2:03
    maar kom ons neem aan hierdie is g aksent van x, en kom ons
  • 2:03 - 2:06
    neem aan hierdie is f van x.
  • 2:06 - 2:08
    So hierdie is 'n afgeleide.
  • 2:08 - 2:11
    So faktor integrasie, neem ons die oorspronklike funksies,
  • 2:11 - 2:14
    g van x en f van x.
  • 2:14 - 2:17
    As hierdie g aksent van x is, wat is g van x.
  • 2:17 - 2:20
    Wat is die anti-afgeleide van e tot die x?
  • 2:20 - 2:21
    Dis net e tot die x.
  • 2:21 - 2:23
    Ek gaan kleure ruil, ek hou nie van hierdie blou nie.
  • 2:23 - 2:27
    So hierdie is g van x.
  • 2:27 - 2:29
    Ek het eintlik net die anti-afgeleide hiervan geneem, maar
  • 2:29 - 2:31
    dis dieselfde ding.
  • 2:31 - 2:35
    En dan maal f van x.
  • 2:35 - 2:41
    Dan wil ek die onbepaalde integraal van
  • 2:41 - 2:46
    f aksent van x aftrek.
  • 2:46 - 2:48
    Een, g van x.
  • 2:48 - 2:51
    ...
  • 2:51 - 2:54
    Hierdie is dieselfde ding as hierdie, waarvan albei die anti-afgeleide is
  • 2:54 - 2:56
    hiervan, alhoewel hulle dieselfde is.
  • 2:56 - 3:02
    So hierdie is g van x, en dan sou ek die afgeleide
  • 3:02 - 3:04
    wou neem van f van x, f aksent van x.
  • 3:04 - 3:06
    Wat is die afgeleide van cos van x?
  • 3:06 - 3:08
    Dis minus sin van x.
  • 3:08 - 3:13
    So sin van x dx, dis minus sin van x.
  • 3:13 - 3:15
    Ek kon die minus hier sit, dit sal dit laat morsig lyk, ek
  • 3:15 - 3:17
    kan die minus hier sit, wat dit morsig maak, of ek
  • 3:17 - 3:19
    kan net die minus hier sit en hierdie minusse laat uit
  • 3:19 - 3:21
    kanselleer en dan kry ek hier 'n plus.
  • 3:21 - 3:25
    So ek kry die integraal van e tot die x cos van x dx is gelyk
  • 3:25 - 3:30
    aan e tot die x cos van x plus die integraal van e tot
  • 3:30 - 3:33
    die x sin van x dx.
  • 3:33 - 3:34
    Hopelik het ek jou nie te deurmekaar gemaak nie.
  • 3:34 - 3:36
    Ek moet eintlik 'n paar faktor integrasie probleme
  • 3:36 - 3:37
    doen sonder e tot die x.
  • 3:37 - 3:40
    Dis baie moeilik om tred te hou van wat ek hier gedoen het.
  • 3:40 - 3:41
    Hierdie is die anti-afgeleide.
  • 3:41 - 3:45
    ...
  • 3:45 - 3:47
    Hierdie is die anti-afgeleide, en hierdie is ook die
  • 3:47 - 3:48
    anti-afgeleide.
  • 3:48 - 3:51
    Hierdie is g aksent van x, hierdie is g van x.
  • 3:51 - 3:56
    ...
  • 3:56 - 3:59
    So weereens is dit nie vir ons duidelik of ons
  • 3:59 - 4:00
    enige vordering gemaak het nie.
  • 4:00 - 4:00
    Ons het
  • 4:00 - 4:04
    gegaan van e tot die x cos van x tot e tot die x sin van x.
  • 4:04 - 4:08
    Kom ons neem weer faktor integrasie, en kyk wat gebeur.
  • 4:08 - 4:11
    Ek gaan net skryf op die regter kant van die isgelykaan teken
  • 4:11 - 4:14
    omdat hierdie dalk 'n bietjie lank kan raak.
  • 4:14 - 4:19
    Ek gaan net hierdie eerste deel x tot die x cos
  • 4:19 - 4:24
    van x plus-- en nou doen ons weer faktor integrasie doen.
  • 4:24 - 4:33
    ...
  • 4:33 - 4:35
    Vir hierdie rondte faktor integrasie was hierdie g van x, maar
  • 4:35 - 4:40
    nou, vir hierdie rondte, gaan ek aanneem dis g aksent van x.
  • 4:40 - 4:42
    Wat nie rerig 'n verskil maak nie want wanneer ookal ek
  • 4:42 - 4:44
    die anit-afgeleide neem van g van x, dan bly dit dieselfde.
  • 4:44 - 4:46
    En dan gaan ek aanneem dat hierdie is vir f van x.
  • 4:46 - 4:49
    ...
  • 4:49 - 4:54
    So faktor integrasie vertel ons dat ons f van x maal g van x neem,
  • 4:54 - 4:57
    so ek neem hierdie funksie en die anti-afgeleide van
  • 4:57 - 4:59
    hierdie funksie.
  • 4:59 - 5:02
    Die anti-afgeleide van hierdie funksie is weereens net e
  • 5:02 - 5:07
    tot die x en dan f maal daardie onveranderde funksie
  • 5:07 - 5:10
    maal sin van x.
  • 5:10 - 5:16
    Van dit trek ek die integraal van die anti-afgeleide
  • 5:16 - 5:21
    hiervan, of ek vat g van x wat e tot die x is, en dan
  • 5:21 - 5:24
    die afgeleide van f van x, f aksent van x.
  • 5:24 - 5:26
    Wat is die afgeleide van sin van x?
  • 5:26 - 5:29
    Dis cos van x.
  • 5:29 - 5:32
    Cos van x d van x.
  • 5:32 - 5:33
    Kom ons kyk of kom ons erens.
  • 5:33 - 5:36
    Dit lyk asof ek net terme bysit, en dit
  • 5:36 - 5:37
    al meer en meer ingewikkeld maak.
  • 5:37 - 5:39
    Om te sien of ons iewers uitkom, laat ek net
  • 5:39 - 5:42
    hierdie hele ding herskryf en ontslae raak van hierdie
  • 5:42 - 5:43
    hakies, want dis net a plus, so ons kan
  • 5:43 - 5:44
    ontslae raak van die hakies.
  • 5:44 - 5:48
    ...
  • 5:48 - 5:51
    Kom ons gebruik 'n nuwe kleur.
  • 5:51 - 5:52
    Ok.
  • 5:52 - 6:00
    So hierdie is die oorspronklike probleem, e tot die x cos van x
  • 6:00 - 6:06
    dx gelyk, en nou kan ek terug ruil na die kleur toe, dis
  • 6:06 - 6:12
    gelyk aan e tot die x cos van x, en dan kan ek net-- hierdie
  • 6:12 - 6:14
    hakies maak nie saak nie want ek tel net alles in die
  • 6:14 - 6:19
    hakies op-- e tot die x cos van x plus e tot
  • 6:19 - 6:36
    die x sin van x minus e tot die x cos x dx.
  • 6:36 - 6:38
    Nou dink jy dalk dat ek hierso willekeurig kleure verander het
  • 6:38 - 6:42
    toe ek hierdie herskryf het, maar as jy kyk kan jy dalk
  • 6:42 - 6:46
    sien hoekom ek hier kleure verander het.
  • 6:46 - 6:48
    Sien jy enigeiets interessant?
  • 6:48 - 6:49
    Presies.
  • 6:49 - 6:52
    Hierdie is dieselfde as hierdie, dis net 'n minus, ne?
  • 6:52 - 6:55
    So nou gaan ons iets doen wat ek dink nogal interessant is.
  • 6:55 - 6:59
    Kom ons tel hierdie term by albei kante van die vergelyking.
  • 6:59 - 7:01
    Dan vat ons hierdie en sit dit aan hierdie
  • 7:01 - 7:02
    kant van die vergelyking.
  • 7:02 - 7:04
    As ek hierdie neem en dit aan hierdie kant van die
  • 7:04 - 7:06
    vergelyking sit, wat gebeur?
  • 7:06 - 7:08
    Ek het dan twee van hierdie aan die kant van die vergelyking, sodat
  • 7:08 - 7:16
    hierdie word-- ek bedoel ek kon dit uitskryf dat dit e tot die x cos x
  • 7:16 - 7:19
    van x dx plus, ne?
  • 7:19 - 7:21
    Omdat ek hierdie neem, en dit aan daardie kant van die
  • 7:21 - 7:27
    vergelyking sit, e tot die x cos van x dx.
  • 7:27 - 7:30
    Dis net dieselfde ding as 2 maal die integraal van e
  • 7:30 - 7:35
    tot die x cos van x dx.
  • 7:35 - 7:38
    En dan gelyk aan hierdie term.
  • 7:38 - 7:45
    Wat gelyk is aan e tot die x cos van x plus e tot die x sin van x.
  • 7:45 - 7:47
    Ek weet dis rerig morsig.
  • 7:47 - 7:50
    Al wat ek nou hoef te doen om die integraal op te los
  • 7:50 - 7:53
    is om beide kante te deel deur twee.
  • 7:53 - 7:55
    So laat ek dit uitskryf, hierdie is rerig opwindend, dis
  • 7:55 - 7:57
    die laaste entjie.
  • 7:57 - 8:00
    As ek albei kante deel deur 2, kry ek-- en ek gaan probeer om
  • 8:00 - 8:06
    dit te skryf sodat jy alles kan sien-- e tot die x cos
  • 8:06 - 8:17
    van x dx is gelyk en aan daardie kant het ek e tot die x cos
  • 8:17 - 8:26
    van x plus e tot die x sin van x oor 2.
  • 8:26 - 8:28
    Ek dink dis nogal oulik.
  • 8:28 - 8:32
    Dis oulik hoe faktor integrasie ons toegelaat het om hierdie te neem.
  • 8:32 - 8:34
    Ons het nooit eers nodig gehad om hierdie integraal te evalueer nie.
  • 8:34 - 8:36
    Ons het gese hierdie integraal is net weer die oorspronklike probleem.
  • 8:36 - 8:38
    En jy kan dink oor hoekom dit gebeur het, ne?
  • 8:38 - 8:40
    Om hierdie truuk funksies in 'n siklus werk.
  • 8:40 - 8:42
    So ons moes faktor integrasie twee maal doen om terug te kom
  • 8:42 - 8:44
    tot waar ons begin het.
  • 8:44 - 8:50
    En toe moes ons dit gebruik om dit op te los sonder om die
  • 8:50 - 8:51
    integraal te hoef te evalueer.
  • 8:51 - 8:54
    En wat ek ook dink interessant is is dat al kyk jy net
  • 8:54 - 8:57
    na hierdie oplossing, dis nogal oulik, ne?
  • 8:57 - 9:01
    Die anti-afgeleide van e tot die x en-- eintlik, moet nooit
  • 9:01 - 9:06
    die plus C vergeet nie, dit sou vir my minus 1 punt gegee het in 'n eksamen.
  • 9:06 - 9:08
    Wat nogal oulik is, die integraal van e tot die x cos
  • 9:08 - 9:13
    van x is hierdie uitdrukking wat e tot die x cos van x plus e
  • 9:13 - 9:15
    tot die x sin van x gedeel deur 2 is.
  • 9:15 - 9:20
    Dis die gemiddeld van e tot die x cos van x en
  • 9:20 - 9:21
    e tot die x sin van x.
  • 9:21 - 9:25
    Ek dink dis nogal 'n oulike eienskap en jy wil dalk
  • 9:25 - 9:30
    dit skets en daarmee speel, maar dis nogal oulik.
  • 9:30 - 9:34
    Hopelik het ek jou oortuig dat hierdie 'n klassieke probleem is,
  • 9:34 - 9:37
    en dat jy ook dit oulik vind, en dan sien ek jou weer in die
  • 9:37 - 9:39
    volgende voorlegging.
  • 9:39 - 9:39
    ...
Title:
Integrasie (deel 7)
Description:

Nog 'n voorbeeld van faktor integrasie.

more » « less
Video Language:
English
Duration:
09:38
vvhekke added a translation Sep 12, 2012, 12:01 PM

Afrikaans subtitles

Revisions